Swaar strawwe vir vier wat bejaarde vermoor

Marie Verwey. (Foto: verskaf)

Die 81-jarige Marie Verwey, wat in Februarie 2017 in haar gastehuis in Paradyskloof in Stellenbosch beroof en vermoor is, se vier moordenaars is swaar strawwe opgelê.

Nicolize Geldenhuys, Jerome Hendricks, Enrico Malherbe en Andre Coetzee is kort ná Verwey se moord in hegtenis geneem. Geldenhuys het vantevore as ʼn versorger vir die Verwey-egpaar gewerk en Hendricks was haar vriend.

ʼn Buurman het op Verwey se liggaam afgekom toe die huishulp, Emily Julius, huis toe gebel het en daar geen antwoord was nie. “Hulle het haar gekry op die stoel waar sy altyd in die sitkamer gesit het. Sy het veelvuldige steekwonde opgedoen,” het Francois Verwey, Marie se seun, destyds gesê.

Sy is uiteindelik meer as 60 keer met ʼn skerp voorwerp in die Villa Merwe-gastehuis gesteek.

“My ma was ʼn baie mooi en goed versorgde vrou met die sagste geaardheid wat altyd gesê het sy wil in vrede leef met haar naaste. My ma was ook ʼn baie goeie sakevrou en het haar gastehuis baie suksesvol opgebou. Ons sal haar altyd onthou as ʼn ware dame met ʼn sagte gees wat die Here gedien het en baie geliefd was onder haar vriende en die gemeenskap. My ma was 80 jaar oud en moes met ʼn loopraam loop en was totaal weerloos,” het Francois gesê.

Die hooggeregshof in Kaapstad het Geldenhuys, die baasbrein, lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Verwey en 15 jaar tronkstraf vir gewapende roof. Hendricks het 28 jaar tronkstraf gekry vir moord en 12 jaar vir gewapende roof.

Malherbe en Coetzee het elk 23 jaar tronkstraf gekry vir moord en 12 jaar tronkstraf elk vir gewapende roof.

Die Wes-Kaapse polisie het die ondersoekers in die saak bedank vir hulle toewyding om te verseker die vier word gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarel ·

Die bykomende von is word aaneenlopend uitgedien. Dit is wat ‘n lewe werd is . Misdadigers se lewe is meer werd want hulle word vir volgende jare deur die Staat versorg .

willem Botha ·

Die tronke is tans 150% vol so hoe lank is lang strawwe?

Johann ·

n Saggeaarde, vredeliewiende dame van 81 jaar is op n wrede manier uit die samelewing geruk en 28 jaar word ‘n swaar straf genoem??? Belaglik.
Die straf moet by die oortreding pas. Bring die doodstraf terug. Hulle moet in die openbaar gehang word om stadig te verwurg.

Rooi Jan ·

Ek neem aan dit was n tong in die kies opmerking, want foto’s van die 4 is wyd deur die media geplaas?

TN ·

Wat het kleur met die moord te doen ? Hulle is almal gekleurd maar herinner ons bietjie watter kleur is Peckham , Van Breda , Steenkamp , Steyn en vele ander . Hou op om alles deur ‘n kleur-bril te sien ___ bou eerder op as om gedurig af te breek en rassehaat aan te blaas ! Daar is goed EN sleg in ALLE rassegroepe !

Alida Engelbrecht ·

SA sal meer tronke moet bou. Ons sit met der duisende misdadigers wat oor ons grense die land binnestroom. Net soos ons land n tekort het aan werk en huise, is daar ook n tekort aan tronke.

Hetta ·

My pa is ook vermoor. Daai ou het net 16 jaar gekry. Maar gelukkig het hy die volle tyd gesit want dit was ook maar sy aard om moeilikheid te maak.

Leon pit ·

Hang hulle op glo my daar sal baie oop plekke in die tronke wees.

SjN ·

Lewer hul uit aan die gemeenskap, die gereg is nie meer n afskrikmiddel

Anton Smith ·

So word die inwoners van SA afgemaai van n kant!!Skandalig dat n eerbare vooraanstaande vrou vermoor word sonder ENIGE rede!!! SA has become a place of tragedy!!!

Michael P ·

Maak nie saak wat die strawwe is nie. dit sal nie die tannie terug bring nie. En dit laat n famielie net in erge pyn agter. Om so n weerlose persoon te vermoor moet jy seker n MAL mens wees.

Jax ·

Die gemors! Hang hulle op en los hulle daar vir die gemeenskap en die aas-voëls!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.