Swaar vonnis ná moord op kleinhoewe

Dries Nieuwoudt (Foto: Verskaf)

Byna drie jaar nadat Dries Nieuwoudt en sy vrou, Mariana, kort voor Kersfees op hul kleinhoewe naby Hammanskraal oorrompel is in ’n aanval wat Dries se lewe geëis het, is hul aanvallers swaar gevonnis.

Lawrence Makhubela is Vrydag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Dries, sewe jaar vir poging tot moord op Mariana, asook 15 jaar tronkstraf vir roof, nog vyf jaar vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie.

Sy makkers, Jacob Maponyane en Cornelius Makatu, is op hul beurt lewenslank tronk toe gestuur vir moord, sewe jaar vir poging tot moord en 15 jaar vir roof.

Die drie was op parool tydens die aanval.

Maroela Media het destyds berig Dries en Mariana is op Maandag 21 Desember 2020 op hul plaas naby Hammanskraal aangeval. Hulle is egter eers die Woensdag te hulp gesnel nadat Mariana die deur van die badkamer waarin sy toegesluit was, kon oopbreek en hulp ontbied.

Dries het kort daarna gesterf.

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê die burgerregteorganisasie is dankbaar vir die deeglike ondersoekwerk wat tot die vonnisoplegging gelei het, “veral vir die plaaslike veiligheidstrukture wat paraat opgetree het ná die aanval”.

AfriForum het familielede van die Nieuwoudt-egpaar vandeesweek in die hof ondersteun.

“Hoewel niks die leemte kan vul wat die verlies van ’n geliefde onder sulke omstandighede laat nie, hoop ons dat die Nieuwoudt-familie hul pad van genesing nou kan aanpak, wetende dat die drie moordenaars vir lank agter tralies gaan sit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KatjieDeKat ·

Die drie was op parool tydens die aanval..ek kan slange vang as ek so iets lees!!

Waarnemer ·

Hoe lank is lewenslank in ons land?3 dae 3 weke of 3 maande dan kry hulle mediese parool…..vergelyk schabir shaik en jakop zoema.

Sarel ·

Im SA word Vonisse gelyklopend uitgedien en dit
Speel nie rol wanneer due Misdadiger kwalifiseer vir Parool nie.
Goeie voorbeeld is vonnis van 75 jr…Parool.na 15jr

Marina ·

Uit op parool??? Dagvaar die wit waks uit wie ook al parool toegestaan het.

SomeOne ·

lyk my die staat het halfpad wakker geskrik, moes al lankal sulke swaar vonnisse gegee het

Jannie van Niekerk ·

Die straf is te lig. Poging tot moord moes ook lewesnlank gewees het en die vonnisse moet AFSDONDERLIK uitegedien word m.a.w. as die eerste lewenslange vonnis na 15 jaar vir parool in aanmerking kom moet die tweede lewenslange vonnis miv van dag een af weer inwerking tree. Verder moet hulle alle vorme van menseregte soos bv familie besoeke en voorregte in die tronk ontsê word.

Harley Davidson ·

Swaar vonnis is waar jy lewenslank sonder parool kry of die doodstraf soos die geval in eerste wêreld lande vir ernstige oortredinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.