Swemmer Cameron van der Burgh kondig uittrede aan

Cameron van der Burgh (Foto: Cameron van der Burgh/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese gouemedalje-swemmer Cameron van der Burgh het Woensdag sy uittrede uit dié sport aangekondig.

Die 30-jarige het onverwags die aankondiging gemaak ná hy Woensdag die 100 m-borsslag by die Fina-wêreldkampioenskap in Hangzhou, China, gewen het. “Dis ongelooflik om te dink ek was ʼn jong seuntjie met baie drome. Dit was ongelooflik om daardie drome te vervul, maar vandag kondig ek my uittrede aan,” het hy gesê. “Ek is baie tevrede met die uitslag van my laaste deelname. Ek het vanaand hier in Hangzhou die 100 m- gouemedalje gewen en ek voel baie geseënd om hier in hierdie vertrek te wees saam met my familie en afrigter.”

Hy het elkeen bedank wat deel was van sy swemloopbaan.

“2018 was ongetwyfeld die beste jaar van my lewe. Ek is met my pragtige vrou getroud, wat ook hier in die vertrek is; en die gouemedalje by die Statebondspele was ook ʼn hoogtepunt. Ek het egter ook begin beplan aan my toekoms en wat ek dink volgende op my wag. Swem het vir my ʼn wegspringplek gegee vir die res van my loopbaan.”

Van der Burgh het gesê hy het in Londen begin werk aan ʼn privaat verskansingsfonds. “Die opwinding is soortgelyk as wanneer ek aan ʼn kompetisie deelneem. Swem het vir my die platform gegee wat ek vir die res van my lewe gaan nodig hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Verblyfreg gekry omdat hy kan swem? Dan beter àlle Suid Afrikaners nou leer swem!

Jem ·

Cameron alle voorspoed vir jou en jou families in die toekoms. Baie dankie vir alles wat jy vir Suid-Afrika gedoen het.

NEEE WAT ·

@Cherokee
As jy soos hy kan swem verdien jy die verblyfreg. Swem is een van die sporte wat SA in die kollig hou, kyk maar by die olimpiese spele? Maar ook een van die sportsoorte wat meeste afgeskeep word wanner dit kom by borgskappe. My dogter swem op Nationale vlak, so ek weet waarvan ek praat – en by dit is swem ook een van jou duurste sportsoorte!

Gaitsigubib ·

Soos altyd is my vriend Cherokee reg. My kinders swem ook. As dit God se wil is sal hulle ook eendag hierdie opsie he. Ek sal hulle met my laaste geld nog op die vliegtuig laai ook (my vrou kan ook maar gaan is dinge te rof raak), maar ek gaan nie saam nie. Cherokee hou die braaivleis op die vuur ek kom kuier!

Smirre ·

Daar is swimmers en non-swimmers. Cameron is definetief ‘n swimmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.