Talle vrae ná peperduur kontrak vir tenderpreneur met ‘EFF-bande’

Die brandstofkontrak is nagenoeg R500 miljoen werd. (Foto: Markus Spiske/Unsplash)

Die VF Plus sê hy steun Tshwane-burgemeester Stevens Mokgalapa se besluit om ʼn brandstoftender van die stad, waaruit EFF-lede glo voordeel getrek het, te laat ondersoek.

Die ondersoekende joernalistieke eenheid amaBhungane het vroeër berig daar is bewyse dat sommige EFF-leiers beweerde gunste en gawes kry in stede waar die party ná die 2016- munisipale verkiesing as sogenaamde koningsalwers na vore getree het.

Die omstrede brandstoftender in Tshwane is glo een só ʼn voorbeeld. amaBhungane het berig die Tshwane-metroraad het in Januarie vanjaar ʼn tender van R500 miljoen toegeken om die stad vir drie jaar van brandstof te voorsien. Een van die begunstigdes, Hendrick Kganyago – wat volgens amaBhungane nié die tender moes kry nie omdat sy pryse te hoog was – het daarna glo ʼn halfmiljoen rand in die rekening van ʼn frontmaatskappy van EFF-leier Julius Malema betaal.

Dit het gevolg op ʼn betaling sewe maande tevore, toe Kganyago glo ook R250 000 in dieselfde rekening betaal het. ʼn Paar dae later is nog twee betalings gedoen: R500 000 aan die Malema-maatskappy en R1 miljoen aan ʼn maatskappy met bande met Marshall Dlamini, ʼn EFF-LP, sentrale bevelslid en sogenaamde “fixer”.

EFF-leier, Julius Malema. (Foto: Itumeleng English/ANA)

amaBhungane het berig toe die munisipaliteit die tender aan die einde van Januarie vanjaar wél aan Kganyago se maatskappy, Balimi Barui Trading, asook twee ander bieërs toegeken het, het hy en sy maatskappye reeds meer as R5 miljoen aan elk van die Malema- en Dlamini-maatskappye betaal.

Maar nog is het einde niet. Kganyago se wins het ingerol, superwins, omdat die stad glo ʼn berekeningsfout gemaak het, het die eenheid berig. Kganyago het glo ook voortgegaan om albei maatskappye, asook ʼn tweede Malema-maatskappy te betaal. Teen die einde van Augustus het die bedrag glo reeds sowat R15 miljoen beloop.

Die Tshwane-metroraad het vandeesweek erken hy het BBT en twee ander verskaffers aansienlik meer betaal as wat hy moes, maar ontken dat hy met die verskaffers saamgespan het. Die stad het ook gesê daar was tot dusver geen bewyse dat die toekenning van die tender aan BBT onregmatig was nie.

Die burgemeester het beveel dat die munisipale bestuurder, Moeketsi Ntsimane, ʼn ondersoek begin om vas te stel of BBT die geskikste kandidaat was, watter proses gevolg is om die finale pryse vas te stel, asook of daar enige inmenging deur senior stadsamptenare in die toekenning van die tender was.

Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van die Tshwane-metroraad se rekeningekomitee, het gesê die party dring ook aan op ʼn forensiese ondersoek na die tender, gelei deur ʼn onafhanklike forensiese ouditeur.

“Die VF Plus sal die forensiese verslag verwys na die metroraad se komitee oor openbare rekeninge om sodoende behoorlike oorsig daaroor uit te oefen,” het Erasmus gesê.

Volgens hom het die Tshwane-metro vantevore al met BBT sake gedoen vir die verskaffing van ʼn verskeidenheid dienste en die party oorweeg dit om ook dié tenders deur die komitee oor openbare rekeninge te laat ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries Moolman ·

Goeie een! Ek dink daardie ‘term’ moet sommer vinnig baie bekend en gewild raak, want dit is ‘n REALITEIT, al baie lank.

Ja swaer ·

Uhmm, aan die DA stadsraad (nou meer korrup as hulle voorgangers): die R15m wat betaal is aan Malema en sy trawante is bewys genoeg. Hy hou julle aan bewind en julle sorg vir sy melkkoei. Die FIC behoort die ganse DA stadsraad topstruktuur se bankrekenings en bates te bekyk en leefstyl oudits te doen

koos ·

Ek het dit oor die Wonderboom Lughawe ook gesê en sal dit weer en weer herhaal.
Die DA is nie bevoeg om te regeer nie! Hulle het baie oor alles te sê maar geen aksies nie.
Eers was die verskoning in Pretoria dat hulle voete moes vind, toe dat die ANC werkers hulle teenwerk, toe dat dit tyd vat want Pretoria is bankrot.
Die DA kan een ding baie goed doen, verkonings soek.

Deon ·

Ek woon in Pretoria en besef ook dat die metro bankkrot is. Notas wat beweer jy skuld hulle duidende rande vir “service levies” word aan jou hek vasgeplak sonder enige detail. En dìt terwyl jy jou rekening ten volle betaal is. Krag meters word vervang sonder waarskuwings en geleentheid om self die finale lesings te neem nie, net om maande later verras te word. Amptenare reageer nie op klagtes nie. DA en VF+ politici is hopeloos en wil nie nie aktief help nie. Nou het Solidariteit so wragtig vir Pretoria verklaar tot hoofankerdorp en wil miljarde rande hier belê. Wit mense wat hiernatoe gaan verhuis vir ‘n veilige hawe gaan erg teleurgestel word. Julle gaan op jul eie wees.

JohanR ·

My gooiste maar die EFF lewe darem lekker. Waaneer gaan hulle begin om vir die arms van die armste te sorg? Hulle het ook behoeftes aan Louis Vutton en Rolex! Die DA in Pretoria is ook maar pateties….

Pieter ·

En die DA het kamstig van niks geweet nie wat dink die spesie van ons hulle is bang vir malema want as hulle iets se dan gaan die eff hulle nie weer help nie die land is n grap die DA is besig om baie kiesers af te staan aan die VF+

Arak ·

En so vermeerder ons erfbelasting konstant, die dienste verswak, maar niemand staan op vir die belastingbetaler nie.

koos ·

En vullisverweidering wat met 117% verhoog het. Ek het dit op MM genoem, vir die VF+ en OUTA gerapporteer, maar lyk my niemand is bereid om dit aan die groot klok te hang nie.

daleen ·

Pateties verby !!! Goeie leermeesters gehad in die ANC, nou kan hulle (DA) daarop verbeter

Deon ·

Die volgende bom wat gaan ontplof in die metro is die optiese veselkabel projek. Dit moet miljarde rande kos en die publiek bly in die duister. Die projek word deur amateurs bestuur. Kabels word bo-oor waterpype geplaas. Sodra ‘n waterpyp bars is die koppelings onder water en moet vervang word. Tariewe vir die diens sal een van die dae gehef word, of jy dit gebruik of nie.

humor ·

Groot geluk aan die F V + ry hulle. Ons hoop hier kom vervolging en straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.