Kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, het gesê die taxibestuurder se beursie met kontant in, is in die taxi gevind en die radio is gesteel. Themba Halalisani Zondi is Vrydagaand die laaste keer deur sy werkgewer gesien.
“Taxibestuurders het later gesien Zondi se taxi staan in Elias Motswaledi-weg langs die Dobsonville-vulstasie. Sy lyk is in die passasiersitplek aangetref,” het Khoza gesê.
“Al wat gevat is, is die taxi se radio. Sy beursie was op die sitplek en geen kontant is gevat nie.” Volgens Khoza word daar vermoed dat Zondi Vrydagaand of Saterdagoggend vroeg vermoor is.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
As ek en jy verskil dan maak ek jou dood, so eenvoudig is dit.