Thabi Leoka se kwalifikasiedrama ‘vermybaar’

Die ekonoom Thabi Leoka. (Foto: Facebook)

Die ongunstige posisie waarin die bekende ekonoom Thabi Leoka haar nou bevind, was volgens kenners haar eie toedoen, maar is ook iets wat vermy kon word as die betrokke ondernemings die nodige omsigtigheid toegepas het.

Die bewerings dat Leoka nié oor ʼn doktorsgraad in ekonomie beskik soos sy talle laat glo het nie, het vrae laat ontstaan oor die verskeie direksies en ondernemings wat versuim het om haar kwalifikasies behoorlik na te gaan.

Die reputasiekenner Regine le Roux sê dit behoort standaardpraktyk te wees om ʼn gesertifiseerde afskrif van jou kwalifikasies in te dien as ʼn standaardvereiste vir enige pos, veral vir ʼn direkteur van groot ondernemings soos MTN Suid-Afrika en Anglo American Platinum.

“Dit plaas ʼn groot vraagteken oor al hierdie groot ondernemings se bestuurstrukture en uiteindelik hul reputasie,” sê sy.

“Dit lei my ook tot ʼn ander vraag: Watter ander omsigtigheidsprosesse word nie gevolg nie? Al die ondernemings wat Leoka aangestel het, sonder die nodige ondersoek na haar kwalifikasies of verwysings, moet oor die kole gehaal word.”

Leoka het onlangs haar bedanking by talle ondernemings ingedien, en selfs die president het haar uit sy adviesraad gepos oor verdoemende bewerings dat sy nie ʼn doktorsgraad aan die London School of Economics verwerf het nie.

Le Roux sê dit het nou onlangs onder haar aandag gekom dat nie alle posisies, soos dié van die presidensiële ekonomiese adviesraad, enige soort omsigtigheidsprosesse benodig nie.

“Dit is na my mening problematies. As dit maklik genoeg is om oor kwalifikasies te lieg, waaroor word nog gelieg?”

Volgens Le Roux is daar wel ʼn goeie ding wat uit dié omstrede situasie gekom het, en dit is dat die kollig op ondernemings val wat nie behoorlike omsigtigheid toepas wanneer dit kom by aanstellings in belangrike posisies nie.

“Hopelik moedig dit nou alle ondernemings aan om strenger bestuursprosesse oor alle sfere van hul organisasies te hersien en te implementeer om etiese entiteite te bou waarmee mense sake wil doen,” sê sy.

“Dit sal terselfdertyd ook alle betrokkenes hul aansien laat behou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KB ·

ʼn Leuen is ʼn leuen. Dit is niks anders as bedrog nie. Verwyder derglike oortreders summier uit die poste, en straf hulle ordentlik.

Delia ·

Jinne, wanneer gaan die bedrog en korrupsie stop….onder alle rasse. Wat het van die mensdom geword?

Wielspore ·

Thabi Leoka moet dan die salarisse wat sy verdien het terug betaal omdat wat sy gedoen het onder valse voorwendsel was.

Wondermaarnet ·

Die meerderheid het nie die kwalifikasies nie, maar sit in top posisies. Daar is baie mense wat dokumente kan sertifiseer, dus kan dit nie aanvaar word nie. Die kwalifikasies moet verifieer word by die instansie waar die persoon dit verwerf het.

Yvonne ·

Hoe leef n mens n leuen……dan is die verwagting daar dat jy daarmee gaan weg kom…as ek kyk hoe lyk ons land…dan is dit die tesultaat!!

Jasper ·

Die Association of National Corruption regering het die lieg en bedrieg kultuur oor 30 jaar geskep in die land deur die voorbeeld te stel vir die res van die samelewing.

Manie ·

Besighede is skrikkerig om behoorlike kwalifikasie ondersoeke van nuwe SEB werknemers te doen, want dan word hulle weer van rassisme en diskriminasie beskuldig. Wanneer sulke werkers uitgevang word, gee hulle net stilletjies pad sonder enige gevolge of vervolging vir wanvoorstelling of bedrog.

Danie ·

Die groot probleem is employment equity en BEE. Swart vroue is die hoogste op die telbord, en daar is bitter min met hoë kwalifikasies….. Dus, wanneer een verbykom val al wat ‘n groot maatskappy is oor hul voete om hulle op te raap. Met bewys van kwalifikasies of nie, netnou word die betrokke persoon in die gesig gevat en gaan na die volgende maatskappy. Die stelsel is siek, en groot besighede buig agteroor om tog net nie teen die regering te wees nie. Dis tyd dat hulle hul rûe styf maak en die regering teenstaan.

Busy Body ·

Gaan doen asb ondersoek na die top bestuur poste by staatsdepartemente ook
Daar gaan dit beslis oor wie jy ken, wie jou gunsies skuld ens. Oja en vrouens wat swanger raak tydens verhouding met die “base” – hul word bevorder instede van onderhoud. Aag ek kan boeke skryf oor die tipe korrupsie. Jy kom nerens deur sake te maak of te appelleer nie. SIEK!

domheks ·

Wat ‘n swak rapport vir die mense se ‘MENSLIKE HULPBRONNE’ (HR)- afdeling! Hulle het beslis nie hulle werk gedoen nie.

Papsak ·

Wel nie een van hulle soort kan hulle werk doen nie hulle almal onbevoeg maar ons sit almal in hoe poste en verdien sakke vol geld maar dom soos grond klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.