Top-advokaat gaan De Ruyter ondersoek

André de Ruyter. (Foto: ANA)

Die senior advokaat Ishmael Semenya is aangestel om die bewerings van rassisme teen Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, te ondersoek.

Die kragvoorsiener het Donderdag in ’n verklaring gesê sy direkteure het versoek dat Semenya die onafhanklike ondersoek na die bewerings teen De Ruyter doen. Semenya het ingestem en sal na afloop van die ondersoek sy bevindige en aanbevelings so gou as moontlik bekend maak.

Semenya is ook versoek om aanbevelings te doen oor hoe die raad behoort op te tree teenoor enige spesifieke individue, indien daar enige ongerymdhede gedurende die ondersoek aan die lig kom.

Luidens die verklaring staan dit Semenya vry om enige dokumente van Eskom aan te vra en te ontvang. Hy is ook gemagtig om enige getuies te raadpleeg wat as relevant en nodig geag word vir die doeleindes van die ondersoek.

“Die direksie versoek dat Semenya ruimte gegee word om die ondersoek ongehinderd uit te voer en die ondersoek te voltooi sodat hy die verslag so spoedig moontlik bekend kan maak.”

Maroela Media het vroeër berig De Ruyter word daarvan beskuldig dat hy van swart verskaffers wil ontslae raak ten gunste van wit ondernemings.

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het vroeër vandeesmaand ook aangekondig hy gaan ʼn ondersoek doen na “baie ernstige bewerings” teen De Ruyter. Dít nadat Solly Tshitangano, Eskom se nou geskorste hoofverkrygingsbeampte, sekere bewerings teen De Ruyter en ander senior Eskom-amptenare in ʼn brief aan die komitee gemaak het.

De Ruyter is in Januarie verlede jaar as uitvoerende hoof by die beleërde kragvoorsiener aangestel. Hy was voorheen onder meer die uitvoerende hoof van die verpakkingsmaatskappy Nampak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

twaalfboor ·

Jip. Mens kan net ń bewering maak, dan word daar ń ondersoek geloots as jou vel wit is.

Marius ·

Dit is belaglik om die minste te se . Net nog n ondersoek om n ondersoek te doen op n ondersoekende kader wat ondersoek instel op n ondersoek na n ondersoek en word alles en almal ondersoek om vas te stel die ondersoek het meer geld gekos en niks is gekry met die ondersoek nie . Siestog .

Phillip ·

De Ruyter is te wit vir eskom toe hy aangestel is het ons gese hoe lank gaan hy hoof wees en daar val hulle hom aan . Hoop maar hy wen die aantuigengs teen hom en gee Eskom n bloed nues

Sarel ·

Gexkorste amptenaar gryp na Rassisme.dn sois gewoonlik.vzl almal daar oor.. . Hoekom.nie gewag
Tot die geskorste amptenaar se saak ondersoek.en afgehandel.is nie.
Ondersork hang baie af vz integriteit en Vry van Politieke
Inmenging wat baie skaars is. Sien ook EFF se hand hierin

AJ ·

Absoluut belaglik. Hierdie land in vol mense wat aan n minderwaardigheids kompleks lei…

Snowball ·

Ek sien Julius haat ook v De Ruyter – dit sê alles.
Die man ry die people se planne om vinnig ryk te word in die wiele.

Mariana ·

Nou ja De Ruyter moet dan seker maar sy goedjies bymekaar maak. Hy was nooit welkom nie en nou gaan hulle rede soek om van hom ontslae te raak en ook heel waarskynlik kry.

Estelle ·

Mnr de Ruyter, ek bid elke dag vir jou en Jan Oberholzer. ” no weapon formed against you shall prosper”. Ons weet hoekom jul uitgewerk moet word. Daar kan seker nie korrupsie plaasvind terwyl jul daar is nie. Ek hou aan bid vir jul. Ons Vader sien die ongeregtigheid.

Matilda ·

Gaan dit oor WIT ondernemings of SWART ondernemings of gaan dit OOR WIE DIE WERK KAN DOEN?

Heinrich ·

Klink vir my na ‘n voorbedagte heksejag. Ek dink hy is besig om die korruptes se trog-orgie te bedreig en dit moet nou ten alle koste gestop word. Te hel met die land, kom ons skree eerder net ‘Rassisme! sodat die geplunder voort kan gaan.

Yolandie ·

Heinrich ek dink jy slaan die spiker so op sy kop. Die man is ‘n skoon besem wat Eskom koste effektief wil bestuur……gegewe die toestand waarin die instansie was en is. Die korrupsie wat daar plaasvind moet aan die lig gebring word. …….en net miskien is dit hoekom hulle van de Ruyter wil ontslae raak. Die man lyk nie vir my na ‘n pu wat nie “by the book” sal wees nie. So ons kyk maar wat gebeur.

Nell ·

Ons het mos van meet af aan geweet hulle gaan hom op die een of ander manier daar weg werk.

Jacobus ·

Jip, niks mag in die pad staan van kader fondsinsameling.
Totaal voorspelbaar! Skandelik sou ek sê!

Vernon ·

Hulle sal altyd aan n minderwaardigheids kompleks lei,want hulle weet hulle kan nie doen wat hy doen nie. Sterkte aan hom. Hulle sal miljarde spandeer om hom uit te skop,i.p.v. om die geld te spandeer op die regte plekke.

Willem ·

Hoeveel miljoene gaan die storie nou weer koscen wie gaan dit betaal,die arme kerel was van die begin af te wit en hulle het nou ń lat gekry om hom meer te slaan

Jaco ·

As jy in 2020 in dié anti-wit SA ‘n top pos by ‘n staatsinstelling aangebied word, MOENIE dit vat nie. Al die dophouery en allerhande rasgebaseerde beskuldigings is net te veel stres en probleme. Ek bly maar net ‘n gewone werker. Die geld is minder, maar eks sonder die stres en worry van my wit kollegas wat met groot fanfare nogal die bevordering na bestuursposte aanvaar het. Een is klaar weg.

quin ·

Mnr De Ruyter, as jy die boodskap lees..gee jou bedanking in en verlaat Eskom..die goed is belaglik, moenie laat jy verder verneder word nie, los hulle, dat hulle kan aanhou met waarmee hulle besig is. Quin

katerinadiekat ·

Ek verstaan jou punt, maar as hy Nou bedank gaan dit lyk of hy skuldig is. Hy sal hierdie nou maar moet deursien.

quin ·

ja dit is miskien so..maar hy kan dieselfde tricks as hulle try, hy bedank omdat daar teenoor hom gediskrimineer word, en agv rasisme teenoor hom omdat hy wit is..stilbly is partkeer goed..maar somtyds moet n mens praat.

Piet ·

As ons gelees het oor hoe die ANC hom “loof” oor sy werk was daar groter probleme. Ons weet mos waarvan hulle hou

Johanna ·

Hoe lank gaan hierdie odersoeke neem en hoeveel gasn dit weer die Belastingbetalers kos.

Hierdie is Omgekeerde RASSISME.
HULLE IS RASSISTIES TEEN WIT WERKNEMERS. OMDAT JY WIT IS, MAG JY NIE JOU ANDER KLEURIGE WERKNEMERS DISSIPLINEER NIE.

Pierre ·

n mens moet ook kyk waarvan die beskuldigings kom, die aanklagte is deern afgedankte individu geloots, die regering het so ver agter Mr De Ruyter gestaan en hom verdedig, die ondersoek in my opinie is om die kritiek stil te maak en daardwerklik op te tree teen die wat die aanvalle loots.

Franz ·

Ek was ook aangekla van rassisme en gese ek het n Vrou gevloek,gelukkig het twee swart werknemers ,getuig dat ek glad nie met die betrokke persoon gepraat het nie,anders was ek ook,afgedank,die persoon wat my beskuldig het,skot vry daarvan afgekom.

Porseleintjie ·

Hy vlek korrupsie oop en nou word daar n bordjie om sy nek gehang. Maak nie saak ten koste van wie of wat, maar daar sal hand en tand geveg word vir korrupsie se voortbestaan. De Ruyter is maar een van vele slagoffers van n siek regering.

Pieter J ·

Hulle weet daar is geen ongerymdhede nie nou gebruik hulle rassisme.

Herman ·

Natuurlik gaan die lid be-aam dat daar wel rede is om te glo dat daar n rassistiese daad gepleeg was. Almal weet dit teen die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.