Transnet-werkers amper deur stroom meegesleur

(Foto: Verskaf)

Vyf kontrakwerkers van Transnet het Donderdag ’n noue ontkoming gehad toe die vragmotor waarin hulle was deur sterk waterstrome meegesleur is.

Die werkers wou die brug by die Schuilspruit-dam in Amersfoort, Mpumalanga, oorsteek, toe die waterstrome die vragmotor meegesleur het.

Die polisie, nooddienste en brandweer is omstreeks 08:00 na die toneel ontbied.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, is die vyf werkers, een vrou en vier mans, betyds uit die water gered. Twee van die werkers was binne die vragmotor en drie was bo-op die voertuig se dak.

Etlike ure daarna (om 12:45) het die polisie op ’n ander voorval gereageer waar ’n bakkie in dieselfde dam vasgesit het. Die insittendes was inwoners van Rustenburg wat ook die brug probeer oorsteek het, maar in die moeilikheid beland het.

“Met die swaar en aanhoudende reën in die provinsie, word motoriste en voetgangers weereens daaraan herinner om nie oorstroomde laagwaterbrûe en rivieroewers oor te steek nie,” waarsku Mohlala.

Lt.genl. Semakaleng Daphney, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, sê sy is teleurgesteld dat die gemeenskap nie ag slaan op die polisie se waarskuwings nie.

“Mense dobbel steeds met hul lewens ondanks die feit dat daar al herhaaldelike waarskuwing uitgereik is,” sê Daphney.

Sy raai motoriste aan om eerder belangrike afsprake te herskeduleer eerder as om in gevaarlike weerstoestande te ry en só hul lewens in gevaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marcello ·

Mense luister nie, wees braaf, en stel hul en hul passasiers se lewens in gevaar.

Moedeloos ·

Hoekom is die mensdom so andersom. Jy weet mos water is nie n speelmaat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.