Trein tref motor, 3 beseer

Trein tref voertuig (Foto: Verskaf)

Drie mense is Dinsdagoggend beseer toe ’n trein ’n ligte voertuig by die Jakaroo-kruising in Witbank in Mpumalanga getref het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 10:00 by die toneel aangekom waar hulle die ligte voertuig net langs die treinspoor aangetref het.

Die insittendes van die voertuig, ’n man, ʼn vrou en ʼn tweejarige meisie is buite die voertuig aangetref. Die man en vrou het matige beserings opgedoen terwyl die kind veelvoudige beserings opgedoen het en in ’n kritieke toestand was.

“Hulle is op die toneel behandel waarna hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling,” sê Meiring.

Besonderhede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek tans die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tino ·

Die opskrif is belaglik! Dit impliseer dat die trein drywer roekeloos was en aspris gedraai het om in die kar vas te ry. Die kar het Vryheid van beweging en kon sekerlik die trein vermy. Dus is die kanse op die roekelose bestuur van die voertuig meer waarskynlik, kon niemand hier vra hoekom die kar op die spoor was nie?

Santjie ·

Tino? Ek het nie die opskrif so ervaar nie? Dit is tog logies dat treine nie ‘n flikker kan aansit en draai wanneer hulle wil nie. Dit is dus logies dat die voertuig voor die trein moes inry? Ek dink nie jy het nou gedink oor wat jy hier skryf nie.

Henri ·

Weet julle nog nie. Treine, lamppale ens loop mos vrylik voor voetuie in.

Daniel Pieter Schoeman ·

Hartseer : die drywer van die voertuig moet weer getoets word dit is mos ek is vinniger as die trein hy het nie eers gekyk nie net gery

James ·

Goeie more almal, net n vinnige agter groot van die ongeluk. Die railway crossing is unmanned met geen signal system in plek, dit is ook in n rural area van Witbank. Na die ondersoek klaar gedoen was, is dit bewys dat die voertuig wel n elektrise probleem gehad het en dat die voertuig op die spoor gaan staan het. Die drywer het getry om die voertuig weer te start, toe was daar nog nie n trein in sig nie, die krussing is op n draai in die spoor en is ook soveel in n beboste area. Ongelukig kon die mense nie betyds uit die voertuig uit klim voor die impak. Gelukig was niemand oorlede met die ongeluk, maar daar is wel n kind en n dame beseer in die ongeluk.

Wil ook net by laas Dankie aan al die nooddiens persoonel van ER24 Witbank en Langamed Ambulance Services, Witbank Fire Dept en Traffic Dept so wel as die SACCW responders van die Jackaroo area wat gehelp het met die toneel beveiliging en so aan. Dankie baie vir almal se great werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.