Tronkstraf in net 7% van 2020-plaasmoorde opgelê

Johan Nortjé, navorser by AfriForum. (Foto: Verskaf)

Kommerwekkend min verdagtes word vasgetrek ná ʼn plaasmoord en nóg minder word eindelik skuldig bevind en gevonnis.

In AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, dat minder as die helfte (gemiddeld 47%) van verdagtes in hegtenis geneem word ná ʼn plaasmoord.

Net 33% van die oortreders wat in hegtenis geneem word, word boonop eindelik skuldig bevind en gevonnis. Só is slegs 7% van die 63 plaasmoorde wat in 2020 gepleeg is, uiteindelik suksesvol ondersoek en die oortreder daarvoor gestraf.

AfriForum het die inhegtenisneming van verdagtes en die skuldigbevinding van oortreders met behulp van ʼn oopbron media-analise ondersoek en beoordeel.

Altesame 311 plaasmoorde is tussen 2016 en 2020 deur die burgerregteorganisasie geverifieer.

Na raming het 671 verdagtes aan hierdie moorde deelgeneem, van wie 318 in hegtenis geneem is en net 107 skuldig bevind is.

Vanaf 2016 word al minder verdagtes in plaasmoorde vasgetrek en uiteindelik vervolg. In 2016 is verdagtes in 25% van plaasmoorde eindelik skuldig bevind en in 2020 is verdagtes in net 7% van plaasmoorde suksesvol gevonnis.

“Wanneer moordvoorvalle plaasvind en die skuldiges nie daarvoor in hegtenis geneem en gestraf word nie, sal dieselfde tipe misdade waarskynlik weer deur die skuldiges gepleeg word,” lui die verslag.

Moorde in provinsies

Die Noord-Kaap het die hoogste inhegtenisnemingskoers met 75% van verdagtes wat hier vasgetrek is. Die provinsie vaar egter die slegste wanneer dit by skuldbevindings (11%) kom.

Die Wes-Kaap het die tweede laagste inhegtenisnemingskoers (27%) maar het wel die meeste skuldbevindinges (67%) gegrond op die getal verdagtes wat wel in hegtenis geneem word.

Hoewel KwaZulu-Natal daarin slaag om die meeste van die vermeende aanvallers vas te trek (74%), beloop sy skuldbevindingskoers 39%.

Gauteng se getal inhegtenisnemings is egter die laagste in die hele land met net ʼn 17% sukseskoers. Dié provinsie slaag wel daarin om meer as die helfte van hierdie verdagtes (56%) skuldig te bevind en te vonnis.

Luidens die verslag is daar ʼn aantal redes waarom die hoeveelheid skuldbevindings dikwels laag is.

“Dit sluit in ʼn tekort aan die nodige hulpbronne om skuldigbevindings te verseker, finansiering, opleiding of ʼn gespanne werksverhouding tussen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag.”

Dit wil ook voorkom asof die verdagtes wat nie minstens binne ʼn week van die moord vasgetrek word nie, glad nie deur owerhede opgespoor word nie.

In 2016 het die polisie by vier voorvalle vinnig opgetree en verdagtes dieselfde dag nog in hegtenis geneem. In drie van hierdie voorvalle is die verdagtes binne ʼn jaar skuldig bevind aan moord.

In een geval in 2018 het dit egter meer as drie jaar geneem om eindelik die verdagte skuldig te bevind en te vonnis. Dit ten spyte daarvan dat hy binne ʼn week van die moord in hegtenis geneem is.

Al die skuldigbevindings wat in 2020 verkry is, is binne twee jaar afgehandel. Hierdie verdagtes is ook binne ʼn week vasgetrek.

Johan Nortjé, navorser by AfriForum, sê Suid-Afrikaners beleef ʼn ernstige uitdaging om plaasmoordernaars eindelik tot verantwoording te roep.

Kyk wat sê Nortjé hieroor:

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gideon ·

Wanneer gaan Afriforum besef dat hulle niks voel of worry oor ons nie? Verheerlik Jesus eerder die tyd raak min

Heinrich ·

Ons moet ook opstaan vir wat reg is. Om stil te bly is om goedkeuring te gee aan die aggressor. Gee hulle gas Afriforum. Alles in afhanklikheid van Jesus; hy het tog voorspel hoe dit sal gaan in ons tye..

Clifford ·

Solank ons dit plaasmoorde noem gaan almal dit sien as net nog ‘n moord.

Noem dit by die naam, volksmoord, moord op blanke-Boer.

FC ·

Ja, en noem die velkleur van mense wat gevang word vir moord, roof en oortredings

Pierre ·

in lyn met enige ander misdaad juis die rede dat die land die wild west geword het

George ·

7% is 6% te hoog vir die regering. Ramaposa sit seker en glimlag en kry lekker, almal dink Julius is die grootste rasis, maar guess what. Ramapokker se dit net nie hardop nie, en doen dinge agter af, Julius, hom verwag mens.

piet ·

Hoe vergelyk die syfers met skuldigbevindings en vervolgings van ander moordsake? Net dan sal mens kan sien of plaasmoorde spesifiek minder skuldigbevindings en vervolging kry. As die narratief geskep wil word dat plaasmoorde spesifiek nie die nodige vervolging en skuldigbevinding kry nie, moet dit bewys word anders is hierdie aannames gevaarlik en lei dit tot uitroepe soos “volksmoord” by sommiges.

Andrew ·

So het elke huis, volk, nasie , ras , beroep,persoon n narratief . En elke een pas dit aan om sy saak of situasie te verbeter. En so probeer Afriforum (en so paar miljoen van mede Afrikaners) een vir een mense die lig laat sien rondom plaasmoorde en die impak daarvan.

Swerwer ·

Dit weet ons , maar laat daar nou net 1 wit lansburger optree teenoor die mede landsburgers wat sy grond betree dan word hy toegesluit. Hierdie terrorisme in ons land is daarop uit om terreur te saai onder die blankes.

Miskruier ·

Die dag as die winkels leeg is, sal die vergelding kom.

Papsak ·

Ja hulle sal nie gevang word want dit is wit boere wat ten wreedste dood gemaak word hulle kom weg met alles soos daai fucht up julius malemma daarom sal dit nie stop nie ramaposa sit en kry lekker en lag almal uit hy se mos dit is nie plaas moorde nie nou wat is dit dan anders hulle is almal gemors

Di ·

Wat meer kan mens verwag van KOMMUNISTE! Die wiel draai wel, hulle gaan dit dalk eendag persoonlik voel wanneer iemand na aan hulle vermoor word.

Jannie van Niekerk ·

Die regering, insluitend die President, wil nie teen plaasmmoordenaars optree nie want diep ih hulle harte onderteun hulle dit., Selfs Pres Ramaphosa ontken dat daar iets soos plaasmoorde is. Waar wil jy ‘n gtoter bewys hë? . Daan peuter sommige polisielede wat met die plaasmoordenaars saamwerk nog met DNS bewyse in gevalle waar die saak 100% teen die skuldiges bewys is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.