Tronkstraf vir hoftolk wat dossier vir geld wou laat verdwyn

(Foto: Pixabay)

Victoria Tepo (47), ʼn hoftolk van Noordwes, wat omkoopgeld gevra het om ʼn dossier te laat verdwyn, is Dinsdag in die Lichtenburg-landdroshof tot vier jaar gevangenisstraf vir korrupsie gevonnis.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Tepo en haar medepligtige – wat tydens die verhoor dood is – in Augustus 2016 ʼn bedrag van R5 000 van ʼn klaer gevra om ʼn dossier te laat verdwyn.

Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie het ʼn lokval gestel en dit het tot die vinnige inhegtenisneming van Tepo en haar medepligtige gelei, sê Mamothame.

Tepo is daarna skuldig bevind aan korrupsie en tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Sy moes dus twee jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Genl.maj. Patrick Mbotho, provinsiale hoof van die Valke, en dr. Rachel Makhari, direkteur van openbare vervolging in Noordwes, het die vonnis verwelkom en onderneem dat hul afdeling ferm gaan optree om diegene wat by korrupte bedrywighede betrokke is, te laat boet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stofdonkie ·

Mooi so! Darem een keer wat geregtigheid bietjie geskied. Was dit nou die moeite werd om vir R5,000 jou werk te verloor en 2 jaar in die tronk te gaan sit?

Wondermaarnet ·

Nou gaan sy seker nog die “cheek” hê om te appelleer teen die vonnis ook en seker wegkom met net’n waarskuwing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.