Tshwane-metropolisie: Nie almal steun omkeerplan teen korrupsie

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Tshwane-metropolisie. (Foto: TMPD/Twitter)

Die Tshwane-metro is bekommerd oor interne teenkanting teen nuwe maatreëls om weer dissipline onder lede van die Tshwane-metropolisie te herstel, sê Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid.

Nadat die metropolisie verskeie klagtes ontvang het van korrupsie, uitbuiting en afpersing van motoriste deur TMPD-beamptes, is verskeie interne en eksterne maatreëls aangekondig. Dit het ingesluit ʼn direktief wat motoriste toestemming gee om ʼn metropolisiebeampte se aanstellingsertifikaat te vra en selfs ʼn foto van die beampte of sy of haar voertuig te neem.

Basil Nkhwashu, waarnemende Tshwane-metropolisiehoof, het vroeër ook gesê meer as 50 TMPD-beamptes sal binne die volgende twee maande na verwagting afgedank word weens onder meer bedrog en afpersing.

Nkhwashu het in die brief aan metropolisiebeamptes gesê die eenheid is oorval met klagtes van motoriste wat onder korrupte metropolisiebeamptes deurgeloop het en dat die maatreëls, soos die reg om aan te dring op identifikasie, hieruit spruit.

“Hierdie besluite en maatreëls is gefokus op die versekering van ʼn veilige, etiese en gedissiplineerde werksomgewing tot voordeel van die publiek en die TMPD,” sê Theunissen.

“Hoewel dit nie as ʼn verrassing kom nie, is ek moedeloos weens manifestasies van aktiewe en passiewe weerstand teen hierdie voortdurende pogings deur die waarnemende polisiehoof. Ek sou graag wou sien dat die hele senior bestuur die polisiehoof ondersteun om wangedrag te pak en die beeld van die TMPD en sy lede, wat deur die skelms onder hulle geskend is, te herstel.”

Theunissen is eweneens bekommerd oor bewerings van ʼn smeerveldtog teen die waarnemende polisiehoof waarby die vakbond Samwu se verteenwoordigers glo betrokke is. Dit is optrede wat Theunissen as ʼn “ondersteuning van misdadigheid” beskryf.

“Ek sou verwag dat vakbonde die ingrypings, wat daarop gemik is om hul lede se werksomstandighede en reputasie te verbeter, sou verwelkom en om die stad en die waarnemende polisiehoof konstruktief by hierdie proses te betrek.

“Ongelukkig lyk dit of sommige vakbondverteenwoordigers vasbeslote is om die persepsie te skep en af ​​te dwing dat hulle en hul lede redelik tevrede is met die status quo, tot nadeel van die stad en sy inwoners.”

Theunissen sê ondanks teenkanting uit sommige geledere, gaan die proses voort om die TMPD “skoon te maak”, met die volle ondersteuning van die uitvoerende burgemeester, Cilliers Brink, en die koalisieregering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Perdeby ·

Dit was nog al die jare so, jy as die publiek het die volste reg om ‘n metro of SAPD lid se aanstellingssertifikaat te vra. Weet wat is so verkeerd omtrent dit nie.

SjN ·

Die afduim is verseker n metro poliesman, sy kraantjie is seker nou toegedraai.

Kokerboom ·

Die houding twak moet in kiem gesmoor word en vinnig ook. Die lede werk vir Tshwane belastingbetalers en NIE andersom. Die ANC mentaliteit MOET gestop word!FIFO is van toepassing. Ons moet ons dorpe terugneem!

Nettie ·

Mafia staat. Van bo tot onder. In elke deel van hierdie korrupte, siek land. Kriminele word beskerm, terwyl die burgers in vrees lewe vir die staat of metro wat hulle blykbaar moet beskerm en dien.

Als in hierdie huidige bestel walg my.

Gerhardus ·

The National Road Traffic Act provides for traffic officers to be identifiable and members of the public are entitled to request identification or appointment certificates.

These measures are put in place to guard against abuse of power and corruption.

The Criminal Procedure Act stipulates that an officer who cannot or will not provide such identification is in violation of the Act.

Roek ·

Waarom die negatiewe gesiggie,,, dit is die wet en is daar om ons te beskerm, meskien is die rooi gesiggie een van hulle !

marina ·

Beki Tjele is die ROOI GEVAAR….in sy amp as amptelikke minister van polisie…verskoon spelling…hys die mafia baas van formaat …nog slinker as enige Italianse mafia baas….verwyder die drek …ASB

Frank ·

Besef jy dat “Beki Tjele” en polisie niks met hierdie berig oor metro polisie uit te waai het nie?

Amelia ·

Ek dink ook dit het as dit nie toegelaat is dat persone met kriminele klagtes indiens geneem is nie sou daar dalk minder probleme gewee het

Seef ·

Die misdadigheid en arrogansie ken geen perke nie. Dit is sooo skandalig. Sies.

Jr ·

Mens wil nie hê dat jou naam of foto geneem word as u deel is van die mafia bende is. As u iemand stop en u is profesioneel kan hulle jou video so veel soos hulle wil. Niks sal verkeerd wees op die video en u baas moet jou opback. What’s the problem

Johan ·

Die waarskynlikheid is dat die vakbond verteenwoordigers wat die smeerveldtog bedryf, is waarskynlik ook die oortreders.
Verder meer sal ‘n vakbond sy lede probeer beskerm, maak nie saak wat hy of sy gedoen het nie.

Milestone ·

Hulle kan maatreëls instel soos wat hulle wil. In die donker, jy alleen of saam met jou gesin teen 3 of meer gewapende en arrogante beamptes is die reëls anders. Die vrot strek net te diep.

Andrew ·

Stel die hoof permanent aan, stuur die ander senior bestuur op pension. Begin oor

H.A. ·

Ķorrupsie en misdaad is nou ñ uiterste winsgewende bedryf. Dit SAL nie gestop kan word nie, as jy dit hier stop dan breek dit weer op ñ ander plek uit.

christo ·

Nee wat, die omdraai strategie van die Tswane metro in die algemeen, sal teenkanting kry. onthou net dat die werknemers van die metro dieselfde spul is wat onder die ANC regeerde Tshwane aangesel is. Niks gaan verander nie. Die liberale arbeidswette beskerm die korrupte amptenare.

Impact ·

Hier gaan niks van kom, betalend om krimineel te wees. Ek het vanoggend ‘n insident op die pad gehad met TMPD wat op die kruising staan, hulle heet absoluut niks gedoen nie!

Matmiet ·

Geen simpatie hier nie, tot die Metro polisie nie bewys het hulle is daar om die publiek te dien en te beskerm sonder korrupsie en omkpery nie, moet hulle maar gaan doppies blaas.

skurweberg ·

Moenie afgesit word deur ‘n negatiewe reaksie van hulle wat nie weet wat regte of verkeerd is nie.

Andre ·

Hier in Pretoria ry taxis en voertuie net soos hulle wil.Hulle ry roekeloos en oor rooi verkeerslige,maar jy sien nie ‘n metropolisie lid nie.Net wanneer jy aleen ry en die verkeersreels gehoorsaam om geld te kry.Dan is hulle gou daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.