TMPD: ‘Misdadigers kan nie dien’

Cilliers Brink (Foto: Verskaf)

Diegene wat skuldig bevind is aan misdade en dit nie bekend gemaak het nie, kan nie ʼn uniform dra nie.

Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, sê daar is ʼn ooreenkoms met lede van die publiek en dit beteken misdadigers kan nie ontplooi word om die werk van die polisie te doen nie. Sy reaksie kom te midde van berigte oor motoriste se nagmerrie-ervarings wanneer hulle deur lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) afgetrek word.

Brink meen die meerderheid van TMPD-beamptes is eerlike hardwerkende mense wat hul werk wil doen en dat hulle ook beskerm moet word teen korrupte praktyke en aanbiedinge van omkoopgeld van lede van die publiek.

“Daar is ongelukkig ʼn aantal beamptes wat die TMPD ʼn slegte reputasie gee en tensy ons daardie gevalle beslissend hanteer, gaan ons nie mense se vertroue in die TMPD kan herstel nie.”

Volgens Brink sal alles moontlik gedoen word om die vertrouensverhouding tussen lede van die publiek en die TMPD te herstel, waaronder om “gewelddadige misdadigers” uit die diens te verwyder.

(Argieffoto)

Basil Nkhwashu, waarnemende Tshwane-metropolisiehoof, het vroeër die week gesê meer as 50 TMPD-beamptes sal binne die volgende twee maande afgedank word weens onder meer bedrog en afpersing.

Hy het ook toegegee dat talle beamptes veroordeelde misdadigers was toe hulle aangestel is.

Die TMPD het vroeër ʼn direktief uitgereik waarin motoriste toestemming verleen word om ʼn metropolisiebeampte se aanstellingsertifikaat aan te vra en selfs ʼn foto van die beampte of sy of haar voertuig te neem.

Nkhwashu het in die brief aan metropolisiebeamptes gesê die TMPD is oorval met klagtes van motoriste wat onder korrupte metropolisiebeamptes deurgeloop het.

Volgens die direktief het motoriste die reg om TMPD-beamptes te vra vir hul aanstellingsertifikate en om interaksie met TMPD-amptenare te dokumenteer. Dit sluit in om video’s en foto’s van beamptes, hul aanstellingsertifikate en hul voertuie te neem.

Motoriste is ook verder aangemoedig om ʼn saak by hul naaste polisiestasie aanhangig te maak indien hulle die slagoffer is van ʼn voorval met die TMPD, asook om die saak by die TMPD se integriteitseenheid aan te meld deur 083 657 2998 te bel. Meld ook die saak aan by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat by [email protected].

Maroela Media het die afgelope ruk verskeie kere berig oor motoriste se nagmerrie-ervarings te midde van ʼn skrikbewind in die strate van Pretoria.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Harley Davidson ·

Wys jou net wat kan wees as die leiers bevoeg is ongeag kleur,ras of geslag dit is hoe jy ‘n land opbou bietjie vir bietjie.

Alet ·

Wat de donkie? Veroordeelde misdadigers wat nou toegelaat word om publiek gyselaar te hou. Oop en bloot. Hoe arrogant.

Vonkprop ·

Om eerlik te wees, al word hierdie kriminele afgedank sal hulle uniforms en TMPD voertuie vervals en aangaan met hulle werk. Hulle is kriminele en moet soos kriminele hanteer word so sluit hulle toe of laai hulle op ‘n databasis sodat hulle nooit weer werk kan kry nie.

Danie ·

Die vraag is waarom is daar nie opgetree teen die korruptes?Is dit nie tyd vir n nuwe bevel struktuur?Selfde storie in SAPD.

Republikein in die Wes Kaap ·

In ‘n verantwoordelike demokrasie sou die bevelstruktuur self bedank het. ‘n Nuwe struktuur sou keuring, aanstellling, opleiding en bestuur van beamptes vinnig verbeter het. Selfs die burgermeester sou bedank het.

KatjieDeKat ·

Goed so. Maar ek verwag die raskaart gaan flenters gespeel word in hierdie saak.

Perdeby ·

Wat help dit hulle word afgedank het nog steeds uniform by die huuis en gebruik hulle privaat voertuie????? Hoe gaan julle daardie een oplos. Uniform word wel ingehandig, maar hulle handig nie alles in nie.

Piet Snot ·

Onthou, jou president het ook ʼn rekord. En die een voor hom. En die een voor hom. En…

skurweberg ·

Hulle beweeg nou in die regte rigting. Begin maar by die kwaliteit opleiding en mense en nie kwantiteit noodwendig nie

Patch ·

Hoe op aarde word mense met ‘n kriminele rekord ‘n lid van die TMPD? Nou wonder ek hoeveel kriminele is ook in die SAPS aangestel. G’n wonder dinge gaan soos dit gaan in ons land nie.

Windhond ·

Daar is heelwat wat in die SAPD “werksaam” is, maar meerderheid in SAPD is onbevoeg om hulle basies pligte uit te voer, en ek dink meer as 50% van SAPD is nie hulle range werd nie en die “diens” is “Top heavy” ……………..te veel Generale staf en die krip vreters net onder hulle is in n oorlog tussen hul self gewikkeld om met daai goue lepels te vreet

Pierre ·

Aangestel vir wetstoepasing met n krimenele rekord ook maar net in RSA

Riaan ·

En wat van die polisie self – In Centurion voer die Wierdabrug polisie hulle eie skrikbewind nou al vir jare en niks word daaraan gedoen nie.

TheSnake ·

Cilliers Brink is darem nou so naby aan ‘n mosie van wantroue. Lees Andrè de Ruyter se boek en verstaan. “Hulle moet toegelaat word om so bietjie te eet”.

Perdeby ·

Soos wat voorheen al hierdie jaar berig is, is daar 200 Metrolede wat aangestel was met ‘n krimminele rekord. Hoe op dees aarde word dit toeglaat!!!!!!!!!!!!!!!! Dieselfde by die SAPD, word aangekla en kry 2 jaar tronkstraf kom uit en gaan voort met sy werk by die SAPD, roof weer en skiet homself in die voertuig, en dan wil die SAPD geld invorder vir sy begrafnis en familie yip by Sunnyside SAPD ‘n paar jaar terug!!!!!!!!!

Sandra ·

My seun bly in Johannesburg. Was afgetrek van die pad in ‘n blokkade. JMPD beampte het ingeklim, hom gevra vir sy beursie om sy lisensie te sien, R200 uitgevat, uitgeklim en gese hy kan maar ry. Hy was so uit die veld geslaan dat hy net gery het. Praat van skelm. Hoe kan hulle as TMPD aangestel word, as hulle veroordeelde misdadigers was????? Mens kan mos dan nie verwag dat hulle nie skelm sal wees nie.

Nettie ·

En nou moet ons gelukkig wees daar’s “net” R200 gevat en dat hy nie ook met ‘n geweer teen die kop gedreig was tot hy duisende oor sit in hulle rekeninge nie! Hierdie land maak my siek!!

Marthie ·

Die SAPS het eendag syfers bekend gemaak van hoeveel SAPS lede self vir verkragting aangekla is. Skrikwekkend!

Michael ·

In hierdie land vertrou jy niemamd in uniform nie-ons leer ons kleinkinders ook so. Jammer vir die paar eerbares is uniform-ons ken julle ongelukkig nie

Kattebol ·

“Maak n saak aanhangig by jou naaste polisiestasie” boesem nie vertroue in nie. Die korrupsie loop so wyd dat meeste polisielede kop in een mus is met die korrupte TMPD-lede. Ek weier om af te trek en ek weier om die pypie te blaas. Ek Sal ry na die naaste hospitaal waar my bloed getrek Kan word vir toetsing. Die SAPD en TMPD Kan my maar daar kry. Net ter info: ek gebruik geen drank, rook of dampe van enige aard nie. Geen van my kroniese medikasie sit my op n trip nie. Kon dalk lekker gewees het, gegewe huidige situasie in ons land.

Nettie ·

Ek dink dis wat ek ook sal doen. Dankie Kattebol.
Ek gaan nie aftrek nie, en ek gaan ook nie na die polisiestasie toe ry nie.
Ek sal na die naaste groot hospitaal ry en daar parkeer, en sê kom, stap saam, ek doen gou ‘n bloedtoets.
My raaiskoot is dat hulle by die ingang van die hospitaalgronde gaan wegry en my nie daar sal in volg nie. Ek sal my kinders ook nou so leer.

Christo ·

Jys `n mooi een om te praat. Mense soos jy wat nie jou werk doen nie, moet ook nie wees waar jy is nie

LANA is ELANè ·

Hierdie is vir my belaglik verby, probeer gerus om enige beamte vir hul aanstellings dokumente te vra en te sê jy gaan fotos neem dan kyk jy wat gebeur. Die persone het ñ uniform aan en met daai uniform kom ongelukkig verwaandheid wat baie intimiderend is. Die TMPD staan weekliks in die omgewing van die sg strip waar al die eetplekke is by ALFIES en daar trek hulle almal af, en net om nie geintimdeer te word nie betaal menigte mense omkoopgeld, dit kan maar getoets word. Ook by Lynnwood afrit rigting JHB gebeur dieselfde.
Ek is doodbang vir die mense en is nou al amper ñ gevange in my huis saans omdat ek weier om goed by te woon as dit nie noodsaaklik is nie, omdat ek bang is vir die berugte TMPD wat mense saans so boelie. Voorwaar ñ mafia staat waarin ons onsself bevind, kriminele het die oorhand. Gewone mense is uitgelewer terwyl die met mag sê, dring aan op aanstelling sertifikate en neem fotos, verby belaglik.

Milestone ·

Centurion op Hendrik Verwoerd naby die Bosvelder dieselfde storie. Donker, afgesonder, gewoonlik meer as een, gewapen, arrogant & dreigend…….wat se kans het jy?

Nettie ·

Presies Lana. Hoeveel mense hou maar geld gereed? Want hulle is doodbang. Ander soos ek en selfs my volwasse kinders, bly maar tuis sodra dit skemer begin raak. Uiteet het ‘n gevaarlike lekkerte geword in hierdie stad.

Fanie ·

UHM ek is jammer maar as jy skuldig bevind is aan misdaad mag jy nie dien nie, of jy dit nou onthul het of nie

Spyker ·

Nou wie het nou eers agtergekom dat lede van die polisie kriminele is en hoe het dit gebeur?
Daar was tog seker met indiensneming vingerafdrukke geneem en klarings van die kandidate geneem of was die SAPD ook hierby betrokke met skoon rekords?

domheks ·

Aag wat – dit is maar net deel van kader ontplooiing! Of jy nou vir moord in die tronk was maak nie saak nie, net solank jou vel kleur reg is.

kaplyn ·

Cilliers Brink se dat die “meerderheid” van die beamptes eerlike en hardwerkende beamptes is. MAAR, as jy nou deur ‘n beamte afgetrek of gestop word wat nie eerlik en hardwerkrnd is nie en jy druf waag om hom vra vir ‘n aanstellingssertifikaat en probeer om fotos van enige aard te neem, dan gaan hy jou in hegtenis neem, jou uit jou motor pluk en aanrand. As jy dan enige klagte gaan le teen hom by die polisie, (waar daar ook nie eerlike en nie hardwerkende polisie beamtes aan diens is nie), gaan jy op dieselfde marnier hanteer word en die saak teen die metro beamte gaan net verdwyn. Is dit die moeite werd as jy en jou geliefdes so behandel word om teenstand te bied en die gevaar te loop om aangerand te word? Die enigste oplossing gaan wees is om alle beamptes met kamaras toe te rus wat direkte beelde uitsaai na ‘n beheerkamer waar die optredes van die beamptes opgeneem en 24 uur uit 24 uur gemoniteer word deur verantwoordelike opsieners wat geen misdaad rekord het nie.

JohanR ·

Daai 50 afgedanktes gaan nou transitorowers word, dit is as hulle in uniform nie al klaar transito rowers was nie!

Samuel ·

Hierdie misdadige wetstoepassers is die klein vissies. Wat van die groot visse wat in die parlement sit en moontlik ook in die kabinet?

Nettie ·

50 uit omtrent 4000 lede? Dis nie ‘n klein bietjie nie. En dis net die wat al klaar gevang en ondersoek is!

Moenie dit afmaak as ietsie kleins nie. Hierdie is ‘n ontsettende storie. Wanneer ons bang is om saans te gaan uiteet (sonder om eers te drink!). Nie oor ons bang is vir kriminele nie, maar vir die polisie self!! Dis verskriklik!!!

Hoe moet ons nou sonder erge vrees toelaat dat ons 20-jariges alleen saans rondry na hulle ‘n meisie fliek toe gevat het of saam met vriende in Spur gaan kuier het?

Tsek! ·

“Hy het ook toegegee dat talle beamptes veroordeelde misdadigers was toe hulle aangestel is” – Nou vra ek jou …HOE ?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.