Twaalf aangekeer oor bloedige nag in Alexandra

Joshua Mbatha, musiekbestuurder by die radiostasie Alex FM, is in een van die aanvalle doodgeskiet. (Foto: Alex FM)

Twaalf mans, tussen 18 en 25 jaar oud, het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Gauteng verskyn ná ʼn rits aanvalle op 14 Julie in die gebied.

Die twaalf staan tereg op twee aanklagte van moord, vier aanklagte van poging tot moord, die besit van gesteelde eiendom, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Thubelihle Sibiya, Andile Chonco, Siyabulela Myeni, Goodman Mduduzi Nene, Nkokhelo Chonco, Khanyile Bongani Nceba, Lindokuhle Dludla, Sphelele Khanyile, Nkazi Mbatha, Ziphezinhle Mncwango en Dumisani Sithole is in hegtenis geneem in verband met die voorvalle op 14 Julie 2022.

“Mense is geskiet en van hul besittings soos selfone, kontant en skoene beroof in vyf verskillende voorvalle. Twee van die persone het aan hul skietwonde beswyk. Ander is steeds in die hospitaal.”

Maroela Media het vroeër berig Joshua Mbatha (32), musiekbestuurder en aanbieder by die radiostasie Alex FM, is ook Donderdagaand doodgeskiet. Mbatha, ook bekend as DJ Jorontinah, was saam met kollegas Sammy Ramodike en Matome Mookanedi, op pad huis toe, toe drie gewapende mans hulle in Sewende Laan voorgekeer het. Die aanvallers het die drie se selfone en skoene gebuit voordat hulle Mbatha in die bors geskiet het. Hy het omstreeks 21:00 by die Masakhane-kliniek aan sy beserings gesterf.

Mjonondwane sê die twaalf beskuldigdes se saak is tot 25 Julie uitgestel sodat hulle regsverteenwoordiging kan bekom. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine ·

Elke jong krimineel, is ‘n produk van die ANC, gebore die laaste 28 jaar. Ek is geskok oor die wreedheid van hierdie jongmense. Hulle is net sleg en moet veraltyd uit die samelewing verwyder word.

Nico ·

Die howe moet die doodstraf terug bring, die moor moet ook hang vir daad wat gepleeg is.

Swerwer ·

Hoop nie daar word parool oorweeg vir die moordenaars nie. Almal weet dat Cele verantwoordelik gehou moet word vir hierdie onbenullige moorde wat plaasvind. Dan moet daar ernstig ondersoek ingestel word en aan die kaak gestel word waar en wie hierdie jong kriminele oplei tot hierdie soort dade. Kry ‘n eiland ver genoeg van die land waar Cele en al hierdie moordenaars afgelaai word dan kan hul mekaar sommer uitsorteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.