Twee amptenare vas vir uitbuiting

handcuffs3-320x257Twee munisipale amptenare van Chatsworth in KwaZulu-Natal is vir uitbuiting in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van ʼn inwoner ontvang het dat sy elektrisiteit afgesny is weens van ʼn uitstaande rekening van R35 000. “Die twee beamptes het glo aan die inwoner gesê dat hy vir hulle R3 000 moet gee om sy elektrisiteit weer aan te skakel en sy skuld te vereffen.”

Naicker sê die inwoner het dit by die Montclair-polisiestasie aangemeld en die georganiseerde misdaadeenheid in Durban is in kennis gestel. Daar is ʼn lokval vir die twee beamptes gestel en hulle is in hegtenis geneem nadat die inwoner die R3 000 betaal het. Die twee beamptes is onderskeidelik 37 en 48 jaar oud.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die inwoner geloof omdat hy die saak aangemeld het. “Diegene wat omkoopgeld aan staatsamptenare betaal is net so skuldig as diegene wat dit aanvaar. Lede van die gemeenskap moet nie toelaat dat korrupsie die samelewing se moraal verweer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

As jy nie korup is in die staatsdiens is jy nie in tel van die land se beleid wie kan vir ons n nuwe volkslied skryf want die een wat gesing word is nie in lyn met wat aangaan in hierdie land nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.