‘n Baie sterk aardbewing van 7,2 op die momentmagnitudeskaal het vakansiegangers in Acapulco op Goeie Vrydagoggend goed laat skrik.
Lees meerAlles vir Vrydag 18 April 2014
Seuntjie sterf in botsing
ʼn Vierjarige seuntjie is Vrydag in ʼn motorongeluk in Roodepoort, wes van Johannesburg, dood.
“Goudmyn” in ryke se maag
Chirurge het 12 klein goudstafies van saam 360 gram uit ‘n ryk Indiër se maag gehaal.
12 sterf na sneeustorting op Everest
Minstens 12 Nepalese gidse is dood en nog vier word vermis ná ’n sneeustorting op berg Everest.
Vrou beseer op Tafelberg
‘n Vrou is Vrydag per helikopter van Tafelberg af vervoer nadat sy tydens ‘n staptog beseer is.
Vrou kritiek na tref-en-trap
ʼn Vrou is ernstig beseer nadat sy in Crystalpark in Benoni deur ʼn motor omgery is.
Adjunkhoof pleeg selfmoord na veerbootramp
Die adjunkhoof van die skool van wie talle leerlinge met dié week se veerbootramp by Suid-Korea omgekom het, het selfmoord gepleeg na hy self van die sinkende skip gered is.
Drie dood toe trein tref; man in hof
Die bestuurder wat van strafbare manslag aangekla word nadat ʼn trein in sy motor ingeploeg en die dood van drie kinders veroorsaak het, het in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Amplats maak nuwe aanbod aan mynwerkers
Anglo American Platinum (Amplats) het ʼn nuwe loonaanbod aan die Association of Mineworkers and Contruction Union (Amcu) gemaak in ʼn poging om die voortslepende staking in die platinumsektor tot ʼn einde te bring.
Paasnaweek-dodetal staan reeds op 24
Die Padverkeerbestuurskorporasie sê 24 mense is reeds dood en 34 beseer op die land se paaie sedert die begin van Paasnaweek.
Video: Oumas se eerste keer op vliegtuig
An Bernaards (71) en Ria van den Brand (78) van Nederland het onlangs vir die eerste keer gevlieg.
Man in hof wat glo lewendige renoster onthoring
’n Mosambiekse man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n witrenoster onthoring het terwyl die dier steeds geleef het, het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
Vyf sterf in KZN-ongeluk
Vyf mense is Vrydagoggend dood en 12 mense is ernstig beseer in ʼn ongeluk naby Greytown in KwaZulu-Natal.
Nuuskommentaar: Kruise langs die pad
Paasnaweek is vir Christene wêreldwyd ’n baie belangrike herdenkingsgeleentheid. Mense onthou die kruisgebeure op Golgota, die verskriklike lyding en dood van Christus ter wille van die mensdom, en sy opstanding tot redding van gelowiges. Hier in Suid-Afrika het Paasnaweek bekend en berug geraak vir die talle sterftes op ons land se paaie.
Verkiesingshof genader oor Tlakula
Opposisiepartye het ʼn dringende aansoek by die Verkiesingshof ingedien en eis dat Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), moet bedank.
Twee amptenare vas vir uitbuiting
Twee munisipale amptenare van Chatsworth in KwaZulu-Natal is vir uitbuiting in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Jy kan alles met die Here deel
Psalm 142:2-4 – Ek bid ernstig tot die Here. Ek pleit dat Hy my jammer moet kry. Ek kla by Hom. Ek sê vir Hom…