Twee dood in KZN-skietery

Argieffoto: ER24

Twee mans is dood en een gewond toe daar Saterdag ʼn skietery in Tarentaalweg in Eastwood in Pietermaritzburg uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe paramedici die middag omstreeks 17:45 op die toneel aankom, was die plaaslike polisie reeds daar.

Paramedici het ʼn voertuig in die middel van die pad aangetref.  Twee mans is in die voertuig aangetref, terwyl ʼn derde buite die voertuig gelê het.  Twee van die drie mans is op die toneel dood verklaar.

Die derde man is in sy been geskiet en is op die toneel behandel.  Hy is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Volgens Meiring is inligting aangaande die skietvoorval nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.