Twee gevonnis vir moord op blinde boer

Chrisjan van Niekerk (Foto: Verskaf)

ʼn Jong man en ʼn tienerseun is gevonnis vir die wrede moord op Chrisjan van Niekerk (71).

Die vonnisoplegging het Donderdag in die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap plaasgevind, net minder as ʼn jaar ná die moord op Van Niekerk.

Van Niekerk se bebloede lyk is verlede jaar op 25 Julie in die plaaswinkel op die plaas Nooitgedacht buite Alexandria gekry. Van Niekerk was feitlik heeltemal blind en is met ʼn byl vermoor.

ʼn Lid van die gemeenskap het die Saterdagmiddag op Van Niekerk se liggaam afgekom toe hy benodigdhede by die plaaswinkel wou gaan koop. Die winkel se deur was teen daardie tyd oop, hoewel die veiligheidsdeur gesluit was.

Die moordenaars is etlike ure daarna deur lede van die gemeenskap en die polisie vasgetrek, sowat 15 km van die moordtoneel.

Jason Kümm, bestuurder vir landelike veiligheid en kommunikasie by Agri Oos-​Kaap, het gesê Solly Matthews (23) is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en 12 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Hy sal effektief 28 jaar tronkstraf uitdien.

Die tienerseun is tot 16 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord en 12 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Hy sal effektief 21 jaar tronkstraf uitdien. Hy was 16 jaar oud ten tyde van die moord.

Christine van Niekerk, Chrisjan se skoonsuster, het vroeër aan Maroela Media gesê Van Niekerk is al telkemale in sy winkel aangerand, maar het soontoe gegaan omdat hy dit as sy persoonlike ruimte beskou het. “Hy het ten spyte daarvan nogtans geglo dat God na hom omsien,” het Christine gesê.

Volgens haar was “Chrisjan ’n familieman. Hy was baie lief vir sy medemens. Sy geloof in God was onwrikbaar.”

Sy het gesê hoewel Van Niekerk gesukkel het om te sien, het hy steeds voluit probeer boer. Hy het ’n beeskudde gehad wat hy self bestuur het. Sy beginjare as boer is gekenmerk deur sy hoender- en groenteboerdery.

“Boerdery was in sy are. Hy was self so lief vir die plaas. Hy het nooit kans gesien om dit ooit te verlaat nie. Hy het altyd gevra: ‘Wat gaan van my word in ’n aftreeoord? Wat sal ek met myself doen? Die plaas is my liefde en my tuiste’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Is dit nou wat ‘n lewe werd is vandag en dan gaan hulle seker net ‘n paar jaar sit en uit wees op parool?

Pieter ·

Bring die doodstraf terug die anc land se regstelsel is n grap.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Wees eerder bly daar is nie doodstraf nie. Hul sou ál die blanke persone ter dood veroordeel, selfs as hul onskuldig was. Dit sal baie “convenient ” wees vir hulle.

Nico ·

Wreedardige lafaards wat ‘n blinde persoon met ‘n byl te vermoor. Die regstelsel in hierdie mooi land van ons is absoluut korrup, dis wat gebeur as die land in verkeerde hand oor gegee word. Hulle sal eendag met die wederkoms betaal vir dit wat hulle gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.