Twee gewond in huisbraak

Die owerhede op die toneel. (Foto: Netcare 911)

’n Vermeende rower en ʼn veiligheidsbeampte is Sondagaand in ’n gewapende huisbraak in Boksburg in Gauteng gewond.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 18:40 na ’n skietvoorval in Van Dyk-park ontbied.

Die skietvoorval het by ’n huis in die woonbuurt plaasgevind en paramedici het met hul aankoms twee mans met skietwonde aangetref. Die een is na bewering ’n rower en het ernstige beserings in die voorval opgedoen. Die ander is ’n veiligheidsbeampte wat minder ernstige beserings in die voorval opgedoen het.

Volgens Herbst het ’n inwoner van die huis ook mediese bystand nodig gehad.

Al drie pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle in ambulanse hospitaal toe gehaas is.

Die omstandighede van die huisbraak is nie in die stadium duidelik nie.

Die toepaslike owerhede was op die toneel, het Herbst gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

CallieL ·

Dis die probleem met die mensdom. Die rower moet nie behandel word nie

Gert ·

Maar net nog ‘n tipiese nag in die nuwe demokratiese Suid-Afrika

sweis ·

Jammer oor die wag ,baie bly oor die dief die tipe optrede moet meer gebeur want die polisie gaan niks doen en die tronke is oorvol.

Chantal ·

Rower was behandel vir besering maar hy het dit nie gemaak nie. Was in ons buurt.

Mark ·

Om te dink, sou die rower nie die verkeerde besluit geneem het nie sou al drie vandag sonder beserings gesit het. Maar hoeveel verkeerde besluite neem ons ook nie daagliks nie, wat miskien nie teen die wet is nie maar moreel verkeerd. Buite egtelike verhoudings, spoed op paaie, onnodige argumente, selfsugtigheid. So almal maak maar een of ander tyd DOM besluite ek sal maar die laaste wees om te oordeel.

Merie Perd. ·

SjN, Ai, ek is nou al tot barstenstoe voel van “vermeende” dit en “vermeende” dat. Ag ons wil so graag polities korek wees. As hy op heterdaad betrap was en op geskiet was, is hy mos nie n “vermeende” kwaad doener nie. Hy is n kwaad doener. Ek is g*t vol vir vermeendes. Hy het doelbewus ingebreek, het op iemand geskiet en is in die terugskiet, amper raak geskiet, en nou sit die sekuriteits wag met n aanklag van mense regte. Man ek wag vir so n ou, ek sal seker maak ek skiet hom/haar heeltemal raak.

Gert ·

Erg om spoed of selfsugtigheid gelyk te stel aan gewapende roof, maar nou ja elkeen het sy eie siening.

Mark ·

Spoed neem daagliks lewens en selfsugtigheid is nommer een in die meeste kriminele sake, maar soos hy se ons almal het ons eie siening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.