Twee in huis betrap ná moord op bejaarde

bejaarde-hande.jpg

Die 87-jarige man se liggaam was in ’n kombers toegedraai en hy het veelvuldige steekwonde gehad. (Argieffoto ter illustrasie)

Twee mense is die afgelope naweek in Port Elizabeth in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n 87-jarige man.

Die verdagtes was steeds in Richard Adams se huis toe polisiebeamptes hulle aangekeer het.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, is die honde-eenheid Saterdag omstreeks 18:15 na Adams se huis in Walmer ontbied nadat sy twee dogters hom nie in die hande kon kry nie.

“Die slagoffer se dogters het aan die deur geklop, maar geen antwoord gekry nie. Hulle het snuf in die neus gekry toe hulle beweging in die huis opmerk en het die polisie gebel.

“Die polisie het met die dogters se spaarsleutel toegang tot die huis verkry waar hulle ’n 36-jarige man en ’n 28-jarige vrou betrap het.”

Volgens Janse van Rensburg het die polisie die huis deursoek en op Adams se liggaam in sy slaapkamer afgekom.

“Polisiebeamptes het die geslote kamerdeur oopgedwing waar hulle die slagoffer se liggaam toegedraai in ’n kombers gevind het.”

Van Rensburg sê Adams het veelvuldige steekwonde aan sy liggaam gehad, hoewel ’n nadoodse ondersoek eers gedoen moet word om die amptelike oorsaak van sy dood te bepaal.

“Die verdagtes is op aanklag van moord in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof verskyn. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Verskriklik. Hoekom bejaardes? Hul is weerloos . Mag die 2 toegesluit word en die sleutel weggegooi word!

E ·

En laat hulle ‘n sel kry wat nie eers ‘n gloeilamp het nie.

Pieter ·

Tyd dat doodstraf weer ingestel word. Die tronke word al hoe voller en hulle het ‘n lekker lewe daar.

koos10 ·

Pieter, jy kan nie die huidige regering vertrou om die doodstraf regverdig toe te pas nie.

modiglianigirl ·

Wat kan ons doen om die doodstraf terug te bring?
Dit is die enigste manier om die loutere disrespek en verguising van die lewens van weerloses tot einde te roep. Ons het die opdrag en verantwoordelikheid om dié waardevolle mense te beskerm. Ek raak woedend van frustrasie en magteloosheid wanneer sulke afgryslike dade gepleeg word.

ES ·

Ongelukkig kan ons niks doen om die doodstraf terug te bring nie omdat ons Konstitusie die lewe van almal beskerm – selfs die misdadigers.

Die enigste ander oplossing is om seker te maak dat ons bewapen is sodat ons hierdie booswigte op die regte manie kan afweer.

Lourens CFG ·

Die konstitusie beskerm nie die weerloses nie, al was hierdie ou oom gewapen, sou hulle hom maklik oorval het. Ou mense kan nie meer vinnig beweeg nie en het ook nie meer die krag van hul jonger dae nie.

Ansie ·

Dis mos maklik vir twee sterk jonger mense om ‘n bejaarde te vermoor en te beroof. Ek raai een van die twee werk vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.