Twee keer lewenslank vir moord op boer, plaaswerker

Plaashek (Foto: Du Preez de Villiers)

Die hooggeregshof in Polokwane het Woensdag die 28-jarige Lazarus Justice Mohapi tot twee keer lewenslange en nóg 48 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord vier jaar gelede op ʼn boer van Radium en een van sy werknemers.

Die veroordeelde plaasmoordenaar is skuldig bevind aan twee aanklagte van moord, sameswering om roof te pleeg, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die oortreding van die Immigrasiewet.

Mohapi het in Augustus 2019 vir Simon Malebane op sy plaas in Radium, naby Bela-Bela in Limpopo,  wreed aangerand en toe vermoor. Mohapi het ook ʼn werknemer op die plaas, Daniel Leburu, aangerand en vermoor.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het speurders en lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid op Bela-Bela ʼn groot soektog na die aanvaller van stapel gestuur.

Mohapi is drie dae ná die voorval in hegtenis geneem.

“Die saak is aan kapt. Dana Smith oorgegee en sy het nougeset gewerk om te verseker dat die aanvaller lewenslank opgesluit word,” sê Ledwaba.

Mohapi is skuldig bevind aan al sewe aanklagte teen hom en sy vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die swaar vonnis verwelkom.

“Hierdie vonnis moet ʼn duidelike boodskap aan ander misdadigers oordra. Die polisie sal altyd meedoënloos wees wanneer hulle diegene soek wat grusame misdade pleeg en sal verseker dat hulle behoorlik vir hul dade boet,” sê Hadebe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Nou verwonder ek my net. Dis baie goed dat díe plaasmoordenaar so gou gevang en so ‘n lang vonnis kry. (Hoop nou net net hy kry weer parool oor paar jaar nie). Maar en hier is my wonder, hoekom kan ALLE plaasmoorde nie so opgelos word nie.? Hoeveel van ons mense se plaasmoordenaars is al so vinnig gevang en kry sulke swaar vonnisse? Ek wonder maar net!!!

Manie ·

Dit gaan oor die ondersoeker in die saak, in hierdie geval baie geluk aan Kapt Dana Smith.

Cabous like braai ·

Ek stem en wonder self oor die vonisse meen n wit boer word vermoor maar , na minder as 10 jaar kry hy parool (daar honderde statestieke wat dit bewys)….en die feit dat alle vonnise altyd gelyk uitgedien word maak nie sin nie kan net sowel 1 vonnis gee

George ·

Nie alles is rasverbinde nie. Daar is baie wat n rol speel.

Schalk ·

Dit is nie swaar straf vir ń lewe wat weggeneem is nie. Mense in gevangenis eet , drink en slaap warm op die belastingbetaler se onkoste. Sommiges vlieg in luukse vliegtuie as hulle ongerapporteer ontsnap.

Harley Davidson ·

Net soos die VSA in opstand kom waneer ‘n wit persoon ‘n swart persoon doodmaak net so moet ons as minderhede in opstand kom wanneer dit omgekeerd is white lives matter.

George ·

In die woorde van FPK – “jy klae oor die toestand van ons land, wel doen iets daar om trent” sit jou woorde in aksie Harley, ek wag.

Windhond ·

Ek is nie eintlik lus om winkel vensters te breek en karre te brand nie

Harley Davidson ·

Wat is die verskil tussen die berig wat mm geplaas het oor die seun wat die verkeerde huis klokkie gelui het en toe doodgeskiet was,daar was pertinent na kleur verwys ,hoe is hierdie anders?

Sobymykoolkop ·

Lewenslange vakansie, hoe lank hulle ookal binne is…..

Amelia ·

Hoekom word vonisse gelyk gedoen laat hom sit vir lewenslank maw 75 jaar vir elke moord plus ander oortrdings dis maak n voorbeeld van hom die vonis skrik nie krimineel af nie

Jean ·

Want die wiskunde is bietjie moeilik vir die regter om als bymekaar te tel.

Eugene ·

Die moord het vier gelede gebeur, en moordenaar word nou eers gevonnis. Pateties

George ·

van oorhaastig hof toe hardloop is daar baie moordenaars op vrye voet ook

Johan ·

Te min Danas in die SAPD en te veel comrades. Eish! Net soos poskantoor, eskom, transnet en munisipaliteite. Hulle soek almal die job, maar min wil werk vir sy salaris of is nie eers in staat om sy werk te doen nie. Nag nella. Ligte uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.