Twee mense helder oordag in Kampsbaai doodgeskiet

Kampsbaai. (Foto: Sebastian Canaves/Unsplash)

Twee mense is Woensdag helder oordag in Kampsbaai in Kaapstad doodgeskiet terwyl die naburige strand stampvol vakansiegangers was.

ʼn Strandganger het reeds haar tot sosiale media gewend en die gebeure as “traumaties” beskryf nadat dit voor haar afgespeel het.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die plaaslike polisie is om 15:40 na Victoriastraat ontbied ná gerugte van ʼn skietery.

“Die beamptes het ʼn man met skietwonde aan sy lyf aangetref,” sê hy.

“Na verdere ondersoek van die toneel is die liggaam van ʼn tweede man aangetref. Hy het ook skietwonde opgedoen.”

Paramedici het albei slagoffers op die toneel dood verklaar.

Volgens Swartbooi het die ongeïdentifiseerde verdagtes van die toneel gevlug “en moet hulle nog in hegtenis geneem word”.

Die motief vir die aanval is nog in hierdie stadium onbekend.

Die polisie ondersoek tans twee moordsake.

Dr. Yvonne Maphosa, ʼn akademikus, het kort nadat die polisie ontbied is op Twitter gesê dat sy die hele voorval aanskou het.

“Ek is so geskok. Wat ʼn wonderlike dag op die strand was, het net traumaties geword,” skryf sy.

Sy sê verder dat een van die mans glo verskeie kere van naby geskiet is. “Dit het reg voor ons gebeur.”

Sy beweer dat die tweede man slegs deur ʼn dwaalkoeël getref is, maar die polisie kon nie in hierdie stadium die bewering bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Piet ·

SA is ‘n gangster state, word regeer deur self verykende terroriste en thugs met ‘n polisie wat self nie eers hulself kan beskerm by stasies nie!

Christine ·

Goeie hemel! Klink soos die mafia wat ‘n hit sommer in die openbaar tussen vakansiegangers afgehandel het, soos in’ n movie! Suid-Afrika, die gangsters paradise!

Manie ·

Waarskynlik bende verwant, Kampsbaai is vervuil met smokkelaars.

Lillian ·

Sy stel haarself bloot … sy is ‘n getuie … sy moet oppas dat sy nie volgende is nie.

Jr ·

Maar TOERISTE kom na “sunny SA”. IT IS VERY SAFE HERE AND YOU CAN BUY A NICE HAT (sic)

Vinny ·

Ons het sitting ducks geword, wag net vir jou beurt deur hierdie wettelose gemors wat vrye teuels gegee word om te maak net soos hulle wil.

christo ·

Die aantal gemerkte ‘hits’ tipe moorde vind net meer en meer plaas. Die ontvoerings neem toe. Suid-Afrika beweeg al hoe meer na die wetteloosheid van Suid- Amerikaanse state. Verder sal ooggetuies nie eens ‘n verklaring wil aflê nie, want dan is hulle gemerkte persone.

Astrain ·

Smokkelary…dwelms, perlemoen, of iets dergeliks, niemand skiet sommer net iemand dood en vat dan niks. Dis duidelik sindikaat gedrewe.

madels ·

Dit moes verskriklik verseker gewees het, hoe grusaam en wreed en harteloos het die mensdom net nie geword nie :-(

JohanR ·

Life is cheap ne Mnr Bheki, behalwe as jy 21 lyfwagte om jou het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.