Twee plaasmoorde elke week

(Foto: Verskaf)

Tussen April en Junie vanjaar is twee mense elke week op ʼn plaas in Suid-Afrika vermoor. Dié gegewens blyk uit statistieke wat AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling Woensdag bekendgemaak het.

AfriForum se syfers toon dat 76 plaasaanvalle in die tweede kwartaal van 2023 plaasgevind het. Dit kom neer op 5,85 insidente per week. Altesaam 24 mense is in dié aanvalle vermoor – ongeveer twee moorde elke week. Die 24 moorde is ʼn toename van 167% teenoor die nege moorde wat in die eerste kwartaal gepleeg is. Ten minste 118 mense was boonop slagoffers van dié plaasaanvalle.

Die meeste aanvalle tussen April en Junie is in Gauteng (19) en die Vrystaat (12) aangemeld en het meestal op ʼn Saterdag (24%), Donderdag (20%) of Sondag (18%) plaasgevind. ʼn Gemiddeld van drie aanvallers was by elke aanval betrokke.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is dit te vroeg om te sê of die oormaat aanvalle op ʼn Donderdag op ʼn ontluikende patroon in plaasaanvalle dui. “Statistieke oor ʼn langer termyn dui daarop dat die meeste aanvalle op ʼn Saterdag of Sondag plaasvind en die data oor die laaste drie maande is te min om te weet of daar werklik ʼn verandering in dié patroon is. Dit kan bloot toevallig wees.”

Statistiek oor plaasaanvalle in die tweede kwartaal van 2023. (Grafika: AfriForum)

Johan Nortjé, ʼn navorser by AfriForum, sê van al die tweede kwartale oor die afgelope vyf jaar (sedert 2019), is die meeste aantal moorde tydens die tweede kwartaal van 2023 aangeteken.

Die databasis van AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling toon ook aan dat verdagtes net in 15 van die 76 plaasaanvalle in hegtenis geneem is. ʼn Totaal van 26 verdagtes is vasgetrek.

Broodryk sê daar waar ʼn goed georganiseerde veiligheidstruktuur aanwesig is, neem plaasaanvalle af en word meer verdagtes ook in hegtenis geneem. Daarom sal AfriForum ook aanhou om sy eie veiligheidsnetwerke uit te brei.

“Ons het reeds 168 buurt- en plaaswagstrukture landwyd met sowat 11 000 opgeleide vrywilligers wat help om hul gemeenskappe te beveilig. Ons het net verlede week weer gesien hoe AfriForum se protospan in Brits vier plaasaanvallers binne ʼn uur en ʼn half ná die aanval vasgetrek het. Hoe meer mense betrokke raak, hoe meer doeltreffend gaan hierdie netwerke word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

24+ plaas moorde ‘n jaar. Daai boer, familie, plaas en werkers gaan verlore vir die land en die ANC gee nie ‘n damn om nie! Ek weet waar ek my X NIE gaan sit in 2024. Net jammer ek kan net een keer stem.

Bolandse Nooi ·

Jy kan jou “X” gaan sit NET waar jy wil, JohanR … dit help sweet buggerall. Die verkiesings word bekook, al sê die OVK wát. Diegene wat so ruimhartig glo in die “Moonshot Pact” moet maar gerus in hul droomwêreld voortleef. Nie alleen kan die Afrikaner NOOIT saamstaan nie en sal enige koalisie-regering nooit gebeur of volhou word nie, maar die ANC (en die massas opgeruides) SAL DIT NOOIT TOELAAT NIE.

domheks ·

@JohanR – in die korrupte land kan jy maar meer kere stem, ek glo cANCer se mense maak so.

Micheal ·

Kan daar nie n klagte by die internationale straf hof ingedien word nie

Pieter ·

Gaan dit regtif n verkil maak? Ons president wil dan nie vrae antwoord oor plaasmoorde nie.
Onthou, alles draai om geld, die buiteland slyp almal hulle tande vir ons minerale. Niemand behalwe ons eie mense kan n verkil maak nie, maar om almal saam te laat opstaan, daar le die probleem.

Anna-marie ·

Hulle is bang hulle word as rassiste gesien as hulle die blankes se kant vat.

Marius ·

Dankie aan al die boere wat nog daar is.
Danksy julias met sy gesing en dans is ek seker het hy die vuur nog hoer laat brand as wat dit reeds is.

Althes ·

JM se hande is bevlek, hy en sy makkers sal hul dag kry al is dit in die hiernamaals. N warm plekkie spesiaal verewig.
Ons almal hoop op vroeër, want vervloek is hy wat mense aanhits om te besluit wie lewe en wie sterwe. Hy sal die vrees ervaar wat baie boere ervaar.

Amelia ·

Die mense het nie n gewete of gevoel nie al wanneer hul n gevoel het is wanneer hul hul eie bas moet red en die aansit by hof ” die onskuld van self” of eks honger mos altyd die verkoning om internasionale straf hof toe te gaan help nie ander lande het hul eie probleme

Althes ·

Die SAPS pleit ‘Stop Police Killings’ , so wat sê dit oor die situasie van plaasmoorde? Dat gemeenskappe met vindingryke plaasveiligheid idees moet vorendag kom en implementeer.

Bolandse Nooi ·

Al wanneer dit gestop sal word, is as die boere “in retaliation” optree.

Jakes ·

Omdat die ANC nie n duit omgee vir ons boere nie, word die tendens net groter. Om hierdie aanvallers te vang en te arresteer isniedie oplossing nie, verwyder hullepermanentuit die samelewing uit en stel so die voorbeeld.

Boerinmurgenbeen ·

Laat alle boere landwyd stop om enige belasting van enige aard te betaal totdat die regering ingryp en die skuldiges wat gevang word tereggestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.