Twee polisiebeamptes in Boksburg vermoor

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

’n 29-jarige konstabel en ’n 45-jarige sersant is Donderdagaand in Boksburg aangeval en vermoor.

Die beamptes het op ’n klag van ’n onnatuurlike sterfte in Boksburg-Noord gereageer toe hulle deur drie mans oorval is. Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die beamptes op ’n lykswa gewag toe die aanval plaasgevind het.

“Hulle wapens is afgeneem en hulle is noodlottig gewond. Die moordenaars het te voet met die beamptes se dienspistole en koeëlvaste baadjies gevlug.”

Die beamptes was albei aan die Boksburg-Noord-polisiestasie verbonde. Die konstabel is al die afgelope drie jaar in die polisie terwyl die sersant 18 jaar diens gehad het.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het gesê alle rolspelers is geaktiveer en dat ’n reusesoektog aan die gang is om die moordenaars op te spoor.

“Die moord op polisiebeamptes in die uitvoering van hul pligte ondermyn die gesag van die staat en die behoorlike funksionering van die strafregstelsel.”

Masemola het sy meegevoel met die beamptes se families, vriende en kollegas betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Phillip ·

Nou word die polisie af gemaai . Polisie se moorde word nou hoor as plaas moorde . Ek wonder net ne kan dit dalk nie wees dat die is wat hulle gearresteer het wraak op hulle neem nie , want hulle kry mos vinnig parool

Roek ·

Dit is absoluut tragies , mense word wel baie swak behandel deur sommige van die lede maar moord bly moord, die feit dat daar geen respek vir “gesag”is nie is al lankal ‘n saak van groot kommer !

domheks ·

Nou sal cele seker gou weer die naasbestaandes besoek – MET ‘N KAMERA SPAN!
Sterkre aan familie! RIV

Herpiet ·

Polisie moorde het nou al die normaal geword. Die diepe verval van die polisie kom van bo af. Nou behandel hulle die simptome van hulle mislukkings in plaas van die oorsaak van patetiese bestuur van polisie. Dankie vir niks cele

SwartBees ·

Kom Mr Cele, hierdie beamptes het hul lewens in jou hande gelos. Wat gaan jy doen, net weer n besoek aflê?!

piet ·

Die polisie is nou ‘n groot bron/arsenaal/depo van wapens soos plaaseienaars. Daar word so baie wapens in SA gebuit dat die gemors al kan oorlog maak met dit om nie te praat van die misdrywe wat daarmee gepleeg word nie. Intussen maak die regering dit moeilik vir die wetsgehoorsame burger om ‘n vuurwapen (vir wat nou noodsaaklike beskerming word), te bekom.

Piet parys ·

Dis wat hul beplan het om n misdaadadiger beheerde land van Rsa te maak terwyl ons nog vir Bbp beskerming vir die fat cats moet betaal ook.

Morné ·

Hierdie storie lok meer agterdog uit as simpatie, want gewoonlik is daar meer agter die kap van elke byl as ter ware. Dit klink soos ‘n beplande lokval met die hulp van inligting van binne in die SAPD ledere, die geval is net met te veel sekerheid en geen ontsag deurgevoer. Meer vrae pop uit soos was die sekere offisiere ‘n teiken? Wie kan baat uit die dood van die 2 manne, want nie net is die wapens nie, maar ook die koeëlvaste baadjies geneem?
Daar is defnitief meer agter hierdie hele geval wat ons nooit sal uitvind nie, want soos menige gevalle word feite toegesmeer of nie opgevolg nie.
Wonder maar net waar gaan alles eindig?

JohnnyS ·

Daar is geen komplot agter die aanval. Die twee beamptes het vir die Staats lykswa gewag, wat ure kan vat. SAP lede en selfs polisie stasies word gereeld geteiken vir vuurwapens.

Christelle ·

SAPD lede is wandelende teikens vir hul wapens wat hulle in elk geval nie eers mag gebruik nie. Geen komplot nie meneer, dis die lewe. Nie eers al die aanvalle op SAPD lede haal die nuus nie, daar is veel meer as wat bekend gemaak word.

Daniel ·

Ek sal liewers niks se nie want sou ek iets se sal ou cele sy baadjie vat en loop

gatgogga ·

As regters die kriminele agressors se kant kies teen SAPD, wat kan mens verwag? Ek verwys na die onlangse hofuitspraak ten gunste van Malema, wat ‘n polisieman in uniform aanrand.

Di ·

Soek die REGTE persone wat agter hierdie polisiemoorde sit. Daar is mos voorheen dreigemente gemaak deur “opstokers” dat hulle Polisiestasies en polisielede gaan aanval. Begin miskien soek by die EFF vir die skuldiges

Swerwer ·

Wat is die verskil tussen ‘n polisie beampte en ‘n boer? Moord is moord, maak nie saak wie jy is of wat jou velkleur is nie. Waarom moet daar onderskeid getref word.

Christelle ·

Ek stem saam, sonder ons boere, ongeag ras, sit ons land sonder kos. Sonder ons polisiemag (met beperkte mag), sprei die chaos net meer.

Christelle ·

Dit is tyd dat wanneer mense skuldig bevind word van n geweldsmisdaad, moet hulle gestroop word van ALLE menseregte, want hulle het geen respek vir die slagoffer(s) se menseregte gehad nie. Hulle moet soos in die ou dae vasgeketting word en gebruik word om paaie ens te herstel en harde arbeid te verrig. Die feit dat hulle amper meer regte en geriewe in die tronke kry, maak dat daar geen respek is nie

Papsak ·

Nee omdat hulle niks voel vir plaas moorde nie GOD SLAAP nie onthou dit

Sobymykoolkop ·

Malema het mos gewaarsku en gesê hulle sal die polisie tot in hulle eie huise gaan uithaal.

Althes ·

Beki Cele gaan seker nou weer daarheen vlieg en ñ paar leë woorde mompel.
SA is siek en sat vir misdaad en tussen departement van justisie, korrektiewe dienste en polisie is daar net ñ leë vakuum sonder daadwerklike AKSIEPLANNE

Blikkies ·

Ek ry baie deur daardie area N17 se kant toe. Dit lyk na ‘n gevaarlike area, en om die waarheid te sê, dit lyk eintlik soos klein Lagos. Hulle het oorgevat daar, maar net soos al die ander buurte en dorpe.

Samuel ·

Genl. Masemola, ons het nie meer ‘n strafregstelsel nie en ons staat in wanfunksioneel.

Die moord op polisiebeamptes is egter baie sleg en die skuldiges moet aan die pen ry.

Danie ·

Ja dit is tragies. Ek wonder waar was al die ander rolspelers was? Dis tipies polisie kom loer gou en kry jou ry.O daar seker ook n tekort aan lede en voertuie.Die Nasionale Kommisaris moet ondersoek instel waarom die twee polisiemanne alleen op so n toneel gelos is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.