Die moorde Vrydagaand op twee polisiebeamptes wat nie aan diens was nie word sterk veroordeel.
Konst. Lonwabo Kili (30) is om 20:00 doodgeskiet in die Delft toe hy ʼn kennis gaan oplaai het en konst. Siyamcela Ncipa (37) is in Khayelitsha buite ʼn vriend se huis doodgeskiet.
Reneilwe Serero, woordvoerder van Bheki Cele, polisieminister, het gesê in albei gevalle is die konstabels van hul vuurwapens beroof.
Cele het ʼn 72-uur-aksiespan geaktiveer om te verseker dat die verdagtes vasgetrek en daar beslag gelê word op die wapens.
Cele het sy diepste medelye met Kili en Ncipa se gesinne uitgespreek.
Mense met inligting oor die voorval wat sal help om die verdagtes te identifiseer kan hul naaste polisiestasie besoek of 0860 010 111 skakel.
En het jy , geagte minister, al ooit enige sodanige aksieplan geloods om die weeklikse plaasmoorde aan te spreek ?? Nee, ek glo nie, pateties màn.
Hoekom die vuurwapens saamdra as jy van diens is. Dis mos moeilikheid soek. Daar is n kluis by die polisiestasie as jy nie tuis n plek het vir veilige bewaring.
Geen wet en orde in ons piesang Republiek.
Elsa, eerder die wapen by jou as geen wapen. Polisielede word geteiken soos baie ander in die land. Hulle het waarskynlik nie eers tyd gehad om hul wapens te gebruik nie omdat die lafaards hulle verras het. Ek dink polisiebeamptes vrees vir hul lewens elke tree wat hulle stap.
Ek wou die vraag vra wat Elsa gevra het. Mi behoort polisielede privaat wapens saam te dra wanneer van diens af, maar gewapend wil wees. Maar in opvolg van jou antwoord aan Elsa, waarskynlik het die wapens hul lewens gekos en sou hulle nie aangeval gewees het as hulle ongewapend was nie. Waarskynlik is jag gemaak op hul wapens.
Teiken. Elke polisieman is “verantwoordelik” vir sy vuurwapen. Vir elke koeëls wat gevuur word buite polisie-aksie, moet verslag gegee word. Hoekom n diens pistool gebruik vir privaat doeleindes? Née wat.
Hoekom nie so vinnig reageer met plaasmoorde nie met spesiale eenhede om moordenaars op te spoor nie?
Bedank die regering vani dag vi sinnelose moorde. Hul is pateties. Die selle mense wie se geliefdes so vermoor word stem dalk weer en weer vi selle govt officials.
En waar is die kommisaris van polisie, waarom kyk ons elke keer in jou gesig vas? mmmmm? Kan hy nie die joppie doen nie, of soek jy elke geleentheid om op die kassie te verskyn, Lesufi-Cele.
Jammer CELE Is nie ook so op en wakker as oumense in hulle huise op dorpies, in ouetehuise en op plase aangeval word nie .. lyk my ‘n polisieman se lewe is meer werd as die wetsgehoorsame onskuldige burger s’n?