Twee renosters by Waterberg gestroop

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die polisie van Rooiberg in Limpopo het Maandag  ʼn reusesoektog van stapel gestuur ná twee renosters by die Pomo-landgoed in die Waterberg-distrik gestroop is.

Volgens brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, het die klaer sy renosters Sondag omstreeks 09:20 laas lewend gesien. Hy het in daardie stadium niks verdags opgemerk nie.

“Die klaer het Maandag ʼn telefoonoproep van een van sy werknemers ontvang waarin hy ingelig is dat verdagte voetspore op die plaas gevind is.

“Die werknemer het die voetspore nagegaan en later aan sy werkgewer bevestig dat daar geen tekens van ʼn gesnyde heining was nie.

“Hulle het egter oomblikke later op twee lewelose renosters afgekom wat geskiet en onthoring is,” sê Mashaba.

“Die omstandighede van die voorval word tans ondersoek en die saak sal aan die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies oorhandig word.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat kan help om die verdagtes vas te trek, om die ondersoekbeampte, Jurg van Heerden, by 082 414 2337 te kontak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Moeilik om te glo die Rooiberg area is beskerm deur toegangsbeheer hekke en sekerheid wagte patrolleer die gebied.

Eugene ·

Dit hou net nie op nie want die regering sal eerder ‘n ekstra vakansiedag oorweeg as om die renoster horing mark tot in China op te volg en te vernietig. Hulle gee, net soos met alles anders, nie om dat renosters uitgeroei word nie en saam met eskom, transnet en Denel op die “was gewees” lysie verskyn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.