Twee van polisie onder verdagtes vir menseroof

(Argieffoto)

Ses verdagtes, onder wie twee polisiebeamptes, is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en afpersing.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het die polisie inligting ontvang oor ʼn man wat glo ontvoer is deur ʼn groep mense wat beweer hulle werk vir die Valke.

Die verdagtes het na bewering vir die slagoffer gesê hy word gesoek in verband met ʼn ondersoek na geldwassery. Hulle het daarna glo R2 miljoen vir sy vrylating geëis.

Die voorval is amptelik onder die Valke se aandag gebring en die verdagtes is aangekeer.

Die slagoffer het ʼn sersant en ʼn konstabel – wél lede van die polisie, maar nie van die Valke nie – asook nog ʼn verdagte wat reeds gesoek is in verband met ʼn ander korrupsiesaak, geïdentifiseer as die mans wat hom ontvoer het.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het diegene wat die beeld van die direktoraat wil beswadder, gewaarsku dat die direksie streng teenoor die oortreders sal optree.

“Lede van die publiek moet ook weet dat beamptes nie omkoopgeld benodig om hul werk te doen nie, asook nie geregtigheid sal laat ontspoor vir omkoopgeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Aai ·

Kriminele in polisie 80% en die wat nie kriminele is nie is nie in die polisie.Jammer nou dat die goeies ook nou sleg lyk.

Hannes ·

Lt.genl. Godfrey Lebeya hoekom se jy dit nie vir jou lede in SAPS nie. Ons weet vir jare dat hulle nie omkoopgeld mag ontvang nie.

Debby ·

Laaste paragraaf laat my skaterlag, as hulle nie omkoop geld kry nie doen hulle nie hul werk nie en jou saak gaan ok nererns heen nie, reguit na die “stoor” toe

Androclus ·

Hulle “like” geld soos geld nie vir hulle “like” nie.

Sarel ·

Hofverskyning…borgtog…saak sloer vir jare . Twee verdagtes indiens vsn die Polisie met volle salatis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.