Twee vas ná moord op Pta-man

Argieffoto

Twee mans, onderskeidelik 24 en 27 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 63-jarige man van Centurion.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die man se liggaam is Maandag teen 11:30 by sy huis in die Brazzaville-nedersetting in Atteridgeville aangetref.

“Die slagoffer se vriend het op sy liggaam afgekom toe hy na die man se woning is om daar besoek af te lê. Hy het die slagoffer op die vloer aangetref en dadelik die polisie ontbied,” het Moloto gesê. “Die man se huis was geplunder en die slagoffer het beserings aan sy bolyf gehad. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Die polisie het inligting en leidrade opgevolg wat later dieselfde dag tot die verdagtes se inhegtenisnemings in Brazzaville gelei het.

“Die motief agter die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek.”

Die Atteridgeville-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.