Twee vas oor byna R4 m se perlemoen

Die perlemoen waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Twee buitelandse burgers is Dinsdag in Hermanus in hegtenis geneem nadat hulle in besit van meer as R3 miljoen se onwettige perlemoen betrap is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gesamentlike operasie deur die Wes-Kaapse Valke, misdaadintelligensie en die departement van landbou, bosbou en visserye het tot die inhegtenisnemings gelei.

Die span het gister op ʼn perseel op die hoek van Hoofweg en Bergsigstraat in Proteapark toegeslaan waar hulle op ʼn perlemoen-droogfasiliteit afgekom het. Nadere ondersoek het hulle na twee ander vertrekke gelei waar gedroogte perlemoen en emmers vol afvalperlemoen gevind is.

Die perlemoen waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Volgens Van Wyk is daar gedurende die operasie op 526,1 kg se gedroogde en 644 kg nat perlemoen beslag gelê. Dié vonds het ʼn geraamde straatwaarde van R3 944 327.

Die verdagtes, onderskeidelik 20 en 32 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem en sal in die plaaslike landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is kragtens die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zorro ·

So stroop die oosterse nasies ons perlemoen, ons renosters en al ons vis. Selfs binne ons gebiedswaters verg dit slegs ‘n fooitjie in die regte hande. Selfs on minerale word gestroop.

Sê maar net ·

Noem ‘n slag hul name, want ek kan nie meer wag dat die perlemoen ouens aan ons kant gevang word nie. Hulle stroop Weskus kant leeg. Ek weet waar hulle bly, maar hulle hou nie die perlemoen daar nie. Polisie weet ook van hulle, maar kan hulle nie vasstrek nie, want niemand weet waar dit gedroog word nie. Ons kan maar net aanhou hoop dat die lot gevang word.

Skoolgeld ·

Alweer Perlemoen! Lyk my dis ñ onuitputbare bron. Kan SAP nie dalk iets aan die plaasaanval syfers begin doen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.