Twee mans is in hegtenis geneem nadat daar etlike skaapkarkasse gevind is in die motor waarmee hulle gery het in Schweizer-Reneke in Noordwes.
Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die motor is tydens ʼn padblokkade op die pad tussen Schweizer-Reneke en Amalia afgetrek. “Altesaam 14 skaapkarkasse is in die kattebak en op die agterste sitplek gevind.”
Volgens Mokgwabone is daar vasgestel dat die skape op ʼn plaas in die area gesteel is. “Die verdagtes, albei 30 jaar oud, sal Maandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Shesa Nyama!
Seker ingespring
Deksels, is DIT wat van my Schweizer vleis geword het? Ekt’ gewonder waar draai hulle so lank. As die boere R18/kg op die hoef kry, en die Supermark sny die karkas op, sit dit op ‘n polistireen bakkie en draai dit toe met selofaan….en stoot die prys op na R129/kg toe….dan gaan hierdie situasie al hoe meer en meer gebeur. Vleis het nou smokkelwaarde…
Na dese hou hulle seker spitbraai by die polisiestasie? ;-)
Welgedaan SAPD!!
Vrinne, kom ons hou asem op en sien of ons regstelsel die boer wie se eiendom (skape) dit was en die SAPD betrokke gaan ondersteun en verseker dat geregtigheid gaan geskied of net soos in die stede die misdadiger gaan bevoordeel….Maroela hou ons asb ingelig want dit is ‘n goeie katalisator om vas te stel hoe goed of vrot ons regstelsel nasionaal is.