Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou, wie se liggaam Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe by Silkaatsnek, naby Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is.
Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is omstreeks 08:00 vanoggend in die Rietfontein-gebied vasgetrek. Hulle is onderskeidelik 24 en 25 jaar oud.
Maroela Media het vroeër berig die vrou se vriend het op haar liggaam afgekom nadat hy by die huis gaan ondersoek instel het. Hy het onraad vermoed omdat sy nie oudergewoonte haar kinders by die skool kom oplaai het nie. Haar liggaam is met veelvuldige steekwonde in die huis gevind. Verskeie items is ook uit die huis gesteel.
Volgens Talane is die laaiers van ʼn skootrekenaar en selfoon, wat tydens die aanval gesteel is, intussen teruggevind maar die res van die gesteelde items word steeds vermis. “Die verdagtes sal binne die volgende 48 uur op ʼn aanklag van moord en huisroof in die hof verskyn,” het hy gesê.
Talane wou steeds nie die naam van die oorledene bevestig nie. Sy is egter intussen op sosiale media as Laurika Potgieter geïdentifiseer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
Daar is nie ‘n “e” in Hartbeespoortdam nie.
Laurika RIP hoop daar gaan ongenadig met hul tewerk gaan erger as wat hul met jou was goeie werk
Ons simpatie met die oorledene se familie en vriende.Nou is daar 3 wesies wat na gekyk sal moet word.More is die 2 kriminele weer uit op borg.Ons moet mense kan mobiliseer wat hulle volg en vankant maak.Dis al wat in die land gaan help.
Aaag foeitog. SO onnodig. SO verskriklik.:( Mag haar geliefdes vrede vind.
Nou hoef hulle nie honger te ly nie , warm slaap , lekker tv kyk en hulle is helde.