Twee vissermanne is Saterdag tydens ʼn visvangkompetisie in Durban ernstig beseer deur ʼn marlyn wat ongeveer 140 kg geweeg het.
“Al twee bemanningslede is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die intensiewesorg-eenheid in die hospitaal,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
ʼn Visserman het die marlyn ingetrek toe die vis uit die water gespring en deur die windskerm van die boot gebars het. Dit het agter op die boot beland. Die vis se vin het ʼn 35-jarige man getref en hy het op ʼn 33-jarige man geval.
Die 35-jarige man het rug-, rib- en maagbeserings opgedoen. Die ander man se skouer en rug is beseer.
“Die kaptein het bevestig dat die marlyn oor die boot gegly en weer in die see verdwyn het,” het Lambinon gesê.
Die mans sal na verwagting ten volle herstel. -SAPA
So ja. Is nie sommer net vir kom vat nie.
Fantastiese nuus !
Slegs `n handjie vol syl vis en ander spesies wat nog oorbly, en nog minder wat tot 150 kg oorleef. Maar daar’s altyd `n boepens met `n snor, `n ego en baie min verstand wie die dier om die lewe wil bring.