Twee word nog vermis ná Jagersfontein-ramp

(Foto: Verskaf)

Twee persone, ʼn 50-jarige vrou en ʼn 70-jarige man, word nog vermis ná die wal van ’n slikdam in Jagersfontein in die Vrystaat gebars het.

Huise, motors en ander besittings is in die slik meegesleur. Weiding is ook vernietig en vee is deur die slik “soos dryfsand ingesluk”.

Die premier van die Vrystaat Sisi Ntombela het Vrydag na die rampgeteisterde gebied teruggekeer om vordering van die regering se opruimingswerk te monitor.

Ntombela het lede van die gemeenskap in Itumeleng ontmoet en hulle het haar in kennis gestel van die 70-jarige Shadrack Williams wat sedert die dag van die ramp vermis word. Die gemeenskap en Williams se kleinseun glo hy is in die modderstorting meegesleur. Die saak is onder die nooddienste se aandag gebring en ʼn soek- en reddingspan is ontplooi.

ʼn 50-jarige vrou, Mantele Mokgatle, word ook nog vermis.

Dit bring die getal vermiste persone op twee te staan.

Maroela Media het vroeër berig kenners meen hulle hoef nie op die uitslag van ’n ondersoek te wag om met oortuiging te kan sê dat dié ramp verhoed kon gewees het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.