Dit kom nadat die tydskrif in Junie berig het dat Maarohanye en Mia betrap is dat hulle seks gehad het by die Johannesburg-gevangenis waar Maarohyane 25 jaar tronkstraf uitdien vir moord en poging tot moord.
Die tydskrif het ook berig dat Maarohanye spesiale voorregte geniet insluitend ‘n enkelsel, ‘n selfoon en ‘n skootrekenaar.
Mia en Maarohanye se familie het klagtes by die persombudsman ingedien. Hulle het aangevoer dat die artikel onregverdig, onakkuraat en onwaar is. Hulle voer aan dat die artikel op bewerings gebaseer is en dat die inligting wat gebruik is nie bevestig is nie.
Maarohanye se familie het ook aangevoer dat die berig impliseer dat “hy nie berou het nie en dat hy nie by die reëls hou nie”. Dit kan ‘n negatiewe invloed op sy beplande appèl hê.
Die departement van korrektiewe dienste het aan die persombudsman gesê dat Maarohyane nooit betrap is dat hy seks gehad het met Mia soos wat deur die tydskrif beweer is nie.
Die departement het ook gesê hy dra geen kennis van ‘n bewaarder genaamd Zodwa Motweni nie. Motweni is in die berig aangehaal.
Mia het aan die persombudsman gesê dat sy op die dag van die beweerde voorval die gevangenis besoek het in haar kapasiteit as direkteur van Rare Breed Entertainment en dat die maatskappy ‘n geleentheid by die gevangenis geborg het.
Mia beweer sy het nie op die dag vir Maarohanye gesien nie.
Die persombudsman het Drum beveel om onder meer vir Maarohanye en Mia op die tydskrif se voorblad om verskoning te vra. Die verskoning moet ook op bladsy agt of nege gepubliseer word saam met ‘n opsomming van die persombudsman se bevinding.
Lyk my Maroela moet vir Media24 se nuusspan leer om oor die waarheid te berig. Eish
Lynni, hoekom voel ek dan nou ook ek vertrou Maroela reeds meer as my ou koerant?
jammer se vir wat? Dit sal mos nie uit die duim gesuig word nie, as jy skuldig is moet jy die pak vat