Uitdagings ten spyt skep SA steeds werk

(Foto: Steward Masweneng/pixabay)

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,2% (179 000 werksgeleenthede) gestyg sedert die vorige kwartaal en beteken soveel as 7,9 miljoen mense het nie werk nie. Meer mense het in die eerste kwartaal van die jaar werk gevind en die getal mense wat werk het met 258 000 toegeneem tot 16,2 miljoen.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Dinsdag die kwartaallikse indiensnemingsyfers bekend gemaak.

Volgens die jongste syfers het die getal mense wat nie ekonomies aktief is nie – vir redes anders as dat hulle ontmoedig is om werk te soek – met 209 000 tot 13,2 miljoen afgeneem. Ontmoedigde werksoekers het met 87 000 in die eerste kwartaal afgeneem en dit het aanleiding gegee tot ʼn netto daling van 296 000 in die kategorie mense wat nie meer ekonomies aktief is nie.

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 32,9%.

Wanneer daar egter na die uitgebreide definisie van werkloosheid gekyk word – dit sluit diegene in wat die werksoekstryd gewonne gegee het – staan die werkloosheidsyfer op ʼn veel hoër 42,4%.

Volgens StatsSA het ʼn groot groep mense wat hulself in die vorige kwartaal as “nie ekonomies aktief nie” geklassifiseer het, hulself nou as “werkloos” aangedui. Dit het aanleiding gegee tot die styging in die werkloosheidskoers.

Beide die formele en informele sektor het toenames ondervind. In die formele sektor – wat altesame 69,1% van alle werksgeleenthede in die land skep – is 209 000 meer werksgeleenthede geskep.

In die informele sektor is altesame 107 000 nuwe werksgeleenthede geskep.

Die finansiële bedryf (+184 000), gemeenskap- en maatskaplike dienste (+175 000) en landboubedryf (+27 000) was verantwoordelik vir die meeste werkskepping.

Werksverliese is in die eerste kwartaal egter in private huishoudings (-85 000), handel (-28 000), die mynbedryf (-11 000) en vervaardigingsektor (-2 000) aangeteken, aldus StatsSA se jongste syfers.

Wanneer daar na provinsies gekyk word, is werksgeleenthede in Gauteng (+80 000), Limpopo (+71 000), die Wes-Kaap (+62 000), KwaZulu-Natal (+54 000) en die Oos-Kaap (+41 000) geskep.

Mpumalanga (-45 000), Noordwes (-4 000) en die Vrystaat (- 4 000) het in die eerste kwartaal werksgeleenthede ingeboet.

Noordwes het die hoogste uitgebreide werkloosheidsyfer (54%), gevolg deur Mpumalanga (49,7%).

Jong mense sukkel ook steeds om werk te vind. Altesame 62,1% van diegene tussen 15 en 24 jaar oud is werkloos, terwyl die syfer vir diegene tussen 25 en 34 jaar oud op 40,7% staan.

Uit die 10,2 miljoen jong mense tussen 15 en 24 jaar oud is 3,7 miljoen (36,1%) van hulle nie besig met enige verdere studie of opleiding nie, maar het hulle ook nie werk nie.

Volgens StatsSA is die werkloosheidskoers onder swart Suid-Afrikaners steeds hoër as die nasionale gemiddeld (32,9%), asook die gemiddeld onder ander bevolkingsgroepe.

Vir wit Suid-Afrikaners staan die syfer op 7,5%, altesame 14,3% van Suid-Afrikaanse Indiërs is werkloos, 22,4% van bruin mense en 37,2% van swart Suid-Afrikaners het nie werk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TruthDealer ·

Nog steeds stroom mense onbeheersd in, oor ons landsgrense. Nog steeds is die bevolkingsaanwas totaal en al op waansinnige vlakke. Waar dink die ANC gaan dit alles eindig? Maak nou nie saak of julle raswette inbring wat blankes uit die werksplek forseer nie, daar is vir julle mense ook net n spesifieke getal werksgeleenthede. Die groep belastingbetalers se demografie mag dalk verander, maar die vermoë om die ANC van belastinggeld te voorsien gaan nie veel groei nie. So still, the same situation: A handful of taxpayers that’s supposed to sustain a tidal wave of existing population Plus never-ending new arrivals, adult and newborn.

Althes ·

Vergewe my as ek dom klink. Maar as ons wit mense wie se bevolking baie minder is, se werkloosheidskoers laag is, teenoor die swart meerderheid, is dit mos logies?

Eugene ·

Skep werk vir swartes, dis Wie werk kry in suid-afrika, kennis maak nie saak nie, net jou vel kleur.

TruthDealer ·

Ek dink dit gaan oor belasting betalers selfs meer as velkleur. Ja dis erg hoe daar teen blankes gediskrimineer word. Maar belangrikste: Die poel belastingbetalers (wie hul ook al is) gaan Nimmer as te nooit kan voorbly met hierdie land se bevolkingsaanwas nie. Maak nie saak Wie daardie belastingbetalers is nie. Die bevolkingsaanwas plus die hordes wat elke dag oor ons grense stroom gaan hierdie land se totale ineenstorting teweeg bring. Daar sal Nooit genoeg werk geskep kan word nie.

Sean ·

Ons sien hoe die regering werk skep Hulle staan oral rond met hul oranje overalls en niks gebeur nie

Papsak ·

Ja mee kyk jou vel kleur val uit waar dit by werk soek kom as jy wit is vergeeeeet dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.