Uitspraak voorbehou in Coligny-2 se borgtogaansoek

Adv. Barry Roux vandag in die hooggeregshof in Mmabatho. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Regter Ronnie Hendricks het vandag in die hooggeregshof in Mmabatho uitspraak voorbehou in die borgtogaansoek van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny.

Dit kom nadat die mans, wat in Maart vanjaar aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu skuldig bevind is, vroeër spesiale verlof gekry het om direk by die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding.

Die mans se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol gepetisioneer om verlof tot appèl te kry nadat die hoë hof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

Pieter Doorewaard. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te befonds nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het vroeër getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

Roux het vandag in die hof aangevoer die mans moet op borgtog vrygelaat word omdat twee regters van die appèlhof aangedui het dat daar ’n redelike kans is dat die hof tot die beslissing kan kom dat Pakisi se getuienis nie op standaard is nie en dat die mans moontlik ontslag kan kry.

Hy het aangevoer dit is in die belang van geregtigheid dat die mans hangende die uitspraak op borgtog vrygelaat word.

Hy het voorts gesê daar is geen rede om te aanvaar dat die mans nie aan voorwaardes vir borgtog sal voldoen nie, of ’n vlugrisiko is.

Pillip Schutte. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die staat het aangevoer die mans is skuldig bevind op grond van Pakisi se getuienis.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is onregverdig dat Doorewaard en Schutte in aanhouding bly terwyl daar genoegsame gronde is dat hulle onskuldig is én daar boonop ’n redelike kans is dat ’n hof hulle later onskuldig kan bevind.

Hy het ook daarop gewys dat die enigste getuie (Pakisi) aan verskeie partye meegedeel het dat hy gelieg het. “Dit is ’n miskenning van geregtigheid om die mans in die tronk te hou, terwyl die enigste getuie gelieg het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

CS ·

Wat beteken “Uitspraak voorbehou” en hoe lank kan dit neem?

Judge Dredd ·

Nou – “They must apply their minds” – hopelik vinniger as wat Jacob Zuma dit doen.

fish ·

Okay ons almal weet van die lieg ens. Wat het die hof nou gese? Julle se net wat Barry gedoen en gese het, maar wat nou? Is die saak uit gestel of is hulle nou op lunch of wat?

Geen borgtog ·

Hulle gaan nie borg kry nie. Die regter glo vas dat sy uitspraak reg was. Hy wou nie luister nie, hy wou nie hulle toegelaat het om appélhof toe te gaan nie. Dit sal hopenlik meer uit ñ ander hoek benader word sodra die appélhof die saak hanteer.

Pieter ·

Ja want die regter het gedoen wat die ANC hom gese het om te doen die land se regstelsel is n grap net soos die regering die regter is n slapgat hy is bang hy gaan sy werk verloor hoe kan jy n getuie glo wat drie weer gawes het

Antoon ·

Voorbehou beteken dat die regter sy tyd gaan neem om die meriete in die saak te gaan oorweeg. Wat is die kans vir die sukses op die her verhoor of appel. Maar ja, dit kan tydsaam wees op sy eie tyd……

HPV ·

Hier is ons weer by die stel reëls wat net op blankes van toepassing is.

Vonnie ·

Wonder of hierdie mans n teen eis teen die staat kan in stel sou hulle on skuldig bevind word en of die getuie vervolg gaan word vir sy gelieg? Sal manne wat weet ons n bietjie meer vertel.

Abe ·

Vonnie,
Die Staat kan nie vervolg word vir n uitspraak wat in n hof gemaak word nie. Die getuie wat gelieg het kan wel vervolg word. Maar dan moet hy eers aangekla word van meineed en in n hof tereg staan op die aanklag. Die Staat moet bewyse voorle en getuies lei dat hy wederregtelik onder eed gelieg het en hy moet skuldig bevind word op die aanklag. Hy / sy regsverteenwoordiges kan ook bewyse lewer en getuies lei dat hy nie wederregtelik in die hof onder eed gelieg het nie. As hy na so n strafregtelike proses skuldig bevind word, word hy gestraf volgens die bepalings van die hof.

Ralph ·

Sit ñ eis teen die staat in vir ñ bedrag wat die manne instaat stel om te kan aftree!

Anoniem ·

Korrek, indien hulle onskuldig bevind word, lê ook ‘n siviele klag teen die regter, trek hom kaalgat uit, dank hom af en skrap hom van die rol om ooit weer sy beroep voort te sit. Dis hoogtyd dat regslui wat verkeerd is ook betaal vir hulle foute. Hulle is nie verhewe bo die wet nie en behoort die gevolge te dra.

Abe ·

Manie W,
Dikwels word hofuitsprake op apel geneem en omgedraai en dit gebeur nooit dat n regter seviel vervolg kan word nie. Lyk vir my taamlik onwaarskynlik dat hierdie regter “kaalgat” (sic.) uitgetrek en van die rol geskrap sal kan word. Vind bietjie uit oor n onderwerp voordat jy sommer belaglike kommentare lewer!

Al ·

Dankie Afriforum en dis waarom ek trots lid is van julle.
Ek het geweet die 2 mans staan nie ñ kans sonder ñ swaargewig advokaat nie. Daarvoor was die politieke druk en bevooroordeeld en rassisme teenoor die die 2 mans te erg.
Ons bid vir genade vir die 2 beskuldigdes, so far so good!

PJ ·

Ek wil mense net herinner hierdie selfde regter hendricks bevorder is tot regter president van justisie in die Noordwes Provinsie tipies anc beleid hoe meer skelm jy is in die anc netwerk word jy bevorder

Niklaas ·

In hierdie land sal vele nuwe regters soms n fout begaan , maar dit nooit wil erken nie. Ons kan daarna verwys as “saving face” en dan is daar n vrees vir stappe wat die ANC kan uitvoer as uitsprake nie na die kamerade se smaak is nie. Dit lei gougou tot dansende oproeriges wat protesteer. Loopbane is op die spel en dus gaan sake lank uitgestel word tot die stof kan gaan lê en mense vergeet.

Hoe Nou? ·

Nou is ek deurmekaar, Ek dog die regstelsel werk onafhanklik van die regering, en is nie onderhewig aan enige regerings besluit oor aan stellings van regters ens. nie.

Jack Sadie ·

@Hoe Nou. As jy glo dat ons regbank net op meriete gevul word, sonder enige inmenging, dan is jy dalk bietjie liggelowig. Gelukkig dog jy net :-) ! Kleur speel ‘n vername rol, Hoekom sal baantjies vir boeties nie ook nie normaal in ‘n abnormale samelewing wees nie?
Die blote feit dat omgekeerde apartheidstandaarde op alle vlakke van ons samelewing toegepas word, maak van ons grootmenere se ‘onafhanklike regbank’ ‘ n flou grap.

Jack Klok ·

Daar is nie so iets soos ‘n onafhanklike regstelsel nie. Die regstelsel in enige land funksioneer as onderdeel van die regering van die dag. As die regering ‘n sekere groep of ‘n sekekre ideologie of godsdiens vyandig gesind is sal sodanige ongewensde groep of ideologie strawwer hanteer word as iemand wat die regering van die dag goedgesind is. Alle wette is oop vir interpretering.

Jack Sadie ·

Jack, jy stel dit mooi beskaafd. Dankie. Ek moet darem sê ek dink ou Zumaen kie het hul destyds so bietjie vergis met ons hoofregter!

Adrian ·

Die hendricks is mos dieselfde ou wat hul valslik veroordeel het. Nou hoe kan hy die appel teenstaan waarin hy self skuldig is aan die bedrog. Daar hoort n ander regter aangestel te word om die saak verder te dryf

hercu ·

omdat die twee mans wit is, bly hulle in die tronk terwyl Zuma & Kie, soos Schabir Shaik vry rondloop en golf speel!!

“For all that is secret will eventually be brought into the open, and everything that is concealed will be brought to light and made known to all” ~ Luke 8:17 NLT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.