Ultimatum aan Eskom oor beplande afleggings

(Argieffoto: GCIS)

Terwyl die land onder ʼn ongekende energiekrisis gebuk gaan, beplan Eskom, luidens sy jongste gelyke indiensnameplan, om 500 wit vakmanne teen 2025 af te lê.

“In die lig van die bestaande gebrek aan kundigheid by die kragvoorsiener, is dit absurd,” sê Heloïse Denner, die VF Plus se woordvoerder oor arbeid. “Die VF Plus het ʼn ultimatum aan die raad van Eskom gestel om gegewe die heersende energiekrisis sy gelyke indiensnameplan te wysig.”

Die Wet op Gelyke Indiensneming bepaal dat werkgewers redelike stappe moet doen om daaraan te voldoen. Dit is nié redelik om tans ʼn verdere verlies aan vaardigheid en institusionele kennis te bewerkstellig midde in hierdie ramp nie.

Denner sê indien Eskom nie binne sewe dae aan hierdie ultimatum voldoen nie, sal die VF Plus regstappe neem om dit af te dwing.

“Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het in sy begrotingsrede in Mei verlede jaar bevestig dat kundige wit ingenieurs wat voorheen vir Eskom gewerk het, teruggelok word na Eskom om te help om die energiekrisis by te lê. Dit gebeur terwyl Eskom sedert 2 000 sowat R1,8 miljard betaal het juis om van wit kundiges ontslae te raak. Hierdie siklus word nou herhaal.”

Die VF Plus het daarom ook ʼn skrywe aan Gordhan gerig en versoek dat daar dringend van sy departement se kant af by hierdie onbesonne en ondeurdagte plan van Eskom ingegryp word.

“Die moontlikheid bestaan dat Eskom juis vanweë die minister se aankondiging, nou sy rasbalans wil aanpas deur van tegniese personeel op laer posvlakke ontslae te raak. Dit is juis hiérdie vakmanne wat daagliks spook om die sukkelende elektrisiteitsinfrastruktuur in stand te hou.”

Volgens Denner gaan verskeie gebiede nie net onder beurtkrag gebuk nie, maar die jammerlike toestand van die elektrisiteitsinfrastruktuur veroorsaak dat die krag dan weens ernstige foute vir tot 48 uur op ʼn slag afgaan.

“Dit is werklik nie nou die tyd om op rasseteikens te fokus terwyl werkloosheid die hoogte in skiet en ʼn voedselkrisis dreig as gevolg van Eskom se beurtkragskande nie.”

In die 2021-boekjaar het 76% van Eskom se verkryging ten bedrae van sowat R134 miljard vanaf SEB-firmas en ondernemings gekom. Dit stel reeds genoegsame voldoening aan drakoniese en uitgediende SEB-wetgewing daar om ʼn uitsondering op die indiensnamekwota te midde van die huidige kragkrisis te regverdig.

“Suid-Afrikaners boet nou vir Eskom-, net soos met die regerende ANC, se verkeerde prioriteite. Dit moet onmiddellik stopgesit word.”

As deel van die VF Plus se tienpuntplan om die energiekrisis op te los: Herstel en Bou, word ook geëis dat ʼn moratorium op rasgegronde aanstellings geplaas word, dat aanstellings eerder op kundigheid en ervaring gegrond word en dat dieselfde geld wat betref verkryging en diensverskaffers van Eskom.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het ʼn regsbrief aan Eskom gerig waarin hy vra vir ʼn moratorium op rasgebaseerde aanstellings by Eskom as ʼn manier om die kragkrisis te help oplos. In die brief wys Solidariteit daarop dat daar ʼn dringende behoefte in Suid-Afrika is dat net die beste vaardighede, ongeag die ras van dié kundiges, in poste aangestel moet word. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê daar is bekwame swart en wit ambagslui by Eskom en elders en Eskom moet hulle werf op grond van hul vermoë om die kragkrisis te help oplos sonder om na die kleur van hul vel te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Stephanus Hendrik ·

Totale donkerte is ons voorland. Jammer Suid-Afrika jy is besig om totniet te gaan. Hou die slegte en fire die goeies
How stupid can you be

goodCOP ·

Wanneer politiek by die voordeur instap, stap alles wat sin maak by die agterdeur uit

Martin ·

Asb ff+ moet nou ni gerrie nel voor spring ni ek daag jul uit gaan werk daar net vr een week dan sal jul dadelik probeer plan maak om ons mens daar uit te kry hoekom onder steun jul di anc solank jul ons mense daar hou langer rek jul net eskom se begrafnes uit so maak jul dit moontlik vr rampie en anc moontlik om nog baaie banke volgeld te maak ni een party kon nog iets daar aan doen ni asb laat hul onder gaan dn begin ons oor gaan praat mt di man op straat afri, verloor ons steun oor di alewege gedagvaarding moet ni in di selfde strik trap ni

Harley Davidson ·

Hoekom is die opskrif nie Rasisme by escom nie,hierdie is die probleem in suid afrika die media manupileer die nuus om by hulle agenda te pas,maak hierdie groot dit is Rasisme in sy ergste vorm selfs erger as apartheid.

annie ·

Die destydse koffiedrinkers saam met die ANC-kaders tydens die onderhandelinge vir boedeloorname deur die so gawe vriende wat nou steeds knus lewe, moet maar die geveg en die woord voer. Dom optrede lei tot dom gevolge. Ons mense ly nou ipv te lei. En dieselfde VFPlus dink ons onthou niks.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners was destyds reeds op Dag 1 op die planke. Die skrif was toe aan die muur.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek sien geen toekoms vir Suid-Afrika met die cANCer en/of EFF in beheer. Hulle is deurdring met die sosialisties-kommunistiese ideologiese teologie. Soos in die res van Afrika sal toenemende uitsiglose swart jeug emigreer om in die Weste ‘n beter toekoms te soek. Die agtergeblewenes sal hul frustrasies en hongerte uitleef in Mzansibwe en bankrot nuttelose Esdombabwe.

Nico ·

Eskom daar goeie wit en swart ambags manne, julle wil van die wit ambagsly ontslae raak nou wil Eskom onbevoegde swart ambags manne aanstel wat niks weet nie. Eskom hoeveel gaan daar spandeer word aan pakkete en dit terwyl Eskom op die afraende pad is, dit is absoluut swak beplanning en ‘n (egregious fool). Eskom hoekom luister julle na Pravin Gordhan nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gordhan is nie Afrikaners se vriend nie. Sy oggend en aand praaitjies verskil.

Witbaard ·

AfriForum sal gelukkig weer ingryp. Politieke partye raas en bereik niks.

vuurvliegie ·

Al hoe Eskom en die regering gaan hoor as die wit mans van Eskom begin staak en die tools neergooi. Dan sal hulle hopelik luister.

Jaco ·

En die hof wat deur die anti-wit ANC-regering beheer word, gaan natuurlik uitspraak teen eskom lewer….

Nie Verbaas ·

Alles gaan oor om stemme te probeer werf ongeag die feit dat hulle ons in permanente donkerte sal hul . Suid Afrika se regering kan maklik uitgewys word as die mees arrogante, onbevoegde en onnosel spul regoor die wêreld. Enige intelligente persoon sou van die korrupte en onbevoegde werkers ontslae geraak het waarvan daar n oorvloed is.

Frederik C ·

Daar’s huidiglik baie werk oorsee vir wit ambagsmanne met kragstasie ondervinding. Laat Solidariteit liewer onderhandel oor die afleggingspakette.

Republikein in die Wes Kaap ·

Solidariteit wil nie hê hul lede moet die land verlaat nie.

Aggie ·

As ek so lees en kyk na alles wat in ons land afspeel, wonder ek by myself: Wanneer sal almal, maar hoofsaaklik die gelowiges, besef dat net God Almagtig hierdie land kan red. Ek glo vas dat Hy wag vir die dag wat alle afgedwaaldes weer na Hom toe terug sal kom en ons hoop en verwagtinge in Hom sal stel. Amen????✝️

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien jy berusting in jou geloof vind is dit goed so.

gatgogga ·

Maar dan is dit mos nou 100% duidelik dat die ANC se plan is om Eskom tot niet te laat gaan.

Staal ·

Enige ander land gebruik hulle beste atlete om die beste te kan presteer. Nie die land van ons nie. Hoe kan ons dan wen?

gatgogga ·

Die ANC speel met ons. Elke dag is daar ‘n ander dreigement: dan val hulle ons taal aan, dan onderwys, dan in diens neming, dan ons eiendom, ensovoorts. Dit sal nie ophou nie. En ons bly net keer en verdedig. En so hou hulle ons op die agtervoet. Hulle gee ons nie kans om tot verhaal te kom nie.
Daar is een manier uit hierdie geboelie uit – veg vir ‘n onafhanklike Wes Kaap. So ‘n strewe beveg al die ANC aanvalle op een slag. Wat meer is, ons hou ‘n register van al die dreigemente teen ons bestaan en kultuur as getuienis wat ons sal in staat stel om af te stig. Ons kan die bordjies vehang, aanval in stede van altyd verdedig.
Maak afstigting ons eie dreigement!

Raadsman ·

Dit wys duidelik hoe die ANC regtig voel oor die energie krises in SA.
Weereens ‘n bevestiging wat ek reeds vroeer genoem het dat Eskom se enigste KPI is om van blankes ontslae te raak.
Energie veskaffing is vir hul ‘n bysaak – of miskien geen saak daarmee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.