Universiteit van Kaapstad in vlamme gehul

‘n Gebou op die Universiteit van Kaapstad se kampus brand. (Foto: Verskaf).

Die Universiteit van Kaapstad moes ontruim word nadat ʼn brand Sondagoggend aan die voet van Tafelberg uitgebreek en na die universiteit versprei het. Verskeie van die geboue op die kampus, sowel as historiese bakens, het in die slag gebly.

“Alle universiteitstudente word tans deur nooddienspersoneel van die kampus af na veiligheid geneem. Die universiteit werk saam met SANParke en die Stad Kaapstad om die brand op die kampus te blus,” het die universiteit Sondagmiddag in ʼn verklaring gesê.

Die historiese Mostert se Meule ná dit gebrand het. (Foto: Twitter/@vickystarkinc)

Maroela Media het vroeër berig die stad se brand‑ en reddingsdiens is omstreeks 08:45 ingelig oor plantegroei wat by Philip Kgosana-rylaan naby die Rhodes-gedenkteken aan die brand geslaan het. Die brand het die gedenkteken se teekamer beskadig. Luidens ʼn verklaring deur SANParke Sondagmiddag het die restaurant intussen heeltemal afgebrand.

Teen 17:00 Sondagmiddag het brandbestryders steeds gesukkel om die brand onder bedwang te bring. Luidens plasings op sosiale media het verskeie lektore se kantore en die biblioteek, waar waardevolle historiese dokumente gehou word, gebrand. Mostert se Meul, ʼn historiese windmeul in Mowbray oorkant die universiteit, is ook erg in die brand beskadig. Dit was tot op hede nog die enigste windmeul in werkende toestand in Suider-Afrika.

Volgens SANParke se verklaring het 129 brandbestryders van verskeie nooddienste Sondag die brand bestry en nog brandbestryders sou binnekort by hulle aansluit.

Volgens SANParke dra warm temperature en lae humiditeit daartoe by dat die brand vinnig versprei.

Die Stad Kaapstad het intussen versoek dat lede van die publiek wat kospakkies vir die brandbestryders wil skenk, dit by die brandweerstasie in Roelandstraat aflewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Dit is makliker om af te breek as om op te bou. Die foto’s lyk soos ‘n hel. Soort soek soort, aartjie na sy vaartjie.

Danie ·

Dis mos nou weer tyd vir semestertoetse….beter vir sommiges as die kampus eerder in ‘n warboel gedompel is?

H ·

wat se jy nou MALEMA!!!!!!!!!!!!!!! IS jy nou gelukkig !!!!!!!!!!!!!

Pot se lepel ·

Omdat daar nie meer onderhoud gedoen word en brandpaaie in stand gehou word nie.

Nico ·

Dit is vandalisme, die veld is met opset aan die brand gesteek, dan word daar gekla daar is nie university nie.

Misky ·

Ek het ook gehoor dat drie mense reeds inhegtenis geneem is vir brandstigting. Hierdie was nie natuurlike faktore nie, maar moedswillig. Die natuur voer dit nou en dis buite beheer, maar was gestig deur mense toedoen.

Di ·

Glo vas hierdie brand het nie vanself onstaan nie, iemand sit weer agter als. Ek kan dink wat ek wil maar mag nie se nie! Hulle moet maar als afbrand en klaar kry. Hulle sal dan seker weer ander brande stig en optogte hou omdat daar nie skole en universiteite vir die hordes is nie.

Karina ·

Daar is gevind ‘n “bosloper” het vuur gemaak maar nie na die tyd geblus nie. Iemand is ook in hegtenis geneem ivm die vuur. Ek het op Google News na die verskriklike vure gekyk. Dit is baie erg.

Theresa ·

Brand dit, ja, brand dit. Sodat daar vir hulle niks oorbly nie. Dit is eintlik so ironies en op die ou einde, beter.

anko ·

Brandstigters of enige persoon wat nalatig is met vure maak, maak nie saak waar en hoe nie, en die wêreld brand, moet die persoon die dikste en warmste brandweerpak aantrek en lewenslank vure dood slaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.