‘Urine-student’ het nog nie US-klagstaat ontvang

stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch.

Die student wat voorverlede naweek glo op ʼn ander student se besittings by een van die Universiteit Stellenbosch (US) se manskoshuise geürineer het, wag nog om te hoor wat die universiteit se klagte teen hom is. Theuns du Toit is verlede week voorlopig van die universiteit geskors hangende ʼn tugverhoor.

Martin Viljoen, woordvoerder van die US, sê die universiteit se kantoor vir studentedissipline het die ondersoek afgehandel en reeds Vrydag ʼn formele klagstaat aan Du Toit deurgegee. Die klagstaat is na Du Toit se amptelike universiteit e-posadres gestuur en volgens Viljoen moet hy teen vandag (Maandag) hierop antwoord.

“Ingevolge die bepalings van die Studente Dissiplinêre Kode (SDK) het hy dan 72 uur om op die bewerings te reageer. Daarna word die lêer aan die voorsitter van die SDK gestuur vir ʼn besluit oor die toepaslike dissiplinêre kanaal,” sê Viljoen.

Du Toit se regsverteenwoordiger, William Fullard, sê egter hulle het nog geen terugvoer van die universiteit ontvang oor die stand van hul ondersoek nie en wag nog om te hoor presies waarvan hy aangekla word.

“Op hierdie stadium is ons nie bewus van enige klagte teen ons kliënt nie. Ons kan nie reageer as ons nie weet wat die klagte is nie.

“Ons het wel verlede week korrespondensie van die universiteit ontvang oor die voorlopige skorsing.”

Viljoen sê indien die voorsitter van die SDK besluit dat die saak na ʼn dissiplinêre verhoor verwys moet word, moet die student tien werkdae kennis gegee word van die dissiplinêre verhoor ingevolge die bepalings van die Dissiplinêre Kode.

Die universiteit kon egter nie die inhoud van die klagstaat bekend maak nie, aangesien dit deur die universiteit as vertroulik geag word.

Indien die SDK besluit om ʼn dissiplinêre verhoor te hou sal ʼn tugkomitee saamgestel word. Die verhoor sal toesien dat daar getuies vir en teen Du Toit se skorsing aangehoor word en die komitee sal eindelik ʼn bevinding oor Du Toit se toekoms by die universiteit moet maak.

Babalo Ndwayana, die student op wie se besittings Du Toit glo geürineer het, het Dinsdag ʼn strafregtelike klag teen hom aanhangig gemaak. Aanklagte van huisbraak, opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria is teen Du Toit aanhangig gemaak.

Fullard staan ook Du Toit en sy gesin in hierdie saak by en sê hy is deurlopend in kontak met die ondersoekbeampte.

“Op hierdie stadium het ons nog nie ʼn verklaring van Du Toit by die polisie ingedien nie, maar ons gee ons volle samewerking in die ondersoek.”

Die polisie beplan nie om in hierdie stadium Du Toit in hegtenis te neem nie.

Die Du Toit’s is wel bereid om die strafregtelike saak deur middel van mediasie op te klaar, maar in hierdie stadium word Du Toit en Ndwayana se families verbied om met mekaar in kontak te kom, weens die hangende kriminele saak.

Fullard sal na verwagting weer vandeesweek met Du Toit en sy gesin konsulteer oor die meriete van die saak.

“Hierdie is ʼn moeilike tyd vir hom [Du Toit] en sy familie. ʼn Week gelede was hy nog ʼn normale student en nou is sy lewe en dié van ander studente [weens die uitstel van die eksamens] omvergegooi.”

Op advies van Fullard sal Du Toit nog nie sy kant van die gebeure in die openbaar stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarel ·

Saak raak ook nou afgesaag…jong man het klaar sy toekoms verongeluk….kom ons beweeg aan

Rudi ·

Hy moet nie huil nie. Hy weet wat het hy gedoen. Studente pret is goed, maar dit wat hy gedoen het, is onmenslik. Mens doen dit nie. Gaan pie eerder agter ‘n boom.

Jean ·

Ek stem 100% saam jou, maar dit was glad nie iets met rassisme te doen nie

Harley Davidson ·

Twak, dit is veel erger om boere en hulle gesinne op plaase te martel en te vermoor hierdie was ‘n dronk student wat te ver gegaan het maar niemand is geskend of doodgemaak nie .

Marius ·

Die us se sleep van voete pas goed in by die staat se skillie pas. Dink die storie raak nou afgesaag. Wat het van die verkragting sage geword ?

Niklaas ·

Dit word gesien as ‘n misdryf van ‘n blanke teenoor ‘n swarte. Natuurlik sal daar geen stille dood hieroor wees nie en “our people” sal nie rus voordat die swaarste straf uitgedeel word nie. Dis hoe dit is in SA.

Delia ·

Hoe kan die ouers verbied word as hulle met mekaar wil praat.

Di ·

Ja nee die slagoffer soek seker nou weer geld! Hierdie saak gaan nog vrot gepubliseer word. Alles wat blankes verkeerd doen is “onvergeeflik” maar as dit omgekeerd is, dan is dit apartheid en previous disadvantaged wat opgehaal word.

Manie ·

Altyd ‘n sagte geldjie by betrokke, dit maak mos alles reg.

Sobymykoolkop ·

Moet NOOIT die media se aanblasery miskyk nie, geen woord word gespreek oor die verkragter nie.

Spook ·

Ek kry al hoe meer hond-se-gedagte oor die saak. Gewoonlik is daar groot reaksies van al wat ‘n politikus is, en ander sogenaamde menseregte organisasies. Hierdie keer was almal baie terughoudend in hul uitsprake. Wat is werklik hierdie keer aan die gang?

Wiehann ·

Wat het geword van die verkragting by US? Of is die voorval erger as dit?

Dries ·

Ek was n groot slaper op koshuis tot my koshuis maats se frustrasie. Een oggend word ek wakker toe staan twee manne voor my bed en urineer op my. Ek was blitsvinnig uit die bed. Vandag lag ons nog daaroor. Hoe het die wereld nie verander nie

Kobus ·

Hoekom word die “verkragter-student” nie geïdentifiseer nie. Ook nie sy ras nie. Ooooooo, ek verstaan – laat ‘n wit vel iets teen ‘n swart vel doen, dán bars die hele wêreld uitmekaar. Verkragtig? Wat is dít nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.