US-studente se motor in water gevind

Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) is Vrydagmiddag laas by Kirkland se woonstelgebou op Stellenbosch gewaar (Foto: SAPS)

Die maroenkleurige Subaru Forester waarin Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) van Stellenbosch Vrydag die laaste keer gesien is, is gevind.

Kirkland se pa, Paul Midlane, wat by die soektog na die twee studente betrokke was, het aan Maroela Media bevestig die motor is Maandagoggend in ’n steengroef op die hoek van Bird- en Paul Kruger-straat in Stellenbosch gevind.

Volgens Midlane en ’n goeie vriendin van Kirkland was daar twee liggame in die motor.

Die steengroef op die hoek van Paul Kruger- en Birdstraat in Stellenbosch, waar die studente se motor gevind is (Foto: Skermskoot van Google Maps)

“Daar is nog nie bevestig wie se liggame dit is nie,” het die vriendin op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media gesê.

Die paartjie is Vrydag omstreeks 17:00 vir die laaste keer buite Kirkland se woonstelgebou op Stellenbosch gewaar. Hulle was saam in ’n maroenkleurige Subaru Forester met die registrasienommer CA 280 247.

Hulle is Saterdag as vermis by die polisie aangemeld.

Kirkland se hartgebroke vriendin vertel inwoners van die woonstelblok waar Kirkland woon, het die afgelope 48 uur nie ’n oog toegemaak nie.

“Almal het gehelp soek.”

Kirkland was ’n eerstejaar-BSc-rekenaarwetenskapstudent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mieke ·

So jammer vir die ouers van hierdie jong studente. Wat ‘n groot verlies. Baie sterkte.

Anonymouse ·

Ai, ek het so gehoop en geglo hulle het net besluit om ‘n breek te vat. My hart gaan uit na hulle families.

Hennie Biebouw ·

Ons weet nie wat tot die tragedie gely het nie, maar, vrae kan beslis gevra word rondom die Stellenbosch Munisipaliteit se onvermoeë of onwilligheid om op te tree teen die eienaar van hierdie onooglike,lewensgevaarlike gat in die middel van Stellenbosch. Die eiendom is al jare lank twispunt , maar niks word daaraan gedoen nie.

Roek ·

Wat op aarde sou gebeur het dat die kinders in die onooglike gevaarlike gat water beland het ??

Blue Butterfly ·

Tragies. My hart gaan uit na hulle ouers, familie en vriende.

Onnie ·

Ai dis nou n tragedie! Ek weet ook dat hierdie ‘n besonderse slim jong man moes wees, want B Sc Rekenaarwetenskap is een van die moeilikste kursusse by die universiteit. Sterkte aan die familie in die hartseer tyd. Altyd tragies as jongmense sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.