UV-student dood in koshuiskamer gevind

Die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: UV/Facebook)

ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin nadat ʼn eerstejaarstudent dood in sy koshuiskamer op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Qwaqwa-kampus aangetref is.

Die 19-jarige student is Sondag deur medestudente dood in sy kamer in die Steve Biko-koshuis aangetref waarna die polisie ontbied is.

Volgens ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, is die oorledene omstreeks 23:30 Saterdag die laaste keer lewend gesien.

“Studente van die universiteit het die kampus se 20ste bestaansjaar gevier en die oorledene het ook die feesviering bygewoon.”

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Volgens Mophiring kan die oorledene se naam nog nie bekend gemaak word nie aangesien al sy naasbestaandes eers van sy dood in kennis gestel moet word.

Die bestuur van die UV het intussen sy skok en hartseer oor die student se dood uitgespreek.

“Die voorval is uiters ontstellend, en die universiteitsbestuur wil graag sy medelye met die familie en vriende gedurende hierdie baie moeilike tyd betuig,” het dr. Martin Mandew, hoof van die Qwaqwa-kampus, gesê.

“Die universiteit sal sielkundige ondersteuning aan die gesin én studente van die betrokke koshuis beskikbaar stel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Miskruier ·

My seuns was daar in koshuis, moet met jou saamstem. Hulle het darem nie op ander se goed ge-urineer nie. Daar is n nuwe soort student wat drank in sy kamer hou en hul suip soos visse.

Shakespeare ·

Een van my werkers het n man vermoor. Hy het my gepla seg hy. Maand later met ooggetuies as bewys slaan hy weer uit op my plaas. ONSKULDIG ! Dis hoe hulle rol. Sal enigeen doodmaak sonder om ‘n oog te knip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.