Vals alarm oor veiligheid van Nigeriërs in SA ‘betreurenswaardig’

Lede van die Super Eagles se ondersteunersklub by ‘n vorige wedstryd. Nigerië pak Suid-Afrika Woensdagaand in die halfeindstryd van die Afrikabeker. (Argieffoto: Beloumou Olomo/AFP)

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het kennis geneem van die “betreurenswaardige” waarskuwing wat die hoë kommissaris van Nigerië in die land oor die veiligheid van Nigeriërs in die land uitgereik het.

Die waarskuwing lui dat aanlyn opmerkings deur ʼn “gedeelte van Suid-Afrikaners teen Nigeriërs in die gasheerland [Suid-Afrika] hoofsaaklik beïnvloed word deur die komende halfeindstryd tussen die Super Eagles en Bafana Bafana”.

Nigerië en Suid-Afrika pak mekaar Woensdagaand om 19:00 in die halfeindstryd van die Afrikabeker.

Die hoë kommisariaat in Suid-Afrika het Nigeriërs in die land gewaarsku om te let op enige opmerkings wat hulle maak, waar hulle na die wedstryd kyk – veral in openbare ruimtes – en om hulle te weerhou van enige uitlokkende feesviering sou die Super Eagles die wedstryd wen.

Dirco sê egter Bafana Bafana het al verskeie kere teen hul Nigeriese eweknieë te staan gekom en daar was tot dusver nog geen geskiedenis van Suid-Afrikaners wat amok gemaak het weens die uitkoms van sulke kragmetings nie.

“Die waarskuwing is betreurenswaardig omdat dit lyk of dit kommer wek en onnodige spanning skep tussen Suid-Afrikaners en Nigeriërs wat hier woon of die land besoek,” sê Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco.

“Ons is vol vertroue dat die sportgeesdriftige Suid-Afrikaanse nasie geen bedreiging vir Nigeriërs inhou nie en ons stem nie saam met die kommer van die hoë kommissaris nie.”

Monyela sê, net soos die departement in die verlede met soortgelyke waarskuwings gedoen het, doen hy weer ʼn beroep op die diplomatieke korps om Dirco te nader en enige kommer oor diplomatieke kwessies te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

hpven ·

Derde wêreldse land waarsku hul burgers teen ‘n ander derde wêreldse land, spreek boekdele! Ramaphosa en ANC dit is tyd om kennis te neem!

Jacobus ·

Belaglike stelling. Die impak wat Nigeriese burgers op ons land het mbt ‘n duisternis misdaad verwante aktiwiteite is ‘n beter vraag?

Danie ·

Wanneer daar ‘n kompetisie is tussen die slagofferskappers is om die grootste slagoffer te wees.

Anel ·

Nigiriers kan maar terug gaan waar hulle vandaan kom. Hulle net ‘n spul misdadigers wat nie hul aktiewiteite in hul eie land kan doen nie!!!

Kokerboom ·

U is reg mnr Monyela. SA verwelkom ALLE broers en susters uit Afrika. Ons grense is dan oop! Hoe kan die Nigeriese Hoë Kommissaris dan so oningelig wees!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.