Verbod stuit nie sigarethandel – studie

Onwettige sigarette wat die polisie op beslag gelê het. (Foto: SAPD)

ʼn Nuwe navorsingstudie deur die Universiteit van Kaapstad (UK) wys dat amper alle rokers dit reggekry het om sigarette te koop gedurende die nasionale afsonderingstydperk.  Die gevolgtrekking van die studie is dat die sigaretverbod uiters ondoeltreffend is en onmiddellik gelig moet word.

Sedert algehele afsondering op 26 Maart ingestel is, is dit onwettig vir Suid-Afrikaners om sigarette te koop of te verkoop. Dié regulasie het reeds hewige kritiek ontlok en sommige organisasies het die regering selfs al met die hof gedreig.

Die navorsingseenheid oor die ekonomie van aksynsprodukte (REEP) aan die UK het bevind dat 90% van rokers tydens afsondering sigarette gekoop het, ten spyte van die verbod daarop. Rokers moes wel aansienlik meer betaal vir sigarette en in baie gevalle onbekende handelsmerke koop. In sommige gevalle moes hulle selfs gebruik maak van dwelmhandelaars, smokkelaars en handelaars op die swart mark, lui die navorsingsverslag. Die verslag wys ook dat rokers se sigaretverbruik tydens die eerste paar weke van afsondering met 10% toegeneem het.

Universiteit Kaapstad.

Die persentasie mense wat enkele sigarette koop, het ook verdriedubbel tydens die afsonderingstydperk. “Dit is ʼn groot probleem vir die openbare gesondheidstelsel in Suid-Afrika, veral ná die Covid-19-pandemie uitgewoed is,” lui die verslag.

Prof. Corné van Walbeek, hoof van die navorsingseenheid, sê terwyl die bedoeling van die verbod aanvanklik was om die gesondheidstelsel te ondersteun, die nadele hiervan nou baie meer is as die voordele.

“Die huidige verbod voed die onwettige mark, wat toenemend moeilik sal wees om van ontslae te raak, selfs wanneer die afsonderingstydperk gelig word. Rokers is desperaat vir voorraad en is bereid om buitensporige pryse te betaal,” sê Walbeek. Hy sê dit was ʼn fout om die verbod tydens vlak 4-afsondering voort te sit en die regering behoort die verbod so gou moontlik te lig.

Yusuf Abramjee, stigter van die organisasie Tax Justice South Africa (TJSA), sê die verslag steun sy organisasie se waarskuwings oor die gevolge van die sigaretverbod en stem ooreen met ʼn soortgelyke studie deur die raad vir geesteswetenskaplike navorsing (RGN). Dié studie het bevind dat 60% van rokers voorraad tydens afsondering aankoop. Dié mense, wys die navorsing, het nabye kontak met gemiddeld 10 ander mense buite hul huis terwyl hierdie transaksies plaasvind.

“Genoeg is genoeg. Die regering moet sy fout erken en Suid-Afrika se nagenoeg 11 miljoen rokers toelaat om wettige sigarette in winkels aan te koop,” sê Abramjee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Eugene ·

Ek winder of Cyril na logika sal luister of sal sy ministers hom oortuig om aan te hou met die malligheid want dan hoef hulle nie hulle eintlike werk te doen nie.

Nie Verbaas ·

Slim het duidelik in die opsig sy baas gevang. Geen inkomste vir regering op belasting, meeste rook nog steeds net so lekker en na lockdown moet regering van stap een af sukkel om onwettige tabak verkopers op swartmark vas te trek. Mense sal nou meer geneig wees om te deel omdat sigarette nou duur is.

Karin ·

Regtig dink jy regering gaan dit ophef hul kry goed geld so hoekom sal hul verbod ophef. Ons bly in n sirkus land

Nick ·

Vanoggend nuus24 se voorblad so geniet, hierdie anc spulletjie is nou so opgewerk want hul onbekwaamheid ten opsigte van Covid-19 is blootgele sodat almal dit kan sien maar soos gewoonlik soek Mkize en sy onbevoegde trawante n verskoning en is nou dik die d….r in vir Dr. Gray,dankie vir jou eerlikheid en dat jy dit met die res van ons gedeel het,hierdie anc troepe is nou op n warm plaat,kom ons kyk en hoor watter afgewaterde verskonings hulle aanbied!!!

Pietertjie ·

Hopelik gaan meer mense se oë oop vir wat werklik in hierdie land aangaan, wie agter dit sit, en wie dit finansier. All animals are equal, but some are more equal than others!

Andre ·

Daar is niks wat jy aan n steeks donkie kan doen nie, die regering is besig om hulself masief te benadeel, maar steeds soos n donkie sal hul aanhou tot die donkie vernietig is…lol ek glo dis deel van die magsgryp van die regering….. sal n lekker ondersoek wees om te sien wie se onderrokke uithang in die verband

Erica ·

Ek kan een ding se, ek het n goeie dealer gekry. Die ANC het my gedwing om skelm te wees met hul belaglike zol tannie. Maar die ANC moet mos altyd die dam onder die eend uit ruk. N graad een weet van beter.

gatgogga ·

Moenie die woord “monkey” gebruik nie – dit gee aanstoot, want party mense vergelyk hulleself met die diertjie en voel dan minderwaardig en teneergedruk.

Deon ·

Cele kan ook die statistiek gebruik en die “kriminele” daad wat gepleeg is om te koop by sy statistiek aanlas…. Dankie regering dat julle so baie van ons mense in kriminele verander het.

Baardman ·

Dit was nie eers nodig om navorsing daaroor te doen nie. Enige iemand met verstand kon voorspel het dat sigaretverkope sal aanhou. Al wie baat by die verbod is die onwettige handelaars wat nou die massas se “social grants” opslurp.

Pieter ·

So gaan dit as jy menisters aan stel wat net graad twee het. Ek sal nou by die swart mark bly koop. Dan weet ek die regering kry nie geld nie.

Lila ·

Ons is gyselaars van die ANC wat hulle mag misbruik en ons regte en keuses inperk in blatante teenstryd met die bepalings van die Gronwet en Handves van Menseregte. Vryheid van beweging en vryheid van assosiasie is weggeneem. Vryheid van keuse het ook gesneuwel. Die ekonomie spoel in die riool af en niemand gee om nie. Solank hulle die mag in hul hande het. Wit besighede mag nie hulp kry nie maar hulle besef nie dat hierdie besighede swart werkers het wat nou werkloos is. R350.00 vir werkloses koop nie eers brood vir “n gesin vir ‘n maand nie! Hierdie mense moet wakker skrik. Hulle is besig met passiewe opsweping tot geweld. Die man op straat gaan opstaan en die mag in eie hande neem met geweld dan gaan die land onregeerbaar word. Gee ten minste ons voorregte terug. Dit is nie oorlog nie net ‘n pandemie. Daar is ‘n groot verskil tussen die Wet op Rampbestuur en die KRYGSWET. Ons word tans onder Krygswet regeer en niemand wil die woord sê nie want hulle is lafhartig. Iemand moet opstaan

Herman ·

Die regering benadeel hulle self en ons op die einde van die dag. Polisie moet nou hulle tyd mors op klopjagte en motors ondersoek en watookal ipv te doen wat hulle moet doen. Na my mening is hierdie hulle plan……geld maak tax free

Riana ·

En so word die korruptes se sakke gelaai net die onwettige handel van sigarette

Peet ·

Ek wonder of enige iemand die negatiewe kant van die onwettige sigarette in sy totaliteit insien. Dit is gif wat hulle aan die rokers opdis en omdat dit die enigste is wat verkrygbaar is rook hulle dit. My simpatie met die rokers. Ek is al 10 jaar n eks roker

Mathilda ·

Maar natuurlik sal ons rokers ‘n plan maak om sigarette in die hande te kry. Ja ons betaal nou wel 3 dubbel vir ons rokies, maar vir solank as wat dit beskikbaar is, sal ons rook. Die afsondering het my geleer om skelm te wees, want ek soek tot in die verste hoeke op ‘n skelm manier vir sigarette.

Jan ·

Een van daai anti rook ministers het n vinger in die paai met die insmokel van sigarette . Soos daai boek van die media skrywer Paw . Daar is baie staats amptenare wat voirdeel trek uit sigarette wat ingesmokel word

Adam Adriaan ·

Hierdie verbod is ingestel om die NWO drywers se sakke te vul, ongeag die skade wat die staat lei deur die inkomste wat opgeoffer word. Alles in opdrag van die NWO drywers

Fedup ·

Abramjee, please do my a favor. Go stand in front off any wall and pretend that that’s the circus you are talking to.
That is how we feel. And those who made us pay 4 arms and 8 legs for sigarettes need to remember, lockdown will not last forever.

Coolbanana ·

Geen probleem om goedkoop sigarette te koop nie, het die afgelope maand 7 verskillende tipes gekry, ten duurste…. En my gesondheid slegter af seker…… Wie baat hierby? Polisiering het nog nooit gehelp, voor of tydens lockdown. Yusuf is reg… Gee hom n Bells!!

Sarel ·

Dit is wat moes plaasvind. Die Smokkelhandel word lekker gefinansier en raai wie het bande met Tabak smokkelaars

Althes ·

Wat sê Dlamini Zuma nou? Agv haar inmenging het Staat belastinginkomste verloor, en die verbod het misluk.

capie ·

Hulle kon nog nooit die rondkyk twak in toom hou nie , nou wil hulle dit doen met sigarette.

Hanz ·

Ek stem nie saam met die verbod op die verkoop van sigarette nie. Die artikel bewys eenvoudig dat verslaafdes enige wet sal verbreek om hulle “fix” te kry.

Elsa ·

Hierdie inperking moes nooit gebeur het nie. 200 sterftes uit 58miljoen?

Nico ·

Hoekom word sigarette verbied wat van dagga en al die ander dwelm middels wat vrylik in gesmokkel word, wat word daaraan gedoen.

Se maar net ·

Ja, en so het die Regering die wetsgehoorsame mense verander om soos skelms rond te gaan om sigarette te koop op die swart mark. Mooi man, daardie geld wat hulle kon inkry vir die verkoop van sigarette kon aangewend word vir die Covid-19 hulpfonds. Die nie rokers kan my maar stenig want jy sal nie verstaan waardeur mense gaan wat al jare rook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.