Verdagte in Klawer-moord wil nie borgtog hê

Daniel Smit Maandagoggend in die hof. (Foto: Verskaf)

Die man van Klawer wat tereg staan vir die moord op ’n tienerseun, het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Daniel Smit (56) het Maandagoggend vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die moord op die 13-jarige Jerobejin van Wyk.

Jerobejin het verlede week verdwyn nadat hy glo vrugte by Smit se huis in Klawer naby Vredendal in die Wes-Kaap gesteel het. Smit het die tiener daarna glo agternagesit en hy is sedertdien nie weer gesien nie.

Smit is Vrydag in hegtenis geneem nadat menslike oorskot in ʼn rioolpyp op sy erf gevind is. Die polisie het wel nog nie bevestig dat die oorskot dié van Jerobejin is nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die beskuldigde se prokureur het vanoggend aangedui dat hy nie van plan is om om borgtog aansoek te doen nie. Die staat sal die aansoek teenstaan sou Smit van plan verander.

Hy staan tereg op aanklag van moord, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en regsverydeling.

Die saak is nou tot 26 April uitgestel vir verdere ondersoek.

News24 berig talle lede van die gemeenskap het vanoggend buite die hof saamgedrom. Skokgranate is in ’n stadium afgevuur om ontstoke lede van die publiek in bedwang te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Mariaan ·

Ag nee oom…hoe dink jy nou? Seun is maar 13…om die kind nou te vermoor…dis darem wreed…nou is jou lewe ook verwoes…en die swart teen wit haat NET NOG ERGER….

krodedil ·

Dis verkeerd wat hy gedoen het. Ek wonder net of jy ook skryf dat swart teen wit haat vererger as dit by wit moorde kom.

Samuel ·

Hierdie moord, gepleeg deur ‘n witman, is baie sleg. Dit vuur weer rassehaat aan. Wat het deur sy kop gegaan. Innige simpatie met die naasbestaandes.

piet ·

Kan ook nie juis se dis op die ingewing van die oomblink gedoen in woede nie. Sit nogal die kinders agterna met ‘n kar vang die een kind en bring hom huis toe en vermoor hom. Genade, het mos baie tyd gehad om af te koel en tot sy sinne te kom.

piet ·

Hy is ‘n wit moordenaar. Julle is so lief om te noem dat die moordenaars swart is in ander sake. Hier het ons nou ‘n WIT MOORDENAAR wat ‘n anderskleurige vermoor het. Skeer maar oor dieselfde kam.

Philip ·

Dit is nie nodig om sonder werklike bewyse die persoon skuldig te bevind wag eers dat daar meer feite beskikbaar is anders gaan dit neerkom op hoorse.

George ·

Hy het letterlik homself oorgegee en erken hyt dit gedoen.

Linx ·

HOORSÉ?SONDER ENIGE BEWYSE?
Ek dink jyt comment op verkere berig,Phillip,want hierie man het skuldig gepleit

piet ·

Hy’s duidelik ‘n gevaar vir die samelewing (veral jong kinders). Hou liewer agter slot en grendel.

George ·

wie weet wat het hy nog met die kinders gedoen, tien teen een n pedo ook.

Lubbe ·

Jy is seker nie ernstig nie. Dit kon een van jou kinders gewees het….

Miskruier ·

Twee sake in die laaste week, waar Phiel en n 18jarige model dood gery is. Altwee beskuldigdes het borg ontvang.

piet ·

Hy wil nie aansoek doen vir borg nie (seker bang die gemeenskap kom hom by). Beskuldigde moet aansoek doen vir borg en by ernstige misdade soos hierdie moet daar ‘n borgverhoor wees.

ES ·

Nee wat, hy moet maar sit. Ons het ook sulke stoute dinge gedoen as kinders, my ouers en groot-ouers het dit ook gedoen as kinders en het al baie staaltjies gedeel oor die tyd toe hulle nog jonk was – en die ergste was pakslae gewees deur jou eie ouers.

Om ‘n kind te vermoor oor vrugte? Nee man.

Debbie ·

Goeie genade man watse tipe mens is jy. Die kind het gedoen wat kinders doen as hul kattekwaad aanjaag. Gee hom n pakslae waarom hom vermoor. So jammer jy is n witmens. Jy gee ons almal n slegte naam

Lubbe ·

As ek so deur die kommentaar lees dan verbaas dit my hoe sekere mense “beat around the bush”. Ons kan almal sien hy is wit, hy het n wreede moord gepleeg en skuld erken. Hy hoort in die tronk, so maklik soos dit. Hy is die duiwel homself.

Maggies ·

“Duiwel vanself” ja. Volgens sy eie prokureur was hy betrokke by die okkulte. Hy het dit self erken.

Maggies ·

Hy dink dat hy veiliger is in die tronk. Ek betwyfel dit egter.

Johanna ·

Moord is moord. In Suid Afrika moet ons ophou om te kyk na die ras van die moordenaar.
My innige simpatie aan die seun se hele familie. Ek is so jammer dat dit met julle kind gebeur het.. Dit is verkeerd en so onnodig.

Ettienne ·

Die situasie is bekend. Kom ons volstaan nou met die veroordelings en laat die reg sy gang gaan.

Wat my gister opgeval het in ‘n nuusinsetsel op RSG, is die “skok en afgryse” van die misaad soos deur lede van die gemeenskap uitgespreek. Die erste keer dat ek dit vanuit die sogenaamde Klawergemeenskap hoor. Daagliks word vroue en kinders in daardie gemeenskap verkrag en aangerand en gedood in gesinsgeweld – waar is die skok en afgryse dan?

Waarnemer ·

En die vrou wie die matriek dogter doid gery het?Sy kry borg!!!Waar is geregtigheid nou?

George ·

Groot verskil. Het sy haar agterna gesit? Haar vermoor en toe opgesny? en die perd het sy borg laat vaar, maw. (met ander woorde) hy wou nie borg kry nie, wat jammer is, want die community moes hom afreken, n ideale kandidaat vir n necklace.

Swerwer ·

Vermoor vir vrugte? Het jy nooit as jong kind iets verkeerd gedoen nie? Is jy vermoor? Nee! Jou gedrag is absoluut onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.