Verdagte vas ná matriek se skietdood

Wakeel Dreyer (Foto: Verskaf)

ʼn Man is die afgelope naweek in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die dood van ʼn 18-jarige man van Mitchells Plain.

Wakeel Dreyer, ʼn matrikulant van Beacon Hill Secondary School, is op 19 Januarie buite ʼn winkel in Eastridge geskiet – enkele ure voordat hy sy matriekuitslae sou kry.

Hy is altesaam 17 keer geskiet voordat paramedici hom op die toneel dood verklaar het.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê ʼn volwasse man is kort ná Dreyer se dood in hegtenis geneem.

“Die verdagte het Maandag op aanklag van moord in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn,” sê hy.

Verdere besonderhede oor die verdagte se verskyning is nie in hierdie stadium bekend nie, maar volgens Swartbooi duur die polisie se ondersoek voort.

Dreyer se geliefdes het ná sy dood uitgevind dat hy met matriekvrystelling geslaag het.

Hy was van plan om vanjaar in wetstoepassing te gaan studeer om eindelik ʼn metropolisiebeampte te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marcello ·

Sterkte aan sy ouers, familie en vriende. Dit is so hartseer, in die land is iemand se lewe niks werd nie. Aai!! hy was nog so jonk.

Sandra ·

Hoe op aarde skiet mens iemand 17 keer? Wat op aarde besiel iemand om dit te doen. My simpatie aan die kind se ouers en familie vir hulle groot verlies.

Manie ·

Ek sê nie dis die geval hier nie, maar baie kere moet ‘n nuwe bendelid ‘n moord pleeg om sy lidmaatskap te bewys. Dit kan moontlik die geval wees dat ‘n onskuldige persoon die slagoffer is.

WILLEM ·

Die beskuldige moet toegesluit word en die sleutel weg gegooi word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.