Verhoor begin eersdaags ná bejaarde in aftreeoord verkrag, vermoor is

Gertjie Booyens 

ʼn 33-jarige man sal vandeesmaand verhoor word in verband met die moord op Gertjie Booyens (78).

Booyens is in Julie verlede jaar in ʼn aftreeoord in Paul Roux in die Vrystaat erg deur ʼn aanvaller gemartel en verkrag. Sy het ʼn dag later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Issac Mthenjwa Magagula (33), van die Fateng Tse Ntsho-township naby Paul Roux, se verhoor sal van 14 tot 25 Maart in die hof in Ficksburg plaasvind.

Magagula het reeds verskeie kere in die hof verskyn en het besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie. Hy sal teregstaan op aanklagte van huisroof, verkragting, moord en poging tot huisbraak.

Werknemers van Engo Skemervreugde, ʼn dienssentrum vir bejaardes, het op 13 Julie op Booyens se bewustelose liggaam in haar woonstel afgekom. Sy is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem gejaag.

Booyens se moordenaar het na bewering die vorige aand oor die aftreeoord se heining gespring en Booyens se woonsteldeur oopgedwing. Booyens is in haar bed aangeval terwyl sy geslaap het en is verkrag. Die verdagte is die Dinsdag omstreeks 07:00 gewaar toe hy oor die heining geklim en weggehardloop het. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.

Booyens is glo gewurg totdat sy bewusteloos geraak het. Die verdagte het met klere en kruideniersware van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

Skuim van die aarde! Sy tipe word so gebore – dis in hulle DNA om te moor en te verkrag. Hoop hy vrot in die tronk

Swerwer ·

Gee hom dieselfde straf wat hy aan hierdie onskuldige bejaarde gedoen het. Geen genade nie.

Smirre ·

Probleem in SA tronke, dis soos gratis verblyf met soveel voordele, laat hulle paaie herstel of plastiek speelgoed aanmekaar sit en uitvoer na China, Tronke moet vir hulle hel wees.

efjy ·

Sny net sy gereedskap af voordat hy los gelaat word. Dan sal hy ten minste nie weer verkrag nie, en dit aan so ‘n oue dame kan doen nie.

Frank ·

Hulle VERSTAAN nie.
Vorige soortgelyke geval het die beskuldigde gevra: “Gaan hierdie ondervraging nog lank aanhou, want hy moet werk toe gaan.”

Miskruier ·

Hierdie walglike daad moet voor geboet word, die familie moet verder sonder haat kan voortleef, soos Jesus van ons verwag .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.