Verkeerdevlei-boere: Opod moet ondersoek instel

Argieffoto.

Die DA het nou in die lig van drie boere van Verkeerdevlei se onlangse inhegtenisneming ’n skrywe aan die Vrystaatse hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gerig en versoek dat hy ondersoek instel na “beweerde magsmisbruik, oormatige gebruik van geweld, intimidasie en misbruik van hulpbronne”.

Die skrywe volg nadat die Vrystaatse susters Janné Smith (28) en Lize-Mari Smith (35), asook Hendrik Steyn (56), verlede Maandag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is nadat hulle beweerde veediefstal op die Smith-susters se plaas probeer voorkom het.

Maroela Media het vroeër berig sowat 30 lede van die Valke en polisie het die betrokke oggend swaar gewapen by die Smith-susters se huis ingebars en die vroue in hegtenis geneem. Die klopjag is glo sonder ʼn lasbrief uitgevoer en die vroue is ure lank in snerpende koue sonder warm klere agterin ʼn vangwa aangehou.

Dit nadat hulle kort vantevore ʼn siviele inhegtenisneming uitgevoer het op die insittendes van ’n verdagte voertuig wat van veediefstal verdink is, terwyl hulle vir die polisie gewag het.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê landelike misdaad, waaronder veediefstal, bly ’n ernstige bekommernis in die Vrystaat wat dié provinsie se landbousektor sowat een miljard rand per jaar aan verliese kos.

“Die SAPD verskaf dikwels ’n gebrek aan personeel en voertuie as ’n rede waarom hulle nie landelike misdade kan beveg nie, waarvan baie op plase teen boere en hul werknemers plaasvind.

“Die skielike verskyning van groot getalle polisievoertuie en personeel om twee vroue in Verkeerdevlei in hegtenis te neem, laat die vraag ontstaan of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) instrumente geword het van die EFF se rasveldtog teen wit boere,” sê Jankielsohn.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Verkeerdevlei-boere se inhegtenisneming hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Raadsman ·

Hoop ‘n saak van geweld teen vroue word oopgemaak teen die polisie.

Harley Davidson ·

Dagvaar die klomp in hulle persoonlike hoedanigheid, open ‘n saak van diefstal teen die onbevoegde polisie beampte wat die foon en wapen gekonfiskeer het .Oppod verwys die sake terug na die stasies waar die klagtes oorspronklik van is wat dit op hulle beurt onder die mat invee.

Marcello ·

Dit help nie om hulle probeer dagvaar nie, die persone in hoê posste lag jou uit.

Blikkies ·

Absoluut Belaglik. Sal darem dink lede van die Valke sal bietjie meer tussen die ore hê. Waar is die mags vertoon as dit by regte geharde misdadiger arrestasies kom? Makliker om ‘n peloton te stuur om twee weerlose vrouens te arresteer. Dit is deur sulke optredes dat die SAPS alle negatiewe kommentaar oor hulle verdien.

August ·

Dit was intemedasie duur die valke, en polisie, dit is niks minder nie. En ja verseker n politike na smaak hier aan. Daar is nie genoeg lede om die skuldiges aan die pen te laat ry nie, en 30 lede en 13 voertiue op een slag sonder n las brief.
Dit is rampokkery op sy beste , dit laat mens nie die polisie wil vertrou of bel vir hulp nie, wat moet mens dan maak?

Marcello ·

Dit verbaas my nie dat hulle met die vroue agter in die vangwa rondry nie, voor hulle Polisiestatie toe gaan nie, dit gebeur in George ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.