Verkeerspolisie waarsku teen N2 naby Plett, Knysna; pad steeds gesluit

Die N2 by Plettenbergbaai was Donderdagoggend steeds gesluit. (Foto: Verskaf)

Die N2 naby Plettenbergbaai was Donderdagoggend steeds gesluit, ná die Wes-Kaapse verkeerspolisie motoriste laat Woensdagaand gemaan het om onder geen omstandighede die pad tussen die Shell Ultra City en Kwanokuthula te probeer gebruik nie.

“Die situasie is plofbaar,” het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeerspolisiehoof, gewaarsku.

Betogers het Dinsdag al op die pad begin amok maak. Gister het hulle buitebande op die snelweg begin brand en motoriste met klippe bestook, waarna besluit is om die pad te sluit.

Betogers het hulle daarna na alternatiewe roetes gewend en ook daar begin buitebande brand.

Teen gisteraand was die grondpad van Knysna na Wittedrif ook steeds gesluit en die enigste toegangsroete in en uit Knysna was die lughawepad.

“Volgens die polisie is ʼn oplossing nie tydens [Woensdag] se vergadering bereik nie en tot die betogers ʼn bevredigende antwoord kry, gaan hulle aanhou betoog,” het Africa gesê.

Inwoners is glo ontevrede oor kwessies soos ʼn hoë werkloosheidskoers en ʼn gebrek aan werkskepping.

Africa het motoriste gevra om enige gebiede met betogers te vermy.

“Daar was voorvalle van vandalisme en stropery in die nywerheidsgebied en verskeie vermeende oortreders is in hegtenis geneem.

“Buiten die onluste, was daar ook ʼn paar inbrake in die dorp. Wees asseblief waaksaam en verseker dat jou alarm geaktiveer is en jy bewus is van enige verdagte optrede,” het Africa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan Swart ·

Waar is die Polisie onluste eenhede met die Nyalas en waterkanonne…..seker by die scrapyards….

Gariep ·

Julle het jul beurt gehad nou gan jul sien …..
Daai ouens is nou deel v ons makker

Antoon ·

Ek is nie tevrede met my ou karretjie. Dink ek gaan vandag die Porsche handelaar aan die brand steek

JohanL ·

En die owerhede laat toe dat hulle geboelie word deur onwettige betogers wat ‘n nasionale pad versper !!!!!!! ‘n Nasionale pad wat deur baie internasionale toeriste op ‘n daaglikse basis gebruik word. Welgedaan SAPS en owerhede. Julle verdien die trofee vir Lamsakkigheid.

Dalk goeie ding sodat die wereld kan sien wat aangaan, maar dat ons owerhede toelaat dat belhamels ons boelie, is ‘n skande.

Jan ·

En om karre met klippe te gooi , gaan werk skep ? Hoe stupid ? Enige moontlike belegger/besigheid is nou total afgeskrik.

Elmarie ·

Ter aansluiting van JohanL se kommentaar, wil ek net graag sê: ONS, die belasting betaler in hierdie land laat toe dat ons geboelie word!!! Van wanneer af kan jy ‘n ander se eiendom beskadig en afbreek na hartelus en wetstoepassings beamptes staan net vir jou en kyk en doen niks? Dit is absoluut verregaande en met wie se geld word die herstel weer gedoen? Wie kan nie die paaie gebuik om hul werk te doen nie? Daar is ‘n voorgeskrewe manier om te betoog maar helaas…

sweis ·

Die polisie is onbevoeg en dien geen doel meer in Suid afrika nie,dit is n kriminele oortreding om n nasionale pad te sluit weens protesaksies. Hierdie is nou n duidelike bewys dat die polisie versuim om hulle werk te doen en behoort aangekla en ontslaan te word.

Mel ·

Hierdie is n oorlogs situasie. Die oefenlopies om die land te ontwrig en plekke te isoleer. Is n nationale pad nie in strategiese landsbelang nie? Dis mos verraad om teen eie lands burgers geweldadig op te tree. Dis ANC ondersteuners wat teen die ANC betoog maar nie deur die ANC gestraf word nie. Iewers stink n rot.

Stephanus ·

Julle het vir die ANC gestem, nou hoekom betoog julle?? “You get what you vote for!”

WIEBO ·

Wie van julle lesers gaan my help. Ek wil klippe in Garsfontein weg pak, want my krag rekening is sky high. Dink nou net as ek klippe in die pad gaan pak, gaan die polisie my monitor of wat dink julle sal met my gebeur???

Sondebok ·

Wie regeer nou die land? Hoop net die advokaat wat hierdie klipgooiers in die hof verdedig, se motor word ook beskadig. Die “regstelsel” beskerm mos die betogers, dis hoekom die polisie te bang is om op te tree!

Bossie ·

Hiermee vra ek namens my mede-landsburgers verskoning aan die polisie wat hul pos met hart en siel vul. Jammer dat jul almal onder dieselfde kam geskeer word. Dankie aan diegene van julle wat ons bedags, en snags, beskerm. Wanneer jul soggens jul huise verlaat met die wete dat jul vandag moontlik in ‘n kruisvuur kan beland en vanaand dalk glad nie huis toe gaan nie en ‘n bedroefde familie gaan agterlaat. Alle eer aan julle wat wel nog jul land dien ongeag hierdie uiterste gemors waarin die land verkeer en waaroor jul soms geen beheer het nie. Mag God jul seën vir jul lewens wat jul vir ons op die spel plaas.

George ·

In my lewe … waarsku die publiek!!!!. Goeie advies sal wees, waarsku die betogers eenmaal en sit hulle dan op hulle plek op ‘n ordentlike manier en dit sal die einde wees. Waarborg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.