Verkiesingsmanifes: ‘Ons kry dinge gedoen,’ sê DA

DA-leier John Steenhuisen.

Die ineenstorting van plaaslike regering in Suid-Afrika is so wydverspreid dat dit nie eens meer haalbaar is om hierdie wanfunksionerende munisipaliteite onder administrasie te plaas nie, aangesien daar eenvoudig te veel is.

Só het DA-leier John Steenhuisen Saterdag gesê tydens die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes vir die plaaslike verkiesings wat op 1 November plaasvind.

Gewone burgers, ondernemings en burgerlike organisasies moes die verantwoordelikhede van hul mislukte plaaslike regerings begin oorneem, en namate al hoe meer van hierdie funksies uit hul hande geneem word, tree hierdie plaaslike regerings maar te graag terug en doen niks nie, het Steenhuisen gesê.

Hy het verwys na plaaslike gemeenskappe wat self inspring om gras te sny, slaggate te vul en waterinfrastruktuur te herstel. Nieregeringsorganisasies en kerke moet al hoe meer die rol vervul van die regering se maatskaplike dienste terwyl buurt- en plaaswagte dit op hul skouers geneem het om gemeenskappe te beskerm aangesien die polisie nie kan nie.

“Honderde munisipaliteite” kan nie meer geld van inwoners vir dienste soos elektrisiteit en water invorder nie. Die gevolg is dat daar miljarde rande geskuld word en dat die dienste voortdurend op die rand van ineenstorting staan.

“Een vir een word ons klein dorpies ekonomiese spookdorpe. En die mense wat daar agterbly nadat al die ondernemings weg is, staan voor ʼn onmoontlike besluit: Bly daar, werkloos, arm en met amper geen vooruitsig om werk te kry nie, of verlaat die plek op soek na ʼn ewe onseker toekoms in ʼn vreemde stad.”

Daar is volgens Steenhuisen wel nog munisipaliteite in die land wat uitmuntende werk doen – munisipaliteite wat deur die DA beheer word. Hy het verwys na dorpe soos Stellenbosch, Swellendam en Mosselbaai in die Wes-Kaap, Kouga in die Oos-Kaap en Midvaal in Gauteng.

(Foto: DA)

“Die kontras tussen hierdie munisipaliteite en dié wat deur die ANC bestuur word, is verbysterend. Hierdie kontras is so onmiskenbaar dat jy op sommige plekke letterlik die DA-verskil in die pad onder jou voete kan sien as jy die grens oorsteek. Die DA is in beheer van minder as 10% van Suid-Afrika se munisipaliteite, maar die vyf beste munisipaliteite is almal onder DA-bestuur.”

Dit is volgens Steenhuisen onder meer omdat die DA die basiese goed reg doen, wat onder meer behels om stelsels vaartbelyn te maak en reg te stel totdat dit doeltreffend is en heeltemal gefokus is op die oplossing van die probleem.

Die DA glo daarin dat slegs geskikte persone aangestel word en dan aanspreeklik gehou word. Die party duld nie korrupsie nie en is obsessief daaroor om omgematigde en onreëlmatige besteding so laag moontlik te hou, het Steenhuisen gesê.

Die DA beloof in sy verkiesingsmanifes die verskaffing van betroubare basiese dienste aan almal, ʼn skoon en higiëniese omgewing, planne om openbare vervoer te verbeter, om baie van die polisiëringsfunksies van die nasionale regering na bekwame metro’s en munisipaliteite te herlei, om dorpe en stede oop te maak vir beleggers en die lewering van ʼn reeks behuisingsopsies.

“Nog nooit was die behoefte aan verandering dringender nie,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Robert ·

Ongelukkig ondersteun hulle ook liberale denkwyse soos aborsie… ek stem verby…

Jason ·

Ek dog die regses ondersteun dan nou “my body, my choice”

Jannie van Niekerk ·

Met all e respek aan die DA asook die VF+, ANC, EFF en Onafhanklikes: Julle is almal dar vir die hoë salarisse en uitermate onverdiende byvoordele en nie in belang van die kiesers nie. Sal ENIGE raadslid in enige munisipaliteit sy salaris prygee sodat Eskom en ander munisipale krediteure eers betaal word voordat hulle anaspraak maak op vergoeding en byvoordele? Kortpm is die antwoord beslis: NEE

Werner ·

Jy is 100% reg hulle is net daar vir hulle geld.In die baie nabye toekoms sal hulle meer moet opoffer as hulle selarisse en dan sal ons sien wie is die manne en wie die muise.

Misky ·

Sal jy jou salaris opgee Jannie van Niekerk afgesien groot of klein? Jy het gewerk en het rekeninge om te betaal asook vrou en kinders om te voed.

Johan ·

Die VF+ ook maar Johan, hul vra dan vir strenger c19 regulasies…..ek weet eerlikwaar nie waarheen om my ou stemmetjie te gooi nie?

Jack ·

Dis interessant hoe die wiel gedraai het. Voor 1994 het die DA se voorgangers die DP en die PFP nie hond haaraf gemaak teen die NP op plaaslike bestuursvlak nie omdat die NP puik bestuur het. Die PFP en DP het hard gewerk om die NP tot ‘n val te bring en nou het hulle die ridder op die wit perd geword. Ek betwis nie dat die DA baie beter as die ANC bestuur nie want dis nie eintlik moeilik nie. Gelukkig het ons ”n beter keuse as net tusen ANC en DP. Ons kan vir die VF+ kies. Ek is seker die VF+ sal die DA wat bestuur betref die loef afsteek.

Johan ·

Maar kan ons regtig VF+ stem? Die grootste katastrofe wat SA nog getref het was die ondeurdagte C19 regulasies, en die VF+ was voorstaanders daarvoor. Waarheen nou? As ek aan hulle dink kry ek so FW gevoel.

Cherokee ·

Johan, pasop! As jy so FW-gevoel kry, gaan jy anc stem! Skud daai gevoel af!

Chris dupreez ·

Die VF + begin nou eers met bruin kiesers werf, sowat 20 of 30 jaar agter.

Yvonne ·

VF kies nou ANC wegloop kaders….en jy vertrou hulle….nee wat dink weer

Cherokee ·

Kan jou nie ‘n duim-op gee nie (sou graag wou), want hulle het nog nooit my stem gehad nie.

Androclus ·

ANC soek grondpaaie terug,want hulle kan nie teerpaaie instand hou nie,want dan is daar geld vir hul beursies nie.

Dries ·

Nog nooit was verandering ooit dringender as nou nie. Nog nooit is n onafhanklike staat ook meer dringender as nou nie.

Werner ·

Soos wat.Geen politieke party kan hierdie gemors regruk nie.Die DA met sy reenboog beleid is ook verantwoordelik vir die gemors.

Chris dupreez ·

Net jammer al die DA raadslede doen ook nie hul werk nie, soos in Tshwane

Erika ·

Stem saam, kyk maar hoe lyk die paaie, is een “pothole” op die ander, naby my is “veronderstel” om ‘n spruit te wees, maar onkruid, kannas en gemors groei spruit toe, natuurlik habbitat bestaan nie meer nie, die parkie hier naby is vervalle, kan nie eers meer daar met jou woefies gaan stap nie!

Sarel ·

Eerste berig wat ek lees wst nie Engeks is nie.??
Niemand het ook mog due vraag beantwoord insake
BEE nie..

KB ·

Die DA faal ons inwoners van Pretoria gruwelik. Ons stad lyk soos ‘n vullishoop, ons paaie is in ‘n toestand. Dis tyd vir die DA om liefs stil te bly.
Die inwoners kry dinge self gedaan. Daar is net een party wat kan red, en ons weet hulle is groen.

Elmarie ·

Ek stem saam met jou. Ons strate is vuil en nie eers te praat van die fiber wat nou kamstig ingesit word maar sommer deur mense wat absoluut niks weet nie en die waterpype word afgekap en daar word niks gedoen daaraan nie. Sypaaidjies is omskep in grond hope en parke is oorgevat en lyk soos plakkerskampe en varkhokke. Die DA het nog nooit iets daaraan gedoen nie. Kla maar, dit help niks.

Sarel ·

Engels ..alles engels …so hulle stel.nie belang in die
Afrikaans sprekende se stem.nie.
My ooknog nue geanteoord oor BEE nie

david ·

Die DA kry dinge GEDOEN ..! Werklik ? Die DA is nou al sedert 1994 aan die belowe van alles wat beter is.
Maar wat van die dinge wat hulle NIE GEDOEN GEKRY HET nie ..? vanaf slaggate, teerblaaie wat verkrummel het, sperstrepe en padtekens wat nie bestaan nie,,ellelange toue by verkeersafdelings vir lisensie…..ek kan ad infintum aangaan..
En dan die standaard verskoning–dis die mislukking van die ANC…heeltemal korrek :
Maar waar staan dit geskrywe dat slegs die DA dinge kan regruk ? Wie se die VF+ kan dit ook nie regkry nie ? As die land se munisipaliteite dan is so ‘n desperate posisie verkeer, waarom kan die DA nie maar hande vat met die VF+ en dinge regruk nie ? Dink die DA werklik dat slegs hulle oor die kennis beskik om te regeer ?
Of moet die Blanke kiesers wat ‘n minderheid is in ‘n Swart oorheersde party die beeld van ‘n Nie-rassige party moet verskaf ?

Cherokee ·

david, ek het jou geduim-op. Maar Pieter Groenewald, leier van die party waarvoor ek onophoudelik stem (bloot omdat daar geen ànder opposisie is, faal (in hoofletters FAAL) behoorlik om ons te verantwoord. Om ons stemme te laat hoor. Pieter, ek het reeds ‘n laaang gesprek met jou gehad op die foon. Gebruik een of ander opwakker sisteem, òf sê koebaai vir jou ondersteuners. Ons ondersteun niê ‘n stom gehoorstuk, en wil nie in verleentheid beland word nie, maar.. word wakker, of sê vir ons , totsiens.
Én, as jy dit kan waag, antwoord my.

Boon ·

ja ek hoop ok DA neem groter beheer. Maar daar is ook DA en andet DA rade.

Mariana ·

Natuurlik is hy reg. Gaan kyk maar hoe lyk dit waar die ANC aan bewind is, haglike omstandighede. Ongelukkig is munisipale bestuurders nie gepla met wat daar moet gedoen word nie, hulle faal in alle opsigte. Tyd vir verandering is nou.

Yvonne ·

Bravo vir John…..gebede vir verandering van regering met n wil

Swerwer ·

En dan dink hul ons moet dit glo. Asseblief, dit is tyd dat jul ook wakker skrik.

Erika ·

Hy het verwys na plaaslike gemeenskappe wat self inspring om gras te sny, slaggate te vul en waterinfrastruktuur te herstel – PRESIES MY PUNT, ons moet self inspring om dinge gedoen te kry omdat DA nie meer belangstel om dit te doen nie. Loop maar rond oral in strate, als is vervalle, bossies staan amper so hoog soos bome, paaie groei toe met onkruid, “potholes” word jaar na jaar rapporteer, maand vir maand – al drie jaar later, en die “potholes” blom nog in die paaie!! Damme, parkies, word nie meer in stand gehou nie, die gemeenskap moet inspring om als reg te maak, PATETIES! Die verkiesing kry DA beslis nie my stem nie! Want ek sien nie dat hulle iets doen in my omgewing nie. TATA DA!

Hardekwas ·

Dit was eenmaal so koud, ek het selfs n politikus met sy hande in sy eie sakke gesien. Nee dankie, gaan verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.