Verlengde afsondering: Regulasies moet aangepas word

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Presidensie/Twitter)

Politieke partye en burgerlike organisasies het Donderdag gepleit dat die regering nie die tydperk van algehele inperking in die huidige formaat verleng nie, omdat dit rampspoedige gevolge vir die ekonomie sal inhou.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand aangekondig dat dié tydperk met twee weke verleng word tot einde April. Dit sou aanvanklik op 16 April opgehef word. Volgens die president is dié besluit geneem om te verseker dat die goeie vordering wat gemaak is in die stryd teen Covid-19, nie ongedaan gemaak word nie.

Die DA meen ʼn verlenging van die tydperk van afsondering sal ʼn “ekonomiese ramp” veroorsaak. “Ons sal verkies dat afsondering in die komende weke geleidelik uitfaseer word, eerder as die voorsetting van erge en ekonomies verlammende regulasies wat ons tans sien,” sê die DA-leier John Steenhuisen.

Steenhuisen meen dit help nie om lewens te beskerm teen die virus met streng inperkings, net om lewens te verloor weens ekonomiese en finansiële ineenstorting nie. Die DA stel voor dat die lys van noodsaaklike goedere geskrap word sodat handelaars klere en ander voorraad in hulle besit kan verkoop. Geld wat opsy gesit is om sukkelende staatsentiteite te befonds, moet eerder aangewend word om sake-ondernemings te ondersteun en ras moet ook nie ʼn kriterium wees vir hulp aan klein- en mediumgrootte sakeondernemings nie.

Die DA se parlementêre leier, John Steenhuisen. (Foto: David Ritchie/ANA)

Die vakbond Cosatu sê hy verstaan die druk waaronder die regering verkeer, maar het sy kommer uitgespreek oor duisende werknemers wat reeds hul werk verloor het of nie betaal word nie omdat hul werkgewers nie in dié tyd ʼn inkomste kan genereer nie.

Die Solidariteit Beweging het gewaarsku dat ’n verlenging van die inperkingsperiode in die formaat soos wat dit tans daar uitsien, tot gevolg gaan hê dat die staat van inperking kan inplof.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sal die verlenging die ekonomiese en maatskaplike gevolge van die Covid-19-pandemie vererger.

“Radikale veranderings moet aangebring word om die staat van inperking volhoubaar te maak. Mense moet toegelaat word om gesond te werk. Juis omdat dit noodsaaklik is om die lang stryd teen Covid-19 volhoubaar te maak, is veranderings aan regulasies noodsaaklik,” sê Buys.

flip-buys-tweede-groot-trek-02

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Reint Dykema)

Volgens Buys moet werkplekke ingrypend verander word om mense in staat te stel om gesond te werk.

Die sake organisasie Sakeliga stem saam die uitgebreide tydperk van afsondering kan nie inperking “soos normaal” wees nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê daar is twee maniere waarop die verlengde inperking van die huidige behoort te verskil.

“Eerstens behoort die regering die onderskeid tussen ‘noodsaaklike’ en ‘nie-noodsaaklike’ sake te hersien, en selfs te skrap. Nie alleen is sake in ʼn moderne ekonomie almal geïntegreer nie, maar elke sakeonderneming is noodsaaklik in die sin dat dit kos op die tafel sit van personeel, verskaffers en klante in sy waardeketting,” sê Le Roux.

“Tweedens behoort minder kwesbare – en meer ekonomies aktiewe – mense meer beweegruimte gebied word sodat groter klem op die beskerming van meer kwesbare mense geplaas kan word. Dit sal nie net die langtermynwelstand van die gemeenskap in geheel bevorder nie, maar ook ekstra ruimte vir akute gesondheidsbestuur laat.”

Die VF Plus is ook ten gunste van die opheffing van sekere regulasies sodat mense weer kan begin werk, maar het ʼn ernstige beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om aan die verlenging van die inperking gehoor te gee, saam te werk tot almal se gemeenskaplike voordeel en om die deursettingsvermoë te wys waarvoor Suid-Afrikaners bekend is. “Die VF Plus wil klem lê op die president se versoek van sosiale eenheid, kalmte en nugterheid. Hoewel die inperking eerbiedig moet word, is dit belangrik vir mense om steeds uit te reik na mekaar, om die hande te vat en mekaar op elke wyse moontlik te ondersteun en te dra in hierdie uiters moeilike tyd,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

henndrik ·

Ek stem saam, maatreels moet verander, laat besighede toe om aanlyn besigheid te doen en nie net noodsaaklike produkte nie, alles (ek sal drank dalk nog steeds uitsluit of net beperkings op aankope plaas) Probeer die ekonomie aan die gang hou. Pas nog steeds sosiale afstand toe, dit maak sin. Forseer werkgewers om almal wat kan van die huis af te laat werk, daar moet nuwe maniere geskep word om in hierdie tyd die wiele te laat aanhou rol

Jaco ·

ramaphosa sal nie luister na die VF-Plus en die DA nie. hy weet hulle het saam maar iets soos 24% van die stemme in laasjaar se verkiesing gekry en hy weet baie wit mense stem vir hulle. Hy gaan die ekonomiese chaos na lockdown baie gerieflik gebruik om wit besighede finaal te kelder. onteiening sonder vergoeding sal ook bespoedig word.

Dogmanet ·

Ai ou Jaco…m.a.w. al die lande wat dit toepas is om with besighede te na te kom??? Lyk my jy besef nou nog nie die erns van die saak nie. Daar is net so baie swart besighede wat daaronder ly. Dink nugter en los die politieke speelbal hier uit.

Johnny ·

Nie dat ek enigsins saamstem met die anti-wit stelling nie, maar gaan kyk asseblief hoé die ander lande dit toepas

Gawie ·

Jaco, hierdie is lankal nie meer ‘n politieke situasie nie, maar ‘n oorlewingsituasie. Dit gaan lankal nie meer oor swart en wit nie, maar oor mense en hulle lewens.

Nell ·

Regtig Gawie? En wat van die nou onlangse BEE-vereistes wat gebruik sal word by hulpverlening aan blanke besighede??

Cecil ·

My gevoel is dat dit vir die President nie n maklike besluit was nie en glo ek daar was behoorlike huiswerk gedoen. Ek verstaan die besluit en was dit die regte besluit. Ons almal gaan finansieel baie swaar trek, maar glo ons sal daar oor kom.

gatgogga ·

Dink ‘n bietjie na oor die 42% en 4% storie.
Dink so daaroor: toe daar slegs een dood was, en die tweede een volg, toe is dit ‘n 100% toename. En die volgende dood verteenwoordig ‘n 50% toename, en so neem die persentasie af totdat die syfers beduidend is.

Ek se maar net – ek het nie groot probleme met die verlenging van die noodmaatreels nie, maar ek dink ook daar kan weer na die details gekyk word. Hier moet ‘n gebalanseerde oplossing gevind word – die ekonomie gaan die finale doodsteek hier kry. En dan gaan die virus alleen geblameer word, en nie die meriete van die politieke reaksie nie.

Johnny ·

Jy verstaan nie dat diegene wat NIKS reserwes het of inkomste kry nie en nie, soos jy skynbaar, iets het om op terug te val nie, besig is om onder te gaan nie. Dis maklik om uit ‘n gemaksposisie te kritiseer.

Anel ·

Ek sê dit nog die hele tyd, die virus is lyk my belangriker as die mense self. Mense gaan doodgaan van honger en baie ander siektes en moorde maar dit is niks. Solank jy net nie die ou virussie het of kry nie. En die vermindering in hul salarisse gaan hulle nie eens voel nie en hoe weet ons dat dit regtig gaan gebeur en dat hy masr nie goed sê wat hy dink ons wil hoor? Lyk my hy het alles gesê wat hy dink die mense wil hoor. Ek kyk of luister in elk geval nie meer ns hulle gebrabbel nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam Anel. Indien parlementslede hul salarisse met 95% verlaag het asook die van alle munisipale burgermeesters en raadslede (wat ook maar net politici is), sou dit meer geloofwaardig gewees het. Hulle sal in elk geval nogsteeds soos konings kan leef met die balans van hulle salarisse.

Frans ·

Dit is moeilik om ‘n balans tussen inperking en die ekonomie te tref.’n Verligting van die beperlkings op goedere wat verkoop mag word sal help om die ekonomie al is dit teen ‘n slakkepas aan die gang te hou.
Dit kan grootskaalse aflegging deur ondernemings wat ondermeer ‘n inkomste tekort ondervind verhoed.
Die feit dat die President en ander kans sien om vir drie maande ‘n derde van hul salaris af te staan om noodlenigingsfondse te versterk is prysenswaardig maar die feit dat hul so lank met ‘n twee-derde salaris kan klaarkom ,wys dalk dat hul in die eerste plek oorbesoldig is.

Grassie ·

Ek stem saam dat die afsondering steeds nodig is maar ek verstaan nie die manier waarop die regering dit doen nie. Ek het bv hierdie week miergif, maskeerband en ‘n stykplank nodig gekry. Die supermark waar ek my kos koop hou dit aan. Toe ek by die betrokke rak kom is daar ‘n groot kennisgewing opgeplak dat daardie items nie gekoop mag word nie. Hoekom nie? Die winkel weet ook nie, sê net die regering het dit verbied en hulle sal aangekla word as hulle dit verkoop.

Scalla ·

Grassie, dit gaan oor die kompetisie wetgewing, die hardeware winkel kan mos aandring om oop te wees.

Grassie ·

Scalla – onder normale omstandighede is dit so. Toe die huidige inperkings ingestel is dink ek normaliteit het verval en diktatorskap het oorgeneem. Die regering kan enige maatreëls instel wat volgens hul mening nodig is om die krisis te bekamp.
Terloops, dit is nie ek wat jou daardie afduimpie gegee het nie.
Groetnis.

Alet ·

Ons besigheid mag nie oop wees nie so bankrotskap staar ons in die gesig… :-(((

Naas ·

En hoeveel lewens verloor ons deur moord, pad ongelukke en aborsie! Hierdie is huigelary op sy ergste.

Fedup ·

Wel. Ek gee nie regtig om wayse politieke party gooi watse tantrum nie. Al wat ek wert is dat daar in die komende werk moet toestemming gegee word aan mense om terug te gaan werk toe, mits hul by streng werks en omgewings veiligheids reels hou. Ja ons moet nie dat die virus versprei nie, maar behalwe dat die economy nou n helse pak slae kry, kan ons nie dat werkloosheid syfer nie nog erger word nie. Elke suid afrikaner moet n dak oor die kop he en n bord kos elke dag. Dit gaan nie kan gebeur as ons nie kan werk nie. So. Political parties moet nou wakker word. Ek sien dit gaan nie meer regtig oor our people nie. Nou is dit n power struggle. Shame.

4ntj13 ·

Ek sien ook nie die sin in sulke erge afsondering uit die getal positiewe toetse of -sterftes nie. MAAR: Ek weet van mense wat positief getoets het, maar nie getel is nie, en mense wat dood is wat nie getel is nie. Die huidige oudit-sisteem werk nie. Ons kort meer deursigtigheid, of die mense met mag kan die gevolge, watookal, op ander blameer wat onskuldig is.

4ntj13 ·

1. Die wagtydperk vir resultate behoort die internasionaal gepubliseerde toetstydperk van minder as een dag, te bereik. Dit behoort daagliks gepubliseer te word vir elke enkele laboratorium in elke stad, afsonderlik, en redes vir opeenhoping moet daarmee saam gepubliseer word. Dit help nie NHLS se masjiene kan 15 000 toetse doen, maar het nie personeel nie, of daar is ʼn bottelnek tussen die uitslae en publikasie nie.
2. Positiewe uitslae moet ALMAL getel word, sonder oorweging van reisgeskiedenis of temperatuur, of enige ander parameter.
3. Mense wat sterf aan asemnood of hartstilstand moet almal dan ook getoets word, of ander oorsake kon bydra of nie.
4. Mediese personeel wat aansteek moet onafhanklik getel word, en die bronne van hul infeksies selfs aggressiewer ondersoek word as in arm woonbuurtes.
5. Miskien kan hospitale hul getalle direk deurgee. Drs weet tog beter as onbekende mense agter lessenaars.
6. Wantroue is waarskynlik baie dodeliker as paniekerigheid.

Rhona ·

Ek stem saam met president oor die verlenging asook met DA dat verbod op items gelig moet word. Bv. Nie almal kan dadelik ophou rook en drink nie. Frustrasie en onttrekking kan gesinne verwoes. Ek sal n donkie moet koop. Driedoelig. Hou gras kort, vervoer na winkel, sy mis uitdroog en rook.

Hester ·

Blykbaar besef die mens nog nie dat ons moet bid dat die Here ons bewaar en beskerm in hierdie tyd nie. Alkohol en tabak gaan dit nie doen nie. Vandag herdenk ons die kruisiging van ons Here Jesus en Sondagoggend Sy opstanding! Die President het ook gevra dat ons moet bid dat die Here Suid Afrika en die mense beskerm. Kom ons bid liewer almal saam dat die Here ons genadig sal wees.

Gawie ·

Het jy bewyse daarvoor Jaco? Al doen hy dit, ons moet tot ons Hemelse Vader bid dat Hy vir die president sal wysheid gee.

Gawie ·

As ek so deur sommige van die kommentare lees, laat dit my dink aan ‘n klomp ouens wat ná ‘n groot rugbywedstryd om die braaivleis vuur staan en gesels. Almal weet hoe die rêf móés geblaas het.
In tye soos hierdie moet ons eerder vir ons regering bid dat God vir hulle die wysheid sal gee om die regte besluite te neem. Maak nie saak watter besluit hulle neem nie, iemand gaan ongelukkig wees daarmee.
Kom ons hou politiek uit hierdie situasie en doen elkeen eerder ons deel om mekaar, en die regering te ondersteun. Hoe gouer ons dit doen, hoe gouer kan die inperking opgehef word.

MnrC82 ·

Ek stem. Politiek moet op sy gesit word. Die hele covid-19 pandemie is ‘n ernstige probleem en dit affekteer almal se lewens. As almal saamwerk en die regering ondersteun en hul deel bring, hoe gouer kan ons lewens terugkeer na normaliteit.

Josua ·

Anel ek lees jou vrustrasie in die geval maar wees asb versigtig om dit n virussie te noem, sit n plastiese sak oor jou kop en bind dit om jou nek vas of spring in n swembad en bly onder die water en moenie opkom om asem te haal nie dit is hoe die “virussie” mense doodmaak dan sal jy beter verstaan wat werklik aangaan, almal is onder ekonomiese druk en almal is bekommerd hoe hulle oor die weg gaan kom sonder inkomste maar daar is maniere om wel te help. Ons het ver te min mediese toerusting om mense aan die lewe te hoe asook verpleeg personeel om hulle te behandel wil jy jou familie aan dit bloodstel ek glo nie so bly net kalm daar sal n uitweg kom maar almal sal moet saamwerk.

Mieke ·

Dis regtig ‘n moeilike besluit… Aan die eenkant het ons mense wat nie eers moeite doen om die lockdown na te kom nie. En dit maak baie van die maatreëls tot niet. Aan die ander kant is daar die bedreiging wat die lockdown vir besighede inhou, asook die behoefte aan ander noodsaaklike middels, soos warm klere vir die winter, huishouprodukte soos bv ketels, strykysters, elektriese toebehore, ens. Hoe moet klein besighede hulle werkers se salarisse betaal wanneer daar gediskrimineer word op grond van BEE ens?

Johnny ·

Jy verstaan blykbaar nie mooi van besigheid en ondernemersrisiko nie. ALLE besigheidseienaars wil wins maak. Dis waarvoor jy in besigheid is. En wins is eienaars se “salaris”. Wat die “minder gegoedes” betref: gaan kyk wat koop hulle altyd. Nie noodwendig noodsaaklikhede nie. En dis die lekker deel van die vryemarkstelsel: niemand dwing jou om by ‘n spesifieke besigheid te koop nie. As jou pryse te hoog is, sal iemand anders die produk goedkoper verskaf.
Wat Cyril en kie betref: hulle lewe in absolute weelde, en het dan die vermetelheid om ander te vra om “nog ‘n bietjie op te offer”. Daai vent staan oor die $600mil sterk, so sy kamtige 1/3 salarisprysgawe beteken niks. Hy voel dit nie eers nie.

Annelie ·

Ek was 25 jaar n slaaf van n skatryk besigheidseienaar met huise reg oor die land en haar werknemers het niks gekry nie… peanuts vir salarisse… gelukkig het ek afgetree en leef van my pensioen wat ek uit my eie uitgeneem het….

Jax ·

My kinders sit nou almal sonder werk
Een is n chef by n restaurant, n ander een is n verkoopsman, die 3de een werk in die reis- sektor en die laaste ene is in die nou-be dryf betrokke.
Ons is tans besig om, sonder DIY-winkels, te probeer om ons huis te skuif en leefbaar te maak vir ons plus die 4 kinders. Hulle kan nie Meer op hul eie voete staan nie.
Op hierdie stadium is daar een persoon wat salaris inbring vir 6 volwassenes en almal se diere wat nou, noodgedwonge op een erf moet leef en oorleef.
Hier gaan nog Baie mense sterf – nie net van die virus nie maar van honger, moord, gesins-moord en self – dood.
Ons staan op n een rigting-pad met n twee-tand vurk – die een been van die vurk is die virus en sy doods-koue. Die Ander been van die vurk het hongerpyne, depessie, vernedering, agter-uit-gang en berge skuld wat knaend klop aan die voordeur.
Dis nie net ons land nie – dit is n wêreldwye probleem.

AH ·

Ek is so bly dat ek nie in die President se skoene staan nie! Wat hy ookal sê of doen word gekritiseer! Niks is goed genoeg vir ons as Suid-Afrikaners nie! Dit maak van ons ‘n selfsugtige Nasie! Elkeen vir homself ens. Mense is geneig om Covid 19 af te maak as net ‘n ou virussie! Dit maak my woedend! Wat is ‘n ramp en epidemie Dan in dié mense se oë? Ek veronderstel dat almal wat sulke “wyse” komm

MAGRIETHA ·

Laat mense in hul eie provinsie beweeg en nie oor provinsiale grense nie

Jan ·

David icke se video op youtube is uitstekend mense gaan kyk dit

Nella ·

As die verlengde inperking nie ingestel word, dan lyk ons soos Amerika. Amper n halfmiljoen mense het die virus met omtrent 19000 sterftes waarvan 2100 op een dag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.